‘n Man het glo ‘n petrolbom na die ingang van die hoofkantoor van die Nasionale Departement van Gesondheid in Pretoria gegooi omdat hy ‘n kuur vir MIV/Vigs ontdek het.
Die man wou na glo ‘n afspraak met die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi bekom om hom te vertel dat hy die oplossing gevind het om die dodelike siekte te genees.
Hy het glo die bom gegooi nadat hy toegang tot Motsoaledi geweier is.
Joe Maila, die departement se woordvoerder, het gesê: “Iemand het wat lyk soos ‘n petrolbom by die ingang gegooi. Die klein brand wat begin is, was beperk tot die ontvangsarea.”
‘n Klein brand het uitgebreek, wat vinnig geblus is.
Maila het gesê die 54-jarige man wat die bom gegooi is deur die gebou se sekuriteit in hegtenis geneem en hulle het die polisie ontbied.
Niemand is beseer nie, maar die hele gebou is ontruim as ‘n veiligheidsmaatreël gesê Maila.
‘n Woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, Johan Pieterse het gesê toe hulle op die toneel aangekom het was die vuur reeds geblus.
“Die polisie sal ‘n ondersoek doen, maar dinge het vreemd gelyk,” het Pieterse gesê wat nie kon bevestig wat die presiese oorsaak van die brand was nie.
Pieterse het bygevoeg dat niemand benadeel of beseer is nie.

Ek het ook ‘n kuur vir VIGS – “MOENIE (JY WEET WAT) NIE” – die wat reeds besmet is kan nie gehelp word nie maar ten minste sal daar ook nie nuwe besmetttings plaasvind nie. Hierdie oplossing word egter nie as polities korrek geag nie.
Weet nie van polities korrek nie maar jy sal definitief hulle KEUSE wat om met HULLE liggame te doen van hulle af WEGNEEM (vul hier een of meer van die volgende woorde in: homofoob, rasis, chauvanis, seksis en kwezel). Jy het mos nou al gehoor middeljarige wit blanke mans moet uit vrouens se baarmoeders bly behalwe as dit kom by die betaal van voorkomings middels anders voer jy ‘n oorlog teen een van die spesiale sneeuvlokkie groepe soos aangedui hier onder:
Gays
Vrouens
Mannetjie vrouens
Vroulike mannetjies
Lyk mooi in ‘n aandrok mannetjies
Lyk goed in ‘n drie-stuk kerk pak vroutjies
Enigiemand met meer melanien as blankes
Ek moes nou net lag – jy het maar ‘n manier om iets te stel wat mens se lagspiere kielie.
Skerp 😉
Nou wat het seks met poloitiek te doen? of het dit dalk. Ek weet daar is n “Kiss” party, miskien sal hulle kan help verduidelik. (:-<)
Verkoop seker stortkoppe!
Ek sou egter Aaron Motsoaledi se kommentaar wou hoor oor die sogenaamde oplossing / kuur van hierdie “bommer”.