Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat, Missouri, moes inderhaas ‘n noodtoestand afkondig om rassespanning onder beheer te bring.
Goewerneur Jay Nixon het ook magtiging aan die Nasionale Wag verleen om die polisiemag by te staan om swart oproeriges vas te vat.
Die opstand dreig in Ferguson waar uitspraak verwag word in die saak waarin ‘n wit polisiebeampte ‘n jong swarte, Michael Brown doodgeskiet het.
Ter voorbereiding van die uitspraak wat waarskynlik in die guns van die wit polisiebeampte sal wees, betoog swart jeugdiges reeds die afgelope twee dae.
Daar is forensiese getuienis dat Brown ‘n wapen hanteer het weens reste wat aan sy hande gevind is, ten spyte daarvan dat daar beweer word dat hy nie gewapen was toe hy geskiet is nie.
Daar is ook geslote kringtelevisie wat aantoon dat Brown in ‘n winkel besig was om te steel.
Swart inwoners van Ferguson meen egter dat Darren Wilson verantwoordelik gehou moet word vir die skietdood van die ongewapende 19-jarige Brown.
Rasseonluste het na skietvoorval op 9 Augustus uitgebreek waar swart oproeriges dae lank hulself skuldig gemaak het aan plundertogte en vandalisme.
Miljoene dollar se skade is reeds aangerig en sakeondernemings in swart gebiede moes hul deure permanent sluit.
Indien die uitgebreide jurie beslis dat Wilson nie verantwoordelik is nie, verwag die owerhede ‘n swart opstand wat wyer in die VSA kan uitkring.
Volgens die FBI kan onluste elders in die VSA opvlam en die polisie is landswyd op ’n gereedheidsgrondslag geplaas.
‘n Aktivistegroep, Justice for Mike Brown, het ‘n lys bekend gestel van teikens wat aangeval sal word wat ook plekke insluit wat nie met die voorval verband hou nie.

VERSKAFFERS!!!!!!!!! ORAL DIESELFDE!!!!!
party is verse ander al groot
Kry vir julle! En wanneer julle land brand, kom geniet ‘n koel lafenis onder die Afrika son terwyl julle julself probeer oortuig dat apaaathaait verkeerd was!
het positieve aan deze zaak is dat de gewelddadige onverschrokken dader niet meer in een witte Ford Bronco op pad kan naar ‘rechtspraak’ die hem ( precedenten scheppend) de vrijheid geeft misdaden voor te zetten