Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee aanvallers wat ‘n dokter en sy vrou Maandagaand in hul plaashuis by Halfkroondrift in die Kroonstad-distrik oorval het.
Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die 71-jarige Jacobus Troskie het omstreeks 19:00 by die huis aangekom. Sy 69-jarige vrou, Natalie, was alleen tuis.
Troskie het met sy aankoms iets in die huis geruik wat brand. Hy kon niks vind in die kombuis nie, waarna hy na hul slaapkamer is waar sy bedlêende vrou was. Thakeng sê Natalie het voorheen ‘n beroerte-aanval gehad.
Volgens hom het ‘n swarte ‘n vuurwapen op Troskie gerig voordat hy in hul slaapkamer kon ingaan. Troskie het nie teruggestaan nie. Hy het teruggeveg en in die gestoeiery daarin geslaag om die booswig se vuurwapen, wat eintlik ‘n plastiese speelgoedgeweer was, by hom af te neem.
Sy swart aanvaller het hom daarna met ‘n pyp oor die kop geslaan. Die booswig het hom daarna na hul slaapkamer gesleep.
Thakeng sê Troskie is op ‘n stoel vasgebind.
Nog ‘n aanvaller was in die slaapkamer besig om die egpaar se kluis met ‘n hoeksnyer oop te sny. Sy vrou was in hul bed.
Troskie is deursoek en ‘n onbekende bedrag geld is by hom afgevat. Hy is ook met ‘n vuurwapen in die ribbes geslaan.
‘n Vuurwapen is uit die kluis gesteel. Volgens Thakeng het die booswigte met Troskie se Toyota bakkie gevlug.
Troskie se selfoon is ook gebuit. Hy het later daarin geslaag om homself los te wikkel en het na ‘n openbare pad by sy plaas gehardloop om hulp te ontbied.
Thakeng sê die booswigte het Natalie met ‘n hoeksnyer, ‘n graaf en ‘n byl gedreig, sou sy nie haar samewerking gee nie. Een van die egpaar se honde is vergiftig.
“Ek het vir hulle gesê dat ek hulle net die geld sal gee sodra hulle my wys hoe dit met my vrou gaan. Anders, kan hulle my skiet, want hulle sal nie die geld kry van my af nie,” het Troskie gesê.
Troskie sê sy bakkie het 1km vanaf die plaashuis onklaar geraak. Vriende en susters het gehelp om die egpaar se wonde te versorg. Troskie sê hul beserings was gelukkig nie so ernstig nie, maar hy was deurentyd erg bekommerd oor sy vrou.
Die polisie vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

weereens, n lafhartige modderdonner se bangbroek aanranding van ou en weerlose mense. Dis vir my duidelik dat daar geen “middel grond” is nie..dis of ons of hulle.
as jy dink hulle is lafhartig moet jy weer mooi kyk na onself , hoeveel straf gaan ons nog vat voor ons begin terug veg ?! in my dorp is daar 500 blankes oor na meeste stad toe getrek het , hoeveel is aktief op die buurtwag ? agt , so uit 500 blankes het net agt die paraatheid om iets te doen , die ander sleg m0&r& ry lekker op ons rug , praat saam en kla saam maar doen nie veel nie , as al 500 begin patrollies ry en saamwerk sou dit mos n ander storie gewees het , hoeveel blankes is vandag op buurtwag radio netwerke ? heelwat meer as n paar jaar terug , maar nie werklik n groot deel van die totale blanke populasie nie , net dit kan klaar n massiewe verskil maak as almal begin saamwerk , maar o nee , afrikaners stig af , saamstaan kan meeste van ons nie eers spel nie
Stem saam – ‘n klein handjievol maak ‘n groot verskil. Ek ken ‘n gemeenskap in die Springs omgewing waar daar net 3 of 4 huise is wat NIE aan die buurtwag deelneem nie en die sukses wat hulle behaal het is ongeken. Hier in ons omgewing is die metropoerlieste nou knorrig as ons met ligte en gemerkte voertuie patrolleer terwyl die polisie self ons goedgesind is, maar weereens net ‘n klein handjievol wat werk en die res wat saam.
ja die knorrige polisie is gewoonlik op die kriminele se “payroll”
ek dink nou aan n ou grap , hoeveel swartes vat dit om n wit ou aan te val ?
Wat moet n vuurwapen in die kluis beskerm? Die kriminele?
vra jy , n pistool se plek is aan jou sy, andersins kan jy net sowel die ding verkoop en die geld aan die ANC skenk
Daar is niks waardevol in my kluis nie. Net ‘n windbuks.
Ag en wat gaan gebeur as hulle die aanvallers vang? Gratis verblyf en maaltye ingesluit plus terreuropleiding. CommunistLivesMatter mos.