Woolworths-transaksie in Australië lyk verdag

Die Australiese reguleerder is bekommerd oor die hoë prys wat Woolworths vir die kleinhandelbates van mnr. Solomon Lew betaal. Die Suid-Afrikaanse groep is besig om die kleinhandelgroepe Country Road en David Jones uit te koop teen pryse wat Lew uitermate gaan bevoordeel. Woolworths bied $2 miljard (R21 miljard) vir die afdelingswinkel David Jones aan, ‘n

Lees verder: Woolworths-transaksie in Australië lyk verdag

SA Menseregtekommissie gaan verhoor oor plaasgeweld hou

Ná 20 jaar van gruweldade op plase in die vorm van moorde en martelings, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vandeesweek te kenne gegee dat hy ‘n verhoor oor menseregteskendings gaan hou. Dié verhoor sal egter “plaaswerkers se diensvoorwaardes insluit”. Volgens Isaac Mangena, die woordvoerder van die Menseregtekommissie, het die MRK “nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel”.

Lees verder: SA Menseregtekommissie gaan verhoor oor plaasgeweld hou

Indringer-vrugtevliegplaag is terug

Die uitheemse indringer-vrugtevlieg het weer sy kop uitgesteek. Die Bactocera invadens het sy oorsprong in Sri Lanka. Die plaag kom in ten minste vyf provinsies voor waaronder Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Kwa Zulu-Natal en die Noord-Kaap. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het boere gewaarsku dat indien die plaag nie behoorlik beheer word nie dit tot produksie- en

Lees verder: Indringer-vrugtevliegplaag is terug

Onderwys om op trots te wees

Die CVO Volkskool in Brakpan is getrou aan hul leuse waar elke kind met sorg onderrig en voorberei word op hul pad na volwassenheid. Skoolhoof, mnr. Paul Zietsman, se oë blink en sy hande beduie van pure opgewondenheid as hy praat oor die prestasies van sy leerders en hoe onderwysers dit nog geniet om onderwys

Lees verder: Onderwys om op trots te wees

SANW-amptenare nie inhegtenis geneem

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beslis en ‘n bevel dat drie top amptenare in hegtenis geneem word, vir eers ter syde gestel. Die SANW het vroeër ‘n aansoek gebring om die inhegtenisnemings te verhoed, het RSG berig. Dit volg nadat die hof gister beveel het dat die

Lees verder: SANW-amptenare nie inhegtenis geneem

Man met Vigs-geneesmiddel van ‘bom’ beskuldig

‘n Man het glo ‘n petrolbom na die ingang van die hoofkantoor van die Nasionale Departement van Gesondheid in Pretoria gegooi omdat hy ‘n kuur vir MIV/Vigs ontdek het. Die man wou na glo ‘n afspraak met die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi bekom om hom te vertel dat hy die oplossing gevind het om die dodelike siekte

Lees verder: Man met Vigs-geneesmiddel van ‘bom’ beskuldig

Miljarde verkwis op landbou-‘ontwikkelingsprogram’

Die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou het vandeesweek gehoor hoe miljarde rande verkwis is op swart boerderye as deel van die “Omvattende Landelike Ontwikkelingsprogram”. Dié program, wat in 2009 van stapel gestuur is, het geheel en al misluk om landelike armoede te verlig of enige “ontwikkeling” te bring, volgens LP’s wat die vergadering bygewoon het. Swartmense

Lees verder: Miljarde verkwis op landbou-‘ontwikkelingsprogram’

Obama swakste president sedert Tweede Wêreldoorlog

​’n Nuwe meningspeiling het die Amerikaanse president, Barack Obama uitgewys as die swakste Amerikaanse president sedert die Tweede Wêreldoorlog. George W. Bush is die tweede swakste volgens die peiling. Sowat 33 persent van die 1 446 geregistreerde Amerikaanse kiesers wat aan die Quinnipiac-universiteit se meningspeiling deelgeneem het, het Obama as die swakste president aangewys. Bykans die helfte

Lees verder: Obama swakste president sedert Tweede Wêreldoorlog

Mosambiekse burger met menslike liggaamsdele gevang

Speurders het ‘n lyk gevind waarvan liggaamsdele afgesny is, nadat hulle ‘n man vasgetrek het wat ‘n sak met dié dele daarin wou verkoop. ‘n Mosambiekse man is intussen daarvan aangekla dat hy in besit van menslike liggaamsdele is. Die swart man het Woensdag in die Malamulele-landdroshof verskyn. Die saak teen Samson Majoko (35) is tot 31 Julie

Lees verder: Mosambiekse burger met menslike liggaamsdele gevang

Afrikaanse praag verbeter en bygewerk

Ons het vanmiddag en vroeg vanaand die stelsel hier op die Afrikaanse praag na die jongste weergawe bygewerk; vandaar die paar minute wat dit af was of vreemd vertoon het. Ons het ook die jongste weergawe van die Disqus-kommentaarstelsel geïnstalleer en toets nou die idee om aan die regterkant die jongste 5 lesersreaksies te vertoon

Lees verder: Afrikaanse praag verbeter en bygewerk