Die CVO Volkskool in Brakpan is getrou aan hul leuse waar elke kind met sorg onderrig en voorberei word op hul pad na volwassenheid.
Skoolhoof, mnr. Paul Zietsman, se oë blink en sy hande beduie van pure opgewondenheid as hy praat oor die prestasies van sy leerders en hoe onderwysers dit nog geniet om onderwys te beoefen.
“Die Volkskool Brakpan is 21 jaar gelede op die gronde van die AP kerkgronde met 20 kinders begin. Tans huisves ons ‘n kleuterskool, laer-en hoërskool wat onafhanklik van die regering staan en deur die ouers en onderwyser-korps bestuur word. Die skool is ‘n bekostigbare privaatskool , gevrywaar van enige ideologie van die Departement van Onderwys en word op ‘n suiwer Christelike, volkseie onderwysstelsel bedryf.”
“Een van die pluspunte by Volkskool Brakpan is dat Bybel-onderrig ‘n verpligte vak vanaf Graad 1 tot Graad 12 is en daarmee saam is Afrikaans as taal en die Afrikanerkultuur ‘n prioriteit.
Tans is Volkskool Brakpan een van 40 sulke privaatskole in die land en is lid van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (CVO) en word dit amptelik erken as ‘n eksamineringsliggaam deur die SA sertifiseringsraad (Umalusi). Vakke soos Bybelonderrig, Afrikaans, Engels, Wiskunde Geletterheid, Christelike Lewensoriënering, Lewenswetenskape, Fisiese Wetenskappe, Rekenaartoepassingstegnologie, Besigheidstudie, Rekeningkunde, Toerisme, Ingeneursgrafika en Ontwerp word hier as vakkeuses aangebied. Die skool het 200 leerlinge, maar kan sowat 350 inneem. Die klasse wissel van 8 tot 22 leerders in ‘n klaskamer.
“Ons wil graag meer leerders inskryf, maar ons het ongelukkig nie koshuisfasiliteite nie. Baie boere het aangedui dat hulle graag van ons dienste sou wou gebruik maak”, meen mnr Zietsman.
Omdat kultuurerfenis vir die leerders, onderwysers en ouers belangrik is, word baie aandag geskenk aan Republiekdag, Hemelvaartdag en ander Christelike dae. Kinders word op die dag oor die belangrikheid en geskiedenis ingelig en gaan daana huis toe.
“Dit is belangrik dat die skool in die algemeen groei. Ons visie is dat die hoër- en laerskool geskei word. Daarom is dit belangrik dat ons ‘n hoë standaard handhaaf, want ons leerders is vir ons belangrik,” sê mnr Zietsman.

Baie geluk Volkskool Brakpan, skoolhoof, onderwysers en elke leerling !
Mnr Zietsman mag met reg trots wees !
PRIORITEIT NOMMER 1 – ““Een van die pluspunte by Volkskool Brakpan is dat Bybel-onderrig ‘n verpligte vak vanaf Graad 1 tot Graad 12 is en daarmee saam is Afrikaans as taal en die Afrikanerkultuur ‘n prioriteit.”
Dit is soos ek my skoolloopbaan onthou !
NS: Wat ‘N FEES om hierdie artikel te lees.
Juslaaaaik dankie vir die heerlike verrassing!!
Doen so voort Praag en ondersteun ONS mense. wat stil stil ons volkie red.
Hoekom nie die CVO skoolblaaie / nuus op Praag plaas nie?
Dis die Lig in die duisternis nê Trippie?
Goeie more Jan, ek het SPESIAAL GEWAG vir jou kommentaar, weereens, NIE TELEURGESTEL NIE !
Ek stem – en jy stel dit SO mooi.
Goeie werk! Al wat my pla is daardie onding van “wiskune geletterdheid” dit is om matriek te slaag met st 5 wiskunde –
As ons volkie voor wil kom moet ons seker maak ons kinders leer voldoende wiskunde, wetenskap en biologie, In die moderne hoë tegnologie wêreld is dit die enigste manier om te oorleef.
