praag.co.za

Theresa May neem oor van Cameron

Written by

in

,

Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig.

May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het.

Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende kandidaat om die Konserwatiewe Party se leier op te volg en die Britse premier te word.

Graham Brady, die hoof van die komitee wat die leierskapverkiesing gelei het, het ná Leadsom se aankondiging gesê die party se bestuur sal vergader om May as die wenner te bevestig. Hy het nie aangedui dat die verkiesingswedloop heropen sou word nie.

Indien sy as wenner bevestig word, kan May binne ure Brittanje se nuwe eerste minister word. Allerweë is verwag dat Cameron eers in September die tuig sou neerlê.

Leadsom se onttrekking kom ná fel kritiek teen uitlatings wat sy oor moederskap gemaak het.

Dit was nie duidelik of die naweek se gebeure bygedra het tot haar besluit nie. In haar kort verklaring het sy bloot gesê sy glo nie sy het voldoende steun binne die party nie.

Leadsom het May vroeër om verskoning gevra vir haar opmerkings oor moederskap nadat ’n politieke storm ontketen is ná haar onderhoud met die The Times of London.

Sy het gesê die feit dat sy ’n ma is, maak haar meer geskik om die land te lei. May het nie kinders nie.

Leadsom het later gesê sy wil nie hê moederskap moet deel van die politieke veldtog wees nie.

Die twee vroue was die enigste oorblywende kandidate in die wedloop om premier David Cameron op te volg, wat bedank het nadat Britse kiesers sy raad geïgnoreer het en in ’n referendum vir uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem het.

Leadsom het aan The Times gesê: “Ek voel omdat ek ’n ma is, het ek ’n werklike belang by die land se toekoms.”

Leadsom het later die koerant van “geelpers-joernalistiek” beskuldig en gesê hulle het haar woorde in die berig onder die opskrif “Omdat ek ’n ma is, het ek ’n voorsprong oor May”, verdraai.

The Times het ’n opname bekend gemaak van die deel van die onderhoud om te bewys dat dit inderdaad vir Leadsom korrek aangehaal het.

Leadsom het gister aan die Daily Telegraph gesê sy glo nie om kinders te hê het enige invloed op die vermoë om eerste minister te wees nie.

“Ek is innig jammer dat enige iemand die indruk gekry het dat ek anders dink,” het sy gesê.

Britse politiek is in rep en roer met leierskap­stryde wat in sowel die Konserwatiewe- as die Arbeidersparty woed.

‘n Lesbiese Wetgewer vir die Arbeiders, Angela Eagle, het ‘n veldtog van stapel gestuur om dié party se leier, Jeremy Corbyn, uit die kussings te lig omdat hy pro-Palestyns is.

Parlementslede uit die Arbeiders se geledere het vroeër ‘n wantroue-­mosie teen Corbyn aanvaar.

Comments

8 responses to “Theresa May neem oor van Cameron”

  1. Joseph Avatar
    Joseph

    Laat staan nog dat May ‘n voorstaander is van Sjariawette en pedofielregte.

    1. eduard Avatar
      eduard

      Sy is blykbaar ook joods.

      1. Guest Avatar
        Guest

        She’s not, but she’s a Shabbos Goy. Actually it’s quite clear how they got rid of Boris as well as her female contender to put her in power in order to limit the damage of Brexit. http://www.thejc.com/comment-and-debate/analysis/160210/what-prime-minister-theresa-may-could-mean-british-jews

        1. donkertyd Avatar
          donkertyd

          so sy volg moslem wette , maar sy is n jood maar sy is ook n nie-jood wat jode se vuilwerk doen ? een van julle is verkeerd of miskien is julle al drie verkeerd?

          1. eduard Avatar
            eduard

            Feit van die saak is, sy speel in die hande van die edomjode.

  2. Johann Schutte Avatar
    Johann Schutte

    Women to make up nearly half of Theresa May’s reshuffled Cabinet.

    http://www.telegraph.co.uk/news/2016/07/12/women-to-make-up-half-of-cabinet-after-theresa-mays-reshuffle/

    What a completely stupid blonde basis upon which to constitute national governance. It’s even worse than selecting a national rugby team on the basis of skin colour.

    Let’s hope these AA females don’t sync menstrually, bringing us face to face with ww3 every twenty eight days.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek wou nou gaan oplees het oor Theresa May -toe kom ek hierdie
    beskrywing van haar af – n “liberal conservative”
    – Wat is n “liberal conservative”?

  4. Johan Avatar
    Johan

    Juffrou Guppy!

Leave a Reply