praag.co.za

Boko Haram: Om die Chinese projek in Afrika te stuit

Phumzile Mlambo-Ngcuka, herontplooi vir die VSA in Afrika
Phumzile Mlambo-Ngcuka

Die Nigeriese militante wat ten minste 284 skoolmeisies as gyselaar geneem het, wil hul kamerade uit die tronk kry, sê ‘n bemiddelaar vir Boko Haram.

Die VN Direkteur vir Vroue, Phumzile Mlambo-Ngcuka, wat tans gemoeid is met die aangeleentheid, se gesig is bekend aan Suid-Afrikaners omdat sy voorheen deur die VSA hier ontplooi is as minister van buitelandse sake.

Sy moedig tans die soektog na die ontvoerde meisies in Nigerië aan. Die terreurgroep Boko Haram sal glo die ontvoerde Moslemmeisies in ruil vir hulle gevangenes vrylaat.

Phumzile Mlambo-Ngcuka rep egter geen woord oor die dodelike aanval in Gamborou Ngala in die Borno-provinsie in Nigerië nie, ‘n aanval wat omtrent op die dieselfde tyd as die ontvoering gebeur het.

Volgens ‘n verslag deur die Vanguard, ‘n Nigeriese koerant, het die jihadistiese terreurgroep Boko Haram die dorp bestorm en ongeveer 300 mense vermoor.

Die ontvoering is dus waarskynlik gekoppel aan Sino-Amerikaanse onderhandelinge oor strategiese grondstowwe in die gebied na die terreurgroep se suksesvolle aanslae.

Boko Haram se amptelike naam is Jama’atu Ahlis Sunna Lidda’awati wal- Jihad, wat vertaal uit die Arabies beteken “Mense verbind tot die voortsetting van die profeet se leringe en Jihad”.

Die groep is ‘n tak van die Takfiri Salafi-beweging. Salafi-Takfiris beskou ander Moslems en Christene as afvalliges.

Boko Haram wil sjariawette in Nigerië, Noord- Kameroen en Niger instel, en val Christenkerke en -skole aan, asook polisiestasies, regeringinstallasies en ontvoer en vermoor Westerse toeriste.

Ons oud-minister is ewe gefokus op die onderhandelinge om die meisies vrygelaat te kry as die Obama-administrasie.

Die VSA het intussen militêre, intelligensie- en wetstoepassingsadviseurs na Nigerië gestuur om te help om die meer as 270 tienermeisies op te spoor.

Volgens die Los Angeles Times, sal die span gebruik word vir militêre intelligensie doeleindes en sal deel wees van ‘n ondersoekspan na die meisies wat op 14 April uit ‘n landelike hoërskool in Nigerië se oorwegend Moslem-noordooste verdwyn het.

Obama het gesê die ontvoering “mobiliseer die hele internasionale gemeenskap” in  weerwil van ‘n trae ontvangs oral. In Oktober 2013 het die VSA Boko Haram as ‘n terroristegroep gelys.

In 2012, het Obama die aantal Amerikaanse militêre personeel wat ontplooi is in Nigerië reeds verhoog. Nigerië is na Saoedi-Arabië die VSA se grootste ru-olieverskaffer.

Die VSA se Afrikaweermag, Africom, het gesê Boko Haram se bedrywighede bedreig Nigerië , Kameroen , Niger , Mali en Tsjad.

In 2012 het die Nigerian Tribune berig dat Boko Haram se befondsing uit die Verenigde Koninkryk en Saoedi-Arabië kom, spesifiek uit die Al-Muntada Trustfonds.

In 2005 was dit reeds duidelik dat Al-Muntada besonder aktief in die bevordering van Islamisme in Nigerië is.

Soortgelyke Islamitiese skole is tydens die CIA se geheime oorlog teen die Sowjet-Unie in Afghanistan in Pakistan gestig. Hulle is gefinansier deur Saoedi-Arabië en sy netwerk van liefdadigheidsorganisasies.

Benewens ondersteuning ook uit Brittanje, het Boko Haram indirekte hulp via Libië se al-Kaida-huursoldate ontvang van NAVO.

Tydens ‘n onderhoud met Al-Jazeera het die AQIM-leier verklaar dat Algerië wapens aan Nigerië se Boko Haram-beweging verskaf.

Al-Kaida ( AQIM ) en die Libiese rebelle is direk tydens die Libiese konflik in 2011 van wapens en logistieke ondersteuning voorsien deur NAVO, het die navorser Nile Bowie vasgestel.

