Die Dinokeng-wildreservaat, noord van Pretoria, word tans deur die polisie gepatrolleer teen grondbesetters. Die reservaat moes Saterdagaand ’n dringende hofbevel teen swart grondbesetters kry nadat honderde glo Vrydag die reservaat se heining verwoes het en daarna die veld aan die brand gesteek het. Die bevel is Sondag aan gemeenskapsleiers van die Hammanskraal/Refilwe-omgewing beteken. Die hofbevel verbied ongemagtigdes
Lees verder: Besetters vernietig wildreservaat se heining, brand veld
