‘n Man het glo ‘n petrolbom na die ingang van die hoofkantoor van die Nasionale Departement van Gesondheid in Pretoria gegooi omdat hy ‘n kuur vir MIV/Vigs ontdek het.
Die man wou na glo ‘n afspraak met die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi bekom om hom te vertel dat hy die oplossing gevind het om die dodelike siekte te genees.
Hy het glo die bom gegooi nadat hy toegang tot Motsoaledi geweier is.
Joe Maila, die departement se woordvoerder, het gesê: “Iemand het wat lyk soos ‘n petrolbom by die ingang gegooi. Die klein brand wat begin is, was beperk tot die ontvangsarea.”
‘n Klein brand het uitgebreek, wat vinnig geblus is.
Maila het gesê die 54-jarige man wat die bom gegooi is deur die gebou se sekuriteit in hegtenis geneem en hulle het die polisie ontbied.
Niemand is beseer nie, maar die hele gebou is ontruim as ‘n veiligheidsmaatreël gesê Maila.
‘n Woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, Johan Pieterse het gesê toe hulle op die toneel aangekom het was die vuur reeds geblus.
“Die polisie sal ‘n ondersoek doen, maar dinge het vreemd gelyk,” het Pieterse gesê wat nie kon bevestig wat die presiese oorsaak van die brand was nie.
Pieterse het bygevoeg dat niemand benadeel of beseer is nie.