AQIM en Boko Haram hou egter minder van ‘n bedreiging vir Afrika in as China wat die VSA en Frankryk betref, en die aanwesigheid van ekstremiste is duidelik ‘n goeie manier om op kort kennisgewing wapens en militêre personeel te ontplooi.

China se ekonomiese en diplomatieke invloed in die streek moet beperk word aangesien Nigerië die 13de grootste olie-produsent in die wêreld is.

Die Wes-Afrikaland se ander natuurlike hulpbronne sluit in natuurlike gas, tin , ystererts , steenkool, kalksteen, niobium , lood, sink en landbougrond .

Die VSA en Franse wil verseker dat die nuwe Chinese leierskap nie sal voortgaan om sy voordelige verhoudings met die hulpbronryke Afrika-lande uit te bou nie.

Daarom sal ekstremiste onstabiliteit in lande soos Nigerië verhoog en sal dit hopelik China se ekonomiese groei inperk.

Africom se missie is dus om in die naam van die stryd teen terrorisme oorlog te skep wat sogenaamd Amerikaanse nasionale veiligheid bedreig, sodat die VSA China se projek in Afrika kan stuit.

 

 

Comments

41 responses to “Boko Haram: Om die Chinese projek in Afrika te stuit”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Afrikane, Moslems – nie veel verskil tussen hulle nie, beide barbaars en alles word in oormaat gedoen.

  2. StalinX Avatar
    StalinX

    Dit gee 70 virgins n hele nuwe betekenis.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Danksy Europa en die Europese
    inmenging en beterweterigheid is die hele wereld in n onherstelbare en
    onomkeerbare chaos gedompel – met geen voordeel vir geen land nie – die
    “beskaafde” lande is oorstroom met mense wat nie daar hoort of inpas nie en in
    etlike eeue is daar is deur hierdie Europese inmenging geen aks beskawings
    ellement bereik in “onbeskaafde” lande nie.

    Leer en besef die Europa hierdie verskriklike oordeel
    wat hulle oor beskawing uitgespreek het – n groot nee – Die Europeer gaan
    uitgewis word asgevolg van hulle dwase beterweterigheid en die onbeskaafdes
    gaan hulle self uitwis deur hulle onbekwaamheid en onvermoee. Al wat gaan oorbly
    is die nuwe aarde en die nuwe hemel.

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Riempies, jy raak hier aan ‘n onderwerp wat vir my somtyds so onverklaarbaar is. Watter magte bepaal hierdie verloop en waarom. Ek het so paar idees maar ek daaraan dink klink dit amper vergesog maar geen ander argument maak sin nie

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Goeiemore Leonor, My invalshoek is baie prakties en eenvoudig – God het die die aarde geskape en alles daarop – en toe die mens – met die opdrag woon bewerk en vermeerder en heers oor die diere van die veld.
        Omdat God Alwetend en Almagtig is het Hy geweet dat die mens nuuskierig is Hy het immers ons so geskape – en daarom betyds
        gewaarsku het onthou mens – jy is beperk tot die raaisel in die spieel met die belofte van eendag van aangesig tot aangesig.
        Die mens wou en wil vandag nog bewyse van God sien en die Godheid verduidelik en alles wat God geskape het verbeter en dit is net hier waar die moeilikheid begin het. As voorbeeld daarvan is die plastiese uiters ongesonde tamaties asgevolg van genetiese manipulasie n eenvoudige maar praktiese voorbeeld en die
        deurmekaar mense wat maar net n ander vorm van gentiese manipulasie is n ander voorbeeld.

        1. henkst Avatar
          henkst

          As jy van skeppingsverhale hou, volgens die Chinese skeppingsmite het die godin Nüwa verveeld geraak toe sy mense geskep het, en toe het sy mense geskep wat nie so skrander soos die eerstes was nie.
          The goddess Nüwa then used clay to form humans. These humans were very smart since they were individually crafted. Nüwa then became bored of individually making every human, so she dipped a rope in clay and the blobs that fell from it become new humans. These new humans were not as smart as the first.
          http://en.wikipedia.org/wiki/Pangu
          Alles draai om evolusie en die oorlewing van die mees aanpasbares!

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Henkst, jy is sekerlik die naaste wat ‘n belese witmens aan ‘n brommer kan kom… Peusel aan daardie prestasie en kompliment… (Neem aan jy is blank.)

          2. henkst Avatar
            henkst

            Klippe en fossiele lieg nie.
            Mites het die 4 kardinale vrae van die antieke mens beantwoord.
            Wie is ons?
            Waar kom ons vandaan?
            Waar gaan ons heen?
            Wat is die regte dinge om te doen?

