UJ Sanlam-ouditorium brand na petrolbomaanval

Die Sanlam-ouditorium by die Kingsway-kampus van die Universiteit van Johannesburg het afgebrand, vermoedelik na ‘n petrolbomaanval.

‘n Groot gedeelte van die hoofkampus is tans gesluit. Studente sou eksamen skryf in die gebou.

Die veiligheidspersoneel sê die voorval het moontlik in die vroeë oggendure Maandag plaasgevind en ‘n woordvoerder Herman Esterhuizen het op Twitter gesê die brand is reeds geblus.

Swartes op sosiale media het gesê dit sal lei tot verdere rassisme.

Verskeie departemente word geraak nadat die ouditorium onder ‘n petrolbom-aanval deurgeloop het.

Dit is onduidelik wie vir die voorval verantwoordelik kan wees, maar die kampus is onlangs deur verskeie voorvalle van oproer geteister.

Kolonel Perumal van Brixton-polisiestasie sê ‘n forensiese span van Pretoria is op pad na die toneel.

Studente het verlede week amok gemaak omdat vrouestudente glo deur veiligheidspersoneel geteister word, en daarna weens onvoldoende vervoer op die kampus.

Intussen is lesings by die Vaal Universiteit van Tegnologie nog steeds opgeskort nadat die hoofkampus op Vanderbijlpark suid van Johannesburg afgebrand is.

Die studente was glo kwaad omdat die sekuriteit op die kampus nie diefstal verhoed nie. Hulle eis dat die betrokke veiligheidsmaatskappy afgedank moet word.

Die bestuur het Donderdag alle studente opdrag gegee om hulle koshuise weens veiligheidsredes te ontruim.

Die universiteit se waarnemende Visekanselier, Segopane Seroka, sê die personeellede is aangesê om terug te keer sodat hulle kan werk kan voorberei.

Die studente sal later in kennis gestel word as hulle kan terugkeer kampus toe.

Seroka sê daar is heelwat kwessies wat ondersoek vereis waaronder eksamenvoorbereiding.

UK se vise-kanselier voel nie sy witheid na petrolbomaanval nie

Die visekanselier van die die Universiteit van Kaapstad (UK) het Woensdag bevestig dat sy kantoor deurgeloop het onder ‘n petrolbomaanval.

Max Price het gesê hoewel dit was sy kantoor was wat aangeval is, het hy nie gevoel dat dit ‘n persoonlike aanval teen hom was nie.

“Ek gaan nie aanstoot neem nie, dit is die kantoor van die hoof van die universiteit,” het Price gesê by die mediakonferensie.

Price het ook gesê dat tot Dinsdagaand het die Universiteit van Kaapstad nie die optrede van swart studente beskou as gewelddadig en krimineel nie.

Hy sê hulle het daarom nie die behoefte gevoel om die polisie en privaatsekuriteit te ontplooi nie.

Dit blyk dat Price se seun Ilan onder die 30 UK-studente was wat buite die parlement in hegtenis is geneem vir openbare geweld en dit is bevestig deur ‘n UK-woordvoerder.