SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat lasbriewe uitgereik is vir vier Israeliese bevelvoerders wat vyf jaar gelede verantwoordelik was vir die aanvalle op die Mavi Marmara. Die Israeliese weermagbevelvoerders het die skip aangeval. Die vaartuig was deel van ‘n flottielje wat na Gaza op pad was om humanitêre hulp en mediese voorrade af te lewer

Lees verder: SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur

Te midde van voorslepende geweldpleging en intimidasie op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het die universiteit brandstigting soos gister voorgekom het, veroordeel. Onlusmakers het met die polisie gebots toe voorwerpe aan die brand gesteek is, onder andere ‘n universiteitsvoertuig wat op die kampus geparkeer was. Die universiteit het egter die versekering gegee dat

Lees verder: Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur

Eerste matriekvraestel uitgelek

Die eerste matriekvraestel het uitgelek. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is vandag in Limpopo waar die Lewenswetenskappe-vraestel Dinsdagoggend uitgelek het. Sy het die misdryf toegeskryf aan ‘n gebrek aan hulpbronne. “Die eksamenkantore in Pietersburg (Polokwane) het nie telefoonlyne, fakslyne en of internetverbinding nie. Amptenare gebruik van hul private selfone en private 3G konneksie,”

Lees verder: Eerste matriekvraestel uitgelek

Babelse verwarring oor Vrystaatse beurtwater

Vrystaters moet hulself gereed maak vir beurtwater wat enige tyd dié week ingestel kan word. Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer en die voorsitter van die provinsiale gesamentlike bedryfskomitee oor droogte, Butana Komphela, het gister aan OFM-nuus gesê beurtwater kan in die volgende vier dae oor die provinsie heen ‘n werklikheid word. Dié departement

Lees verder: Babelse verwarring oor Vrystaatse beurtwater

Beurtwater vir KZN ingestel

KwaZulu-Natal gaan ook beurtwater instel, nadat die Vrystaat waterbeperkings aangekondig het. Die watervoorsiener, Umgeni Water, sê van aanstaande week sal streng waterbeperkings in die provinsie ingestel word. ‘n Woordvoerder van Umgeni Water, Shami Harichunder, sê die watervoorsiener, saam met die iLembe Distriksmunisipaliteit, die eThekwini Metro en Sembcorp, het ooreengekom om van 23 November af water

Lees verder: Beurtwater vir KZN ingestel

Nederlandse premier knip staatsbesoek kort na ‘terreur’

Die staatsbesoek van die Nederlandse eerster minister, Mark Rutte is kortgeknip deur die terreur-aanvalle in Frankryk. Rutte sal nie die res van sy program in Suid-Afrika voltooi vir Woensdag nie. Hy het Dinsdagaand teruggekeer na Nederland. Die Nederlandse staatshoof sou besoeke aan Liliesleaf Farm gebring het om die Rivonia-terroriste te vereer, die Diepsloot-lokasie waar Nederlandse

Lees verder: Nederlandse premier knip staatsbesoek kort na ‘terreur’

Internasionale sokkerwedstryd afgestel na bomdreigement

Geweervuur is Dinsdagnag tydens ‘n klopjag in ‘n noordelike voorstad van Parys gehoor. Een polisiebeampte is glo beseer tydens die operasie in Saint-Denis, naby die Stade de France waar terroriste Vrydag twee ploftoestelle laat afgaan het. Die klopjag, wat deel uitmaak van die soektog na terreuraanvalverdagtes, volg kort nadat die sokkerwedstryd tussen Duitsland en Nederland

Lees verder: Internasionale sokkerwedstryd afgestel na bomdreigement

Gewelddadige lokasieprotes deur wit ANC-lede ondersteun

Die polisie oorweeg tans of die Masiphumelele-lokasie te gevaarlik vir hulle is om ‘n satelliet-polisiekantoor daar te vestig. Adjunk-minister van polisie Maggie Sotyu het Masiphumelele se inwoners in September belowe dat ‘n mobiele polisiestasie opgerig sal word totdat grond vir permanente perseel gevind kan word. Gewelddadige protes, waartydens “inwoners” herhaaldelik beter polisiëring en ander dienste

Lees verder: Gewelddadige lokasieprotes deur wit ANC-lede ondersteun

Univ. van Stellenbosch krabbel (voorlopig) terug oor verengelsingsplan

In die lig van oplaaiende verset en kritiek vanuit Afrikanergeledere het die Universiteit van Stellenbosch besluit om voorlopig sy onmiddellike verengelsingsplan op te skort. Tydens ‘n vergadering van die uitvoerende bestuur wat Sondag gehou is, is verklaar dat “ten minste die goedgekeurde minimum-taalaanbod in Afrikaans en in Engels in 2016 aan die Universiteit Stellenbosch (sal)

Lees verder: Univ. van Stellenbosch krabbel (voorlopig) terug oor verengelsingsplan

Twee universiteite gesluit weens geweld

Twee universiteite in Kaapstad bly steeds gesluit weens gewelddadige betogings deur studente, het RSG berig. Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie het opdrag aan studente gegee om nie later nie as Woensdagmiddag vieruur uit die koshuise te wees. Die bestuur sê die besluit is geneem in die lig van die voortslepende betogings op kampusse. Eksamens

Lees verder: Twee universiteite gesluit weens geweld