          3. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Voor dat ek my tyd mors; Glo jy onvoorwaardelik in die God van die Bybel en die bybel as die woord wat God aan ons gegee het om ons te rig, in ons fisiese en geestelike lewe en in die wetenskap?.

          4. henkst Avatar
            henkst

            Darwin se teorie bots lynreg met die letterlike vertolking van die Bybel se skeppingsverhaal soos in Genesis aangebied. Darwin se teorie het alle godsdiensvorms wat uit die Judaïsme voortgevloei het ongetwyfeld baie skade berokken, omdat dit impliseer dat lewe ʼn lukrake proses is met geen ander doel as die oorlewing van die sterkstes nie.
            Persoonlik vind ek meer aanklank by die Nordiese mites, en verwyt die katolieke vir hul kerstening van die Ariese stamme. Onderskryf jy die wandade van Karel die Grote tydens die kerstening van die Saksers?

          5. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Jy het nie my vraag beantwoord nie.

          6. henkst Avatar
            henkst

            Watter een van die vele Bybelse Godhede praat jy van?

          7. Dolk Avatar
            Dolk

            Dit raak net meer banaler… (My aanmerking oor die hom en brommer is NIE sonder meriete daar geskryf nie…)

          8. henkst Avatar
            henkst

            Wanneer ‘n mens Dolk sou uitvra oor die geskiedenis van ons voorouers, sal hy ongeveer 350 jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis kan opdiep. Daarna moontlik nog ’n bietjie Europese geskiedenis, maar verder terug in die verlede word hy vaag. Van hier spring hy in die ‘Bybelse tyd’ en eindig by Adam en Eva.

          9. Dolk Avatar
            Dolk

            Wenk, Henk? Die grootste kompliment vir my is wanneer iemand my onderskat… (Ek is 100% ernstig.)

          10. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Henkst, jy is vasgespin in al die mitologiee. het nie nou die tyd om te praat nie maar ALLES daaroor gelees. Got the t-shirt. Kies en glo, is al wat ek vir jou kan se. En Ja die Een God v.d. bybel het baie fasette wat vir jou onverklaarbaar gaan wees.

          11. Dolk Avatar
            Dolk

            Sy Woord, nie woord nie Leonor…

          12. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Tik Dolk tik…….Twee vakke gedop, tik en kuns.

          13. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek glo jou volkome – Helaas, ek het nie geleer tik nie – behalwe met twee vingers – soos ‘n skugter, skarrellende kriek met twee pootjies in ink gedoop!

          14. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Het jy nie ‘n pos gesien wat weer verdwyn het nie?

          15. Dolk Avatar
            Dolk

            Van jou? Nee Leonor – ek was uitdorpig – is tans besig om vir braai-kole te wag! 😉

          16. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Snaaksie!

          17. Dolk Avatar
            Dolk

            EREWOORD!

          18. Dolk Avatar
            Dolk

            Kuns? ~Snik!~ Kuns is ‘n sielsfees vir my. ;-))))

          19. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Maar nou kan ek skilder nie kuns maar mooi prentjies in olie! Het ook al geld gemaak. Maar my passie is statistiek. Sal eendag wys.

          20. Dolk Avatar
            Dolk

            Wonderlik! Foto’s asb.? Woorde, klei, olie en sketse my passie!

            So, jy ken die program OriginPro ook? 😉

          21. Dolk Avatar
            Dolk

            Daardie vier vrae is die vrae wat die Afrikaan of sy gelyke vra – in my hele tyd van bestaan het daardie vrae nie by my opgekom nie… (Aan Iemand: Moet ASB. nie dink dis neerhalend, nog meerwaardig bedoel nie!)

          22. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ook Nooit ooit by my nie!

          23. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis WONDERLIK om te lees…

          24. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Nee.

          25. Riempies Avatar
            Riempies

            Kort en saaklik “Nee” – Feestelik! – kom Henkst probeer
            bietjie vir Leonor ek vermoed sy gaan jou uitklop met n linker haakhou voor jy dit sien aankom of is jy liewer versigtig? ;-))

          26. Riempies Avatar
            Riempies

            Henkst – As jy waar praat t.o.v. van die aanpasbaarheid
            by ewolusie – kan ek diep asem haal en rustig raak net hier in my eie land Suid Afrika. (Dit hang natuurlik ook af vanuit watterhoek jy die aanpasbaarheid benader)
            My eie benadering is dat evolusie in die eerste instansie moet gebeur en dan in kronologies volgorde en nie n paar stappe oorgespring het nie. 😉

        2. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Speel gou wegkruipertjie met my kleinkinders en nee ek is nie sewentig nie. Sal nou antwoord.

