praag.co.za

Van ‘hotnot’ na ‘vuilgat’

Written by

in

,

Die Premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, kan weer in die sop wees oor ‘n uitlating wat sy na bewering aan ‘n EFF-wetgewerlid in die provinsie gemaak het.

Lucas is verlede jaar in die Gelykheidshof skuldig bevind aan haatspraak nadat sy die woord “hotnot” tydens ‘n amptelike toespraak gebruik het. Die hof het toe gelas dat sy ‘n openbare verskoning moet aanbied.

Die EFF het Lucas nou daarvan beskuldig dat sy ‘n kru-woord gebruik het, naamlik “vuilgat” toe sy na die EFF-LPW, Mbuyiselo Matebus, verwys het tydens die vorige wetgewersitting.

Lucas sê egter dié beskuldiging is ongegrond.

Harde werk het tot ‘n daling in geweldsmisdaad in die Noord-Kaap gelei, terwyl roof met verswarende omstandighede en kriminele sake in verband met eiendomme steeds ‘n groot kopseer vir die regering is.

Premier Sylvia Lucas het vanoggend tydens haar provinsiale rede in Kimberley gesê dat gemeenskappe se hulp nou ingeroep gaan word.

Lucas sê dit het tyd geword dat inwoners help om hul eie gemeenskappe te beveilig. Sy het gesê die provinsiale regering hou aanstaande maand ‘n beraad om misdaad hok te slaan in ‘n poging om alle belanghebbendes byeen te bring om ‘n konkrete plan van aksie saam te stel.

Comments

7 responses to “Van ‘hotnot’ na ‘vuilgat’”

  1. ThysH Avatar
    ThysH

    Dis dalk laster, maar beslis nie haatspraak nie. Maar as sy gedagvaar word, sal sy sekerlik met groot vrug kan aanvioer dat indien dit as laster bevind word, dit die waarheid en in die openbare belang is! Ek vermoed sy kan reg wees!

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Subtiel.

  2. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Haar volgende uitlating is seker die strydkreet van die Wes Kaap: “Djou massa……..!”

    1. Elsa Avatar
      Elsa

      Sien sy het nie ‘n pêshin gêp tussen haar tande nie anders sou dit klink na “Djou matha……!”

  3. jan Avatar
    jan

    Die enigste plek waar humor nie sal uitsterf nie is Namakwaland.
    Alles wat hulle gesels is komies./ en beskrywend met uiters spitsfondige humor.
    Uiters treffend.kru taal. wat jou maag so kielie….

    Soos die verpleegster vir die doodmoeg dokter gesê nadat hy vir dae gesukkel het om oom Gert aan die lewe te hou en gereed te kry vir die vlug na Tygerberg Hospitaal. met sy hartaanval.
    ‘Dokter jy voel nou seker ‘n VADER vir oom Gert’
    ” Waat bedoel jy hmm?”
    ” Dis mos soos wat die Samjoor vir die troepe geskreeu het terwyl hy hulle so laat aftjop, ; Manne ek voel ‘n VADER vir julle maar kan FOKOL vir julle doen.”

    Laat dit julle nie dink aan Prof Dokter Wim nie?

  4. Vixie Avatar
    Vixie

    Janee, ek kan nie verstaan hoekom die mense so ontsteld raak as iemand die hond by die naam noem nie … Is dit dalk ‘n geval van die skoen wat pas, maar die poot is bietjie geswel nou druk hy?

  5. Corrupt_comrat_nr1 Avatar
    Corrupt_comrat_nr1

    alweer ou jacob se kfc-queen in die nuus,nooit vir ‘n goeie daad nie….,tipies

Leave a Reply