Die burgemeester, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Metroraad wil die R25 miljoen van die organiseerders van die mislukte musiekfees verhaal. Die fees op Cullinan oos van Pretoria, sou ‘n optrede van die Amerikaanse kunstenaar Nicki Minaj insluit. Die driedaagse fees sou eerskomende naweek plaasgevind het. Daar was byna geen belangstelling in die TribeOne Dinokeng konsert nie
Lees verder: Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal
