Die universiteit van die Witwatersrand het die polisie gevra om ‘n voorval van brandstiging op ‘n bus te ondersoek wat aan die instelling behoort.
Die bus is buite studenteverblyf-eenhede in Parktown aan die brand gesteek. Die skade is nog nie vasgestel nie, sê ‘n woordvoerder van Wits, Shirona Patel.
Patel sê indien vasgestel word dat studente by die voorval betrokke is, sal hulle onmiddellik geskors word.
Dit volg na soortgelyke onrus by die Universiteit van Kaapstad waar studente ook ‘n bus en veiligheidsvoertuig aan die brand gesteek en verskeie waardevolle skilderye verbrand het. Ses UK-studente is intussen geskors.
Die polisie kon nie meer besonderhede oor die voorval by Wits gee nie.

In Die Burger het DimWim van Stellenbosch ‘n stukkie onsin getwitter oor die pers gesigte. Maar lees veral die reaksies daarop. Dis insiggewend.
Snaaks dat hulle nog teem dat die naam Wits to wit is nie.
Die skuldiges is…….. nog.persgesig aliens!!!!!
Nee wat die ANC het geen beheer oor hulle jongmense nie,
hulle lag die ANC uit as hulle gekke en maak net wat hulle wil.
En dan wil Zuma kastig die infrastruktuur opbou, met sulke
onbeheersde mense wat vinniger afbreek as wat iemand op die aarde kan opbou?