Die adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, het klagtes uit die opposisiegeledere oor die polisie se betreding van die parlement van die hand gewys.
Die Speaker het die polisie vroeër versoek om parlementslede van die EFF uit die Nasionale Vergadering te verwyder, nadat hulle die vergadering probeer ontwrig het.
Lede van die EFF sowel as die DA het daarna handgemeen geraak met die polisie.
Jeffrey sê die wet maak daarvoor voorsiening daarvoor dat voorsittende beamptes lede in sekere gevalle uit die Raadsaal mag verwyder.
Die meeste lede van die uitvoerende gesag het gesê hulle gaan uit respek vir die vredes-ooreenkoms tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa, en politieke partye oor die gedrag in die Raad, nie reageer nie.
Jeffrey sê klagtes oor die polisie se teenwoordigheid is onnodig.
Hy het gesê wetgewing bepaal dat die voorsittende beamptes geregsdienaars mag ontbied indien nodig.
