UK se vise-kanselier voel nie sy witheid na petrolbomaanval nie

Die visekanselier van die die Universiteit van Kaapstad (UK) het Woensdag bevestig dat sy kantoor deurgeloop het onder ‘n petrolbomaanval.

Max Price het gesê hoewel dit was sy kantoor was wat aangeval is, het hy nie gevoel dat dit ‘n persoonlike aanval teen hom was nie.

“Ek gaan nie aanstoot neem nie, dit is die kantoor van die hoof van die universiteit,” het Price gesê by die mediakonferensie.

Price het ook gesê dat tot Dinsdagaand het die Universiteit van Kaapstad nie die optrede van swart studente beskou as gewelddadig en krimineel nie.

Hy sê hulle het daarom nie die behoefte gevoel om die polisie en privaatsekuriteit te ontplooi nie.

Dit blyk dat Price se seun Ilan onder die 30 UK-studente was wat buite die parlement in hegtenis is geneem vir openbare geweld en dit is bevestig deur ‘n UK-woordvoerder.

13 thoughts on “UK se vise-kanselier voel nie sy witheid na petrolbomaanval nie”

  1. “Price het ook gesê dat tot Dinsdagaand het die Universiteit van Kaapstad nie die optrede van swart studente beskou as gewelddadig en krimineel nie. ” – nou hoe dan nou? As ‘n blanke net daaraan sou dink dan sou hy/sy met sy agterstewe baie diep in die tronk slaap.

    Dit is juis omdat daar nie teen hierdie tipe gedrag opgetree word nie dat dit gedurig weer en weer voorkom. Die Sjinese het behoorlik op hulle studente geskiet en daar was nog nie weer sulke voorvalle nie – Ek sê nie skiet op die studente nie, dit is ook barbaars maar tree daadwerklik op. Luister na die griewe maar ons is nie tweejarige kindertjies wat andere se speelgoed mag breek omdat jy nie jou sin kry nie. Dit verdien ‘n pakslae.

Maak 'n opvolg-bydrae