praag.co.za

Internasionale sokkerwedstryd afgestel na bomdreigement

Written by

in

,

Geweervuur is Dinsdagnag tydens ‘n klopjag in ‘n noordelike voorstad van Parys gehoor.

Een polisiebeampte is glo beseer tydens die operasie in Saint-Denis, naby die Stade de France waar terroriste Vrydag twee ploftoestelle laat afgaan het.

Die klopjag, wat deel uitmaak van die soektog na terreuraanvalverdagtes, volg kort nadat die sokkerwedstryd tussen Duitsland en Nederland gekanselleer is.

Volgens sommige berigte is ‘n verdagte pakkie gevind in die Hannover-stadion waar die wedstryd sou gespeel word, maar Kreiszeiting.de het berig dat ‘n ambulans vol plofstof buite die stadion gevind is.

Swaargewapende anti-terreureenhede is in die gebied ontplooi. Die Duitse polisie het bevestig dat die bedreiging geloofwaardig is.

Nadat die nuus bekend geword het, het plaaslike polisie ondersteuners gevra om “vinnig, sonder paniek huiswaarts te keer” en die arena is ontruim.

Geen voertuie is toegelaat om die sportarena te verlaat nie.

Sekuriteit is verhoog ná Vrydag se terreuraanvalle in Parys.

Angela Merkel, Duitse kanselier, sou die wedstryd bywoon en ‘n verklaring maak ook terreur. Sy is vergesel deur die die visekanselier Sigmar Gabriel en minister van justisie Heiko Maas.

Die gebeure het egter die leierskap verhoed om hul toesprake te lewer.

‘n Operasionele kamer is by die stadion ingerig sodat kanselier Merkel, die Duitse minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere asook die minister van binnelandse sake van die deelstaat Nedersakse, Boris Pistorius ingelig bly oor verwikkelinge.

Pistorius (SPD) het later gesê niemand is nog in verband met die voorval in Hannover in hegtenis geneem nie en geen plofstof is gevind in enige ambulans of ander voertuig nie.

Maar De Maiziere het ook beklemtoon dat hy nie kommentaar wil lewer oor nadere besonderhede rakende die omstandighede wat gelei het tot die kansellasie van ‘n internasionale wedstryd nie.

In reaksie op vrae oor die redes vir die ontruiming, het hy gesê: “Sommige van hierdie antwoorde sal die bevolking ontwrig.”

Hannover se polisiehoof Volker Kluwe het Dinsdagaand op NDR televisie ook herhaal dat hulle die bedreiging baie ernstig opneem: “Die deurslaggewende leidraad het ons 15 minute ná die opening van die wedstryd bereik.”

Comments

5 responses to “Internasionale sokkerwedstryd afgestel na bomdreigement”

  1. Rutger Avatar
    Rutger

    Let op hoe die linkses en kommuniste die bedreiging onderspeel. Pistorius is van die linkse SPD wat Moslem stemvee nodig het.

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Interessant die impak van sport op die wereldgebeure – Deur sport
    word lande regeer en beheer deur die NWO – die NWO het sonder stamp of stoot
    ons land geroof en weg gegee.

    Waar anders gaan daar so n groot klomp mense bereik word as
    juis by sport stadions.

    Kyk nou hier het die (ek raai) Moslems sommer n
    klomp politikuste se monde gesnoer, sonder om n vinger te verroer

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Hulle weet dat die westerling nie bereid is om vir sy sportgod te bloei nie; dit is n ander geval met die rugby lande.

  3. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die Pous moet eersdaags die UN se klimaatsverandering kongres in Parys toesspreek;as ISIL hom uithaal sal die ‘aanvalle’ eers geloofwaardigheid kry.Hy kom eers in drie Afrikalande vanaf 25-29 november besoek afle.Maar dit is gewaarborg dat niks met die viskop sal gebeur nie.

  4. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die petisie oor Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch is nou op bladsy twee. Dis jammer. Hoop daar gaan darem nog ‘n paar handtekeninge wees. Daar is duidelik reeds baie minder.

Leave a Reply