SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa

Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie.

Numsa is pas uit Cosatu geskors.

Die vakbond se sekretaris-generaal Irvin Jim het die ANC voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Demokratiese Rewolusie versaak het, en die Vryheidsmanifes vervang het met die neoliberale Nasionale Ontwikkelingsplan in samewerking met “gulsige kapitaliste”.

“Ons het besluit om te breek met die alliansie en ons het besluit om ‘n verenigde front te vorm en die moontlikheid van sosialisme in Suid-Afrika te ondersoek,” het Jim by dié geleentheid gesê.

Daar was ‘n tyd toe die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) ‘n mark-ekonomie gevrees het, maar hulle is deesdae skrikkerig vir die verlinkses, volgens ‘n politieke kommentator, Steven Friedman.

Die ANC-alliansie is verdeel oor die vraag of Numsa in Cosatu moet bly. Die druk om ontslae te raak van sosialiste kom egter van die ANC se ander bondgenoot, die SAKP.

Waarom sou die SAKP ‘n uitgesproke linkse unie soos Numsa uit Cosatu wou gooi?

Volgens Friedman is dit omdat sommiges argumenteer, soos die res van die ANC-alliansie, dat hulle meer geïnteresseerd is in die deelname in sakeondernemings en eerder ‘n sakeklub wil vorm as ‘n ideologiese nes.

Numsa is die 100% aandeelhouer van Doves Begrafnisdienste.

 

 

 

12 thoughts on “SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa”

  1. Of die sogenaamde verlinkse Numsa werklik as sulks beskryf kan word, is ‘n ope vraag. Daar is van hul bestuurslede wat beweer dat hulle ondersteuners van oorle’ Trotsky se voorskrifte en werkswyse is. Dat Trotsky se benadering die uiteindelike ‘suiwer’ kommunistiese-jimmil-op-aarde sal bereik. In teenstelling met die Leninisme.
    Stalin was natuurlik ‘n piet wat nie van teëspraak gehou het nie. Trotsky is na oorl’ Josef se oorname die deur gewys, waarna hy kort daarna in Mexiko met ‘n pik- of bylsteel half dood gewetter is. Trotsky het ‘n dag of twee na die aanval lepel in die dak gesteek. End vannie prent vir nog ‘n teenstander van goedige oompie Stalin…
    Trotsky het nietemin talle ondersteuners deur die jare en oor die wêreld heen gehad, soos dit nou weer onder sommige Numsa Einsteins blyk te wees.
    Die Leninistiese SAKP spul wat vurige ondersteuners van COSATU is, neem tans die voortou om Numsa as ‘n skuim-om-die-bek Trotsky groepering te isoleer. Dit is natuurlik ‘n ou taktiek van die Leniniste om die Trotsky werfetters van radikalisme en afvalligheid van die ‘skone en wonderlike beginsels’ wat deur kameraad Lenin omskryf is, te beskuldig.
    Behoort vorentoe nog heelwat byl- en pikstele te sien wat gebruik sal word om argumente te besleg…
    Is maar hoe dit is
    🙂

          1. Lede was ook nooit ingelig dat politieke korrektheid ‘n vereiste sou word nie…daarom verdwyn hulle nou.

        1. Afriforum se rekening word by daardie ‘Afrikaner-vriendelike’ bank – FNB – gehou.

          FNB is mos die piete wat na ou dom ‘Steve’ in hul advertensies verwys.

          Die ‘Steve’ kan seker nie dieselle ene wees as daai Steve wat deur Afriforum verguis en verraai word nie – of is dit?

          Afgesien van Numsa se men-in-black van die Dove plantery, wonder mens of Solliedariteit dalkies ook hul banksake aan FNB met hul anti-Steve advertensies toevertrou…

          1. Om van bank te verander is ‘n lang proses en ek twyfel of hulle vir FNB gaan los bloot omdat FNB een van hulle bondgenote boikot…

          2. Dat Afriforum hul ondersteuning van FNB sal onttrek, is onwaarskynlik. Hulle deel tog dieselfde vooroordeel teen Hofmeyer.
            Bloot gewonder of Solidariteit ook ‘n FNB rekening het.

          3. Ek dink FNB gaan jammer wees. Almal weet wie die ‘Steve” is van wie hulle praat. ‘n Meningspeiling sal dit gou-gou wetenskaplik bepaal.

Maak 'n opvolg-bydrae