Eugene de Kock sal ‘n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria indien nadat die minister van justisie en korrektiewe dienste geweier het om aan hom parool toe te staan. Michael Masutha het in Julie De Kock se paroolaansoek afgekeur omdat die families van sy slagoffers nie daaroor geraadpleeg is nie. De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien.
ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier
Die metroraad van die groter Pretoriagebied het gister toestemming geweier dat die ANC-jeugliga teen die Afrikaans-is-Groot-konsert in Pretoria betoog, kwansuis om teen Steve Hofmeyr se deelname beswaar te maak. “Ons ondersoek nou alternatiewe maniere om vreedsame en doeltreffende protesoptrede op ’n wettige manier te reël,” het Justin de Swardt, van die ANC-jeugliga in wyk 91
Lees verder: ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier
SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa
Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie. Numsa is pas uit Cosatu geskors. Die vakbond se sekretaris-generaal Irvin Jim het die ANC voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Demokratiese
Tweederdes van KZN-landbougrond lê braak
Opkomende boere benodig verdere hulp met landbou het ‘n LUR vir Landbou KwaZulu-Natal gesê. Cyril Xaba het aangedui dat meer as tweederdes van die landbougrond wat sedert 1998 aan swart boere in KwaZulu-Natal oorhandig is, braak lê. Xaba het by ‘n beraad op Ixopo in KwaZulu-Natal gepraat met swart boere. Die byeenkoms is daarop gemik om
Adjunkminister sê polisie in parlement wettig
Die adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, het klagtes uit die opposisiegeledere oor die polisie se betreding van die parlement van die hand gewys. Die Speaker het die polisie vroeër versoek om parlementslede van die EFF uit die Nasionale Vergadering te verwyder, nadat hulle die vergadering probeer ontwrig het. Lede van die EFF sowel as die DA het daarna
SA plaas ebola op G20-beraad se agenda
Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australië versoek, het die minister van finansies, Nhlanhla Nene gesê. “Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met ebola op die G20-vlak bespreek is sowel as in alle ander multilaterale vergaderings waaraan ons deelgeneem het,” het Nene aan verslaggewers
Saul Alinsky, Godwin se wet en Afriforum
Baie is al geskryf oor die taktiek wat liberale en sosialistiese organisasies gebruik om hulle agendas te bevorder maar geen een enkele geskrif verskaf meer gestalte aan hierdie taktieke as Saul Alinsky se 1971-boek Rules for Radicals: A Pragmatic Primer for Realistic Radicals nie. Dit is 10 hoofstukke van advies oor hoe om ‘n agenda
Conrad Koch se paternalisme is in wese rassisties
Ek was bietjie uitstedig en met die terugkom merk ek toe daar is ‘n herrie oor Dan en ‘n kabaal oor Steve; die twee here sou hulle glo onderskei as rassiste. Wat my opgeval het toe ek nou bietjie begin navors, is dat almal wat Dan en Steve oor hierdie “onthulling” gerepudieer het, aangeval het
Lees verder: Conrad Koch se paternalisme is in wese rassisties
Mediclinic en Universiteit Stellenbosch gaan saamwerk om dokters op te lei
Die privaathospitaalgroep Mediclinic gaan met die Universiteit van Stellenbosch saamwerk om voorgraadse dokters op te lei, iets wat die aantal dokters wat in Suid-Afrika geproduseer word, mag verhoog. Nie net is daar ‘n beperkte aantal plekke by mediese skole beskikbaar nie, maar daar geld ook streng rassekwotas sodat blanke studente weggewys word ten gunste van
Lees verder: Mediclinic en Universiteit Stellenbosch gaan saamwerk om dokters op te lei
Missouri kondig noodtoestand aan voor Ferguson-uitspraak
Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat, Missouri, moes inderhaas ‘n noodtoestand afkondig om rassespanning onder beheer te bring. Goewerneur Jay Nixon het ook magtiging aan die Nasionale Wag verleen om die polisiemag by te staan om swart oproeriges vas te vat. Die opstand dreig in Ferguson waar uitspraak verwag word in die saak waarin ‘n wit polisiebeampte ‘n jong swarte,
Lees verder: Missouri kondig noodtoestand aan voor Ferguson-uitspraak