        3. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Riempies, ek bedoel hier nou op aarde. Ek weet die bybel sê dat die stryd is nie teen vlees en bloed maar teen die magte van die duisternis in hierdie eeu.

          Soos julle by nou al besef ek glo dat DIE Adam die begin was vir die nageslag van God. Miga 2:15 en Lukas 3: 38 ….die seun van Adam, seun van God. Die vyandskap wat in die tuin van Eden deur God vas gestel is staan vir ewig. Dus die aanvalle en vervolging van die nageslag van Adam moet deur die die magte van die wereld bestuur word.

          Hierdie magte moet dus ‘n god hê wat hulle lei. Soos die bybel sê erken God ander gode wat in die werelddrama is. So, hierdie magte van die wereld moet deur hierdie gode inligting kry om hulle idees te verkondig maar nog meer, dit uit te voer.

          Die aanvalle op die konserwatiewe blankes kry reg oor die wereld geweldig momentum deur die menseregte wat die gevolg is van hierdie verstandlose aanbidding van die swarte. Die godsdiens van humanisme en menseregte is al vroeg in die vorige eeu gevestig. Die rede hoekom dit nou eers momentum kry was a.g.v. ‘n paar struikel blokke. Daardie struikelblokke was, let wel was en nie is nie, nasionalisme, bybels fundamentalisme en ras realisme.

          Die drie fronte is oor die laaste dekades vernietig. Nasionalisme is vervang met dieglobale eenheidsgevoel soos vergestalt in die aardverwarmings klug, die stryd teen globale terrorisme, die vereniging van Europa en die ongebreilde toelating van mmigrante in die westerse lande met die goedkeuring van die land se regerings. Daardeur is die volksgevoel van die mense verwaas na die gevoel van ‘n wêreld waar almal burgers is en almal moet saamwerk tot die redding en voortuitgang van die mensdom, nie jou eie volk eerste nie maar die wêreldbevolking waarvan jy nou eerste ‘n burger is.

          Bybels fundamentalisme is verguis, vertrap en jy wat die bybel lees sonder al die tierlanteintjies en opdissings deur die kerke is ‘n uitgeworpene. Die kerklike organisasies het eerstens toe in die god van liefde geskep, hande gevat met alle gelowe, toe die god van gelykheid, toe die god van belhar wat net die god is van die onderdruktes en armes en toe die god wat almal in die hemel
          toelaat. Dit vervat ook sommer rassisme en die oneindige definisies daarvan.

          Dit bring my nou tot die vraag, kan ons in die huidige wêreld met al die duisternis se magte enigsins ‘n hoop op ‘n vrye toekoms saam soos ons dit sien verwerf? Het hierdie stryd nie die aarde verlaat en moet voor die voete van God met ons Messias geveg word nie?

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Leonor Ek het jou mening gelees. Ek is nou onder
            druk met n tekort aan tyd en sal later vanaand of selfs moontlik eers more kan antwoord – jy het n mondvol kwyt geraak wat ek ook nie net lukraak of oppervlakkig wil antwoord nie. My verwysings-raamwerk is net die Bybel en jy noem egter dinge wat ek eers oor sal moet gaan oplees vir duidelikheid.

          2. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Piekfyn.

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Vergas my – so effens asb.? (Hehe!)

    2. Johann Theron Avatar
      Johann Theron

      Ons opsies raak interessant want ons het hier gekom op die rug van Europa. Die Westerse teenstand teen Moslems en Sjinese is in beginsel tot ons voordeel hier in Afrika. Maar multikulturalisme is teen minderhede, so wat moet ons nou doen? Kante verander? Dis baie moeiliker as wat dit lyk.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Nee nie op die rug van Europa nie – hoogtens met ons
        genetiese Europese erfenis het ons hier aangekom. Wat ons hier bereik het was op ons eie as groep en later as volk. Ons is en was nog nooit net n minderheidsgroep van iets nie – (minderheidgroep van wat?) – van meet af aan was ons die Afrikanervolk van Suid Afrika wat deur die hele wereld erken is.

  4. Sarie Avatar
    Sarie

    Boko Haram beteken Die Boek is verbode Daar is meer Christene op 9/11 in Nigerie dood as in die VSA miskien se dit vir ons van die magte wat daar besig is

  5. FR2P Avatar
    FR2P

    The Nigerian state is a shell, and Shell [the Anglo-Dutch transnational corporation] is the Nigerian state

Leave a Reply