Ons het vanmiddag en vroeg vanaand die stelsel hier op die Afrikaanse praag na die jongste weergawe bygewerk; vandaar die paar minute wat dit af was of vreemd vertoon het.
Ons het ook die jongste weergawe van die Disqus-kommentaarstelsel geïnstalleer en toets nou die idee om aan die regterkant die jongste 5 lesersreaksies te vertoon soos dit tans daar uitsien.
Omdat ons nie gewoonlik Internet Explorer gebruik nie en sommige van ons ook op Linux in plaas van Windows werk, sal ons enige terugvoer van lesers waardeer wat probleme of eienaardighede op hul rekenaars, tablette of selfone ervaar.
– Die redaksie

PRAAG IS … NOMMER 1 !
Uitstekend Dr Roodt – wat ‘n plesier om Praag te lees PLUS al die veranderinge tot dusver.
Trotse Praag-leser.
Kry so nou en dan (sopas weer) die volgende boodskap, aanvaar dis deel van die opdatering – ek het nie uitgeteken nie.
Ek is nie doodseker oor die lys Disqus-reaksies hier regs nie… Dit voeg omtrent ‘n halwe sekonde by die aflaaityd van die blad. Dalk moet mens heeltemal ‘n aparte bladsy daarvoor skep sodat dit nie op elke bladsy aflaai nie?
In elk geval, ek is net baie verlig dat gister se bywerking van die stelsel min of meer vlot verloop het. Daar was ‘n paar benoude oomblikke toe die inhoud nie wou vertoon nie, maar dit was dalk net by my, want die verkeer op die bediener het normaal gelyk.
Sedert gister sukkel ek al met ‘n wagwoord wat nie wil werk nie en so pas het hy skielik besluit om te werk, maar nadat ek eers ‘n ander soort opdrag moes gebruik. Dis in elk geval ‘n veiliger opdrag met enkripsie (versleuteling, soos die Hollanders sê), dus kla ek nie.
Die helfte van die werk by praag is eintlik heel tegnies van aard: om by te bly met al die programme en funksionaliteit soos dit verander, asook om al ons inhoud te beskerm vir die dag wanneer die ramp ons dalk tref en die datasentrum in vlamme opgaan of Obama se kernoorlog uitbreek! Dis die probleem van kuberinligting: heel mooi op die skerm, maar baie broos en verganklik as iets verkeerd loop.
Dok, my beskeie mening, ek is ingenome met die reaksies regs op elke bladsy – anders lesers mag van my verskil.
Waaroor wil jy teen praat oor ons aversie -Oor die plaasmoorde?
– die werkresevering alleen vir swartes? Die mosigheid van swartes op straat –
die dwelm handel die hopelose posisieering die korrupsie en mors van geld
waarvoor ons moet betaal die treurige toestand van ons paaie in die land die
kapings en aanrandings en huisbrake en en en en en?
Dan is jy rêrig op die verkeerde plek om saam te praat – probeer die Sowetan.
Oplossing Harry, as jy ongelukkig is met omstandighede op Praag, speel skaak.
Dambord verg minder konsentrasie.
Skaak hou die eenvoudiges langer besig… 😉
Dag Dr Dan.
Ek is self ook erg doenig met “elektriese” opgradering. Is amper klaar met my SonKrag Elektriese installasie. Net besig om die bedrading apart van Eskom s’n te installeer.
Die werkswinkel en al die gereedskap werk reeds op sonkrag.
Die volgende is die warm water stelsel. Die windlaaier toring lê nog op sy sy. Sal sorg dat hy met die Augustus winde op sy plek staan.
En ja !! Ek hou daarvan om te sien wie het wat waar gesê.
Maak daardie lys net effe langer as dit moontlik is.
Eks jaloers!
Kan vir jou foto’s wys as ek jou adres het.
arnieann@lantic.net
Dankie – ek het vir jou e-pos gestuur
Groetnis
Het gekry dankie.
Gaan loer in jou posbus.
Gas
Praag is nou al vir ‘n lang tyd in ‘n skaak posisie. Indien hulle nie vining ‘n
skuif maak nie, gaan hulle vining in ‘n skaakmat posisie wees.
Verduidelikdie skaakmat posisie en verduidelik wie gaan Praag lig uit sy posisie?
Jy is nie die eerste een wat probeer om Praag te skaak nie. Jou tyd loop uit.
Harry Hermann, ek dink jy moet eerder domino’s speel (Ongeverfde domino’s)… Een “vining” wys op ‘n glips in jou skrywe.
Twee “vinings” in een sin dui op… Wel, kom ek laat dit aan die ander lesers oor.
Stuur dan jou “gesensorde” stukkie wysheid direk vir die redaksie en vra hulle kommentaar. Weet jy van die vangwoorde?