Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor

Suid-Afrika spog met 11 landstale wat blykbaar daagliks in geen hof tot hul reg kom nie en regspleging benadeel. Dié opspraakwekkende leemte in Maandag tydens die Oscar Pistorius-moordverhoor aan die wêreldmedia ontbloot. Die gehalte van tolkwerk in howe is van kardinale belang, aangesien stemming en inhoud wat oorgedra word hoogsgespesialiseerde taalvaardige tolke vereis en hul

Lees verder: Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor

Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur

Tony Yengeni, oud-MK en lid van die ANC se uitvoerende komitee, sal Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof tereg te staan op ‘n aanklag van dronkbestuur. Yengeni is op die oomblik uit op R500 borgtog. Hy is in Augustus verlede jaar in Groenpunt in hegtenis geneem. Yengeni is hoof van die ANC se politieke skool Dit

Lees verder: Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur

Pienaar steeds in oproer oor water glo vergiftig is

Inwoners van Kanyamazane en Pienaar in Mpumalanga beweer dat die water vergiftig is, nadat hulle die naweek op ‘n plundertog teen buitelanders gegaan het. Oproeriges het die hoofpad in die gebied met brandende bande en klippe versper in die voortslepende xenofobiese geweld. Die oproer het begin toe ‘n Somaliër verlede week ‘n 20-jarige man doodgeskiet het.

Lees verder: Pienaar steeds in oproer oor water glo vergiftig is

Malema betower buitelandse beleggers

Buitelandse en plaaslike beleggers het die oorlaaide paaie van Alexandra in Johannesburg Maandag aangedurf om te verneem van die ekonomiese orde na die verkiesing. Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters het beleggers uit Brittanje en Amerika ontmoet om die party se beleid ten opsigte van die nasionalisering van myne en banke en die herverdeling van

Lees verder: Malema betower buitelandse beleggers

‘Homo’s nie van Afrika’

Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het sy stem gevoeg by die lande wat Oeganda se drakoniese anti-gay wette steun, het die staatsmedia Maandag berig. Hy het ook gesuggereer dat homoseksuele in sy eie land ook uitgesonder sal word. Hy het die Weste gekritiseer dat hulle hulp aan Kampala wil weerhou nadat president Yoweri Museveni ‘n

Lees verder: ‘Homo’s nie van Afrika’

Wreedheid van jongste plaasmoord skok

In die jongste plaasmoord, is die egpaar, Eckard (76) en Elizabeth Schutte, en hul seun Lutz (33), so erg vermink dat die polisie nie met sekerheid kan sê hoe hulle vermoor is nie. Die polisie se woordvoerder sê die gesin kon doodgeslaan gewees het. Hulle is waarskynlik geslaan, gesteek, opgekap en verbrand. Die skokkende wreedheid

Lees verder: Wreedheid van jongste plaasmoord skok

Sommige Limpopo-skole het nog nie handboeke nie

Sommige skole in Limpopo het nog nie hul handboeke ontvang vir die 2014-skooljaar nie, het Rapport Sondag berig. “Hulle [die onderwysdepartement] maak ‘n bohaai oor die radio om te sê dat die boeke afgelewer word, maar dit is nie so, en dit is ‘n probleem,” het Sipho Mothobuka gesê. Hy is die skoolhoof van Laerskool

Lees verder: Sommige Limpopo-skole het nog nie handboeke nie

Oscar-sirkus begin

‘n Groot aantal joernaliste van Westerse mediamonopolië het die staatsaanklaer in die Oscar Pistorius-moordverhoor ingewag kort voor agtuur Maandagoggend by die Hooggeregshof in Pretoria. Die sirkus in die hofsaal sal regstreeks op televisie en radio uitgesaai word. Die saak trek wêreldwyd aandag en groot gedeeltes van die hofverrigtinge sal te siene wees soos dit ontvou. Die

Lees verder: Oscar-sirkus begin

Polisie sê hulle is nie genoeg om plundery te stop

Verskeie winkels wat aan Somaliërs behoort, is by Pienaar naby Nelspruit geplunder. Die aanvalle het gevolg op die dood van ‘n 20-jarige man, wat na bewering aan die hand van ‘n winkeleienaar gesterf het. Die plundering het begin nadat die slagoffer begrawe is. Een van die Somaliese winkel-eienaars Ali Mohamed sê die polisie doen nie genoeg om

Lees verder: Polisie sê hulle is nie genoeg om plundery te stop

Swaar reën voorspel

KwaZulu-Natal is gewaarsku om hom gereed te maak vir moontlike oorstromings in die volgende paar dae, het RSG berig. Die Nasionale Weerdiens sê voorspellers hou ‘n ogie op ‘n naderende kouefront wat oor die provinsie inbeweeg. Sy sê die noorde van die provinsie sal die ergste deur swaar reën geraak word. Swaar reën word ook

Lees verder: Swaar reën voorspel