Mugabe draai teen sy oorlogsveterane

Die regime van Zimbabwe se president Robert Mugabe het Donderdag min respek getoon vir die sogenaamde bevryding se oorlogsveterane. Die gevreesde anti-onluste-eenheid het genadeloos oorlogsveterane uitmekaargejaag wat in die hoofstad Harare saamgetrek het. Hulle betoog teen beweerde aanvalle op hulle deur die Presidentsvrou, Grace Mugabe. Dele tussen die Stadsportsentrum en die Interpolkantore lyk tans soos

Lees verder: Mugabe draai teen sy oorlogsveterane

Bus by Wits aan die brand gesteek

Die universiteit van die Witwatersrand het die polisie gevra om ‘n voorval van brandstiging op ‘n bus te ondersoek wat aan die instelling behoort. Die bus is buite studenteverblyf-eenhede in Parktown aan die brand gesteek. Die skade is nog nie vasgestel nie, sê ‘n woordvoerder van Wits, Shirona Patel. Patel sê indien vasgestel word dat

Lees verder: Bus by Wits aan die brand gesteek

Obama takel Trump

Met die gewilde miljardêr, Donald Trump, steeds die voorloper onder die Republikeine, het pres. Barack Obama nou ook tot die stryd toegetree en in ‘n onderhoud gesê Trump sal nie president word nie, omdat hy vertroue in die oordeel van Amerikaners het. “Om die president te word, is ernstige werk, en nie dieselfde as om

Lees verder: Obama takel Trump

Mosambiekers vlug na Malawi

Talle Mosambiekse burgers het reeds na die naburige Malawi gevlug weens toenemende spanning en geweld in die land. Meer as 6000 Mosambiekers word in ‘n kamp by Kapsie, sowat 100 kilometer suid van Lilongwe in Malawi gehuisves. Dié toeloop het kommer laat onstaan oor ‘n dreigende humanitêre krisis weens oorbevolking in die kamp. Mosambiekers sê

Lees verder: Mosambiekers vlug na Malawi

NWU stem in om sukkelende munisipaliteite te help

Die wanprestasie van munisipaliteite in Noordwes was een van die hoofpunte op die agenda by vandeesweek se Lekgotla wat deur lede van die provinsiale Uitvoerende Raad bygewoon is. Volgens plaaslike regeringswoordvoerder, Brian Setswambung, het die Noordwes-Universiteit ingestem om sy kundigheid in te span om die provinsiale regering by te staan met betrekking tot sukkelende munisipaliteite.

Lees verder: NWU stem in om sukkelende munisipaliteite te help

Van ‘hotnot’ na ‘vuilgat’

Die Premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, kan weer in die sop wees oor ‘n uitlating wat sy na bewering aan ‘n EFF-wetgewerlid in die provinsie gemaak het. Lucas is verlede jaar in die Gelykheidshof skuldig bevind aan haatspraak nadat sy die woord “hotnot” tydens ‘n amptelike toespraak gebruik het. Die hof het toe gelas

Lees verder: Van ‘hotnot’ na ‘vuilgat’

Apple weier FBI toegang tot terroris se foon

Verlede jaar se dodelike aanvalle in Parys “sou nie gebeur het” sonder die gebruik van geïnkripteerde kommunikasie om die skuldiges in staat te stel om opsporing te vermy nie, het die Amerikaanse NSA-hoof onlangs in ‘n onderhoud verklaar. Die National Security Agency se direkteur Michael Rogers is Woensdag aangehaal in ‘n Yahoo-verslag waarin hy gerugte

Lees verder: Apple weier FBI toegang tot terroris se foon

Swart multimiljoenêr se seun aangekla na geweld by UK

Onder die swart studente van die Universiteit van Kaapstad wat in hegtenis geneem is weens openbare geweld en die kwaadwillige beskadiging van eiendom, is die seun van multimiljoenêr en Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe. “Dit bou karakter,” het Molefe gesê en bygevoeg dat hy sy seun ondersteun. Molefe het Woensdag buite die Wynberg-landdroshof met

Lees verder: Swart multimiljoenêr se seun aangekla na geweld by UK

UK se vise-kanselier voel nie sy witheid na petrolbomaanval nie

Die visekanselier van die die Universiteit van Kaapstad (UK) het Woensdag bevestig dat sy kantoor deurgeloop het onder ‘n petrolbomaanval. Max Price het gesê hoewel dit was sy kantoor was wat aangeval is, het hy nie gevoel dat dit ‘n persoonlike aanval teen hom was nie. “Ek gaan nie aanstoot neem nie, dit is die

Lees verder: UK se vise-kanselier voel nie sy witheid na petrolbomaanval nie

Geweld in Sabie kelder dalk fietswedren

Gewelddadige betogings by Sabie in Mpumalanga het tot gevolg dat die naweek se Ashburton Nasionale Bergfietswedren moontlik van die baan is, het RSG berig. Meer as 3000 fietsryers het vir die wedren ingeskryf. Die polisie en die plaaslike munisipaliteit sê die situasie is in die stadium plofbaar en dit is nie wenslik dat die wedren

Lees verder: Geweld in Sabie kelder dalk fietswedren