Ai hoe wonderlik ek het mos al baie gese ons kan ons kerkgebou gebruik vir skool onderrig. Ooral in die stede se voorstede en dorpe in ons land staan daar kerkgebou wat nie deur die week benut word nie. Mag daar meer sterk Afrikaners hierdie pragtige voorbeeld volg en ons Afrikanerkinders en ons volk se toekoms red.
Riempies more, MAG ek maar vra wanneer jou man St 10 op Dordrecht klaargemaak het?
Andy ek mag nie sê nie – ek mag nie eens sy naam noem nie – jy sien mos ek praat altyd van die naamlose man van min woorde. Ek mag niks praat nie want ek is oor my beneuks regse uitgesprokenheid n verleentheid vir die hele gesin, en ek kan en wil en sal nie verander nie. Soos ek vir hulle sê as mens nie kan staan vir waarin jy glo nie sal jy maklik vir alles kan val waarin jy nie glo nie. Nou hanteer ons maar die situasie met n onuitgesproke vrede stilstand. 😉 Almal behalwe ek – is in die kas regs. NS My man het matriek by die Tegniese kollege in Pretoria matriek geskryf en toe ook daar verder studeer – kon nie bekostig om universiteit toe te gaan nie.
Goed, so as ek jou soek moet ek in die regterkantste kas kyk. Sal vir jou MOERkoffie bring. HA-HA.
Nee , dit is goed so, kom ons bewaar die vrede nê. Terloops sê maar vir hom my bynaam op skool was “cheese” vir wat dit mag werd wees. Dit is altyd goed om weer ou skool maats raak te loop. Ons leef so by mekaar verby om net te oorleef en nie in die druk onder te gaan nie.
Bure van ons se broerskind het nou weer in J/burg selfmoord gepleeg. Dit is seer hoor.
Vrede.
Geen kas vir my nie – jy sien my sommer oop en bloot aankom ;-))
Dit is hierdie swart varkhok waarin n mens moet lewe – waar dit vir sommige blankes net te veel raak. Jammer oor julle verlies. Ek hoop maar die FN en die VVK is suksesvol met hulle missies. Ons kan nie meer so lewe soos dit nou aangaan nie. Ons moet wegkom – liewer eerder as later.
Help, wie is VVK. Hier is so baie afkortings deesdae in omgang ek kan nie bybly nie , genugtig. (;-?)
Wil jy vir my sê jy weet nie wie die VVK is nie? Dit die Volksverkiesings kommissie – Google dit en sluit dadelik aan! ek aanvaar dat jy reeds by die FN aangesluit het!
Ja ek weet die FN, is die Frelimo Nasionale van Jonas Savimbi. Ek wil nie graag by hulle aansluit nie want hulle praat Portegaans. Ek dog die VVK staan dalk vir Vreemde Vlieende Kaders. Jy sien daar is te veel afkortings, dit verwar my verskriklik. (:-}) Sal gaan oplees en my “mind” opmaak.
Riempies, baie dankie ek was beslis nie bewus hiervan nie. ek het nou omtrent gelees hoor. Maar ek is nou nog nie klaar nie. Ek het intussen my vorms reggekry. Hier moet nou gewerk word.
Mooi dag verder en dankie weer.
Hoe lekker kan dit nou wees om sulke positiewe nuus te kan lees. Hierdie skoolhoof en sy personeel verdien al die ondersteuning wat hulle maar kan verlang van elke opregte Afrikaner in ons land. Al is dit net n kaartjie in die pos, of n e-pos, ter aanmoediging.
Hierdie , my geagte landgenote is die babatreetjies glo ek van n volk wat besig is om op te staan tot sy eie reg. Laat ons nie mismoedig bly nie. Kom ons vat liewer hande en bemoedig mekaar.
Baie verblydend om hiervan te verneem Hoop hulle gaan van krag tot krag.
Hoop ook hulle leer daar dat daar nie ‘n woord soos “leerder” in Afrikaans was voor die nuwe “politiek korrekte” regime dit vir die een of ander duistere rede gekonkokteer het nie. Die Afrikaanse woord is “leerling. Onthou tog asb. kleingoed, “leerling”.
Goed Oom Karel. (:- ))