EFF probeer ontwikkelingsplan in Mamelodi kaap met onrus

Oproer het Donderdag by Stoffel Park in Mamelodi-Oos uitgebreek. Die swart gebied lyk soos ‘n oorlogsone. Die oproer word deur die EFF gereël sê ‘n ANC-raadslid want daar is ‘n ontwikkelingsplan vir die lokasie en dit is deeglik gekommunikeer aan die inwoners. Die ANC sê die EFF wil soos die helde lyk as die ontwikkeling voltooi is

Lees verder: EFF probeer ontwikkelingsplan in Mamelodi kaap met onrus

AgangSA het R30 miljoen se kontantskenkings gehad

Die voormalige leier van AgangSA, Mamphela Ramphele, het R30 miljoen in kontantskenkings ontvang om die party te begin, sê ‘n woordvoerder. “Mamphela Ramphele het ‘n enorme bedrag ingesamel nadat sy die lengte en breedte van Suid-Afrika deurgereis het om steun vir ‘n nuwe party te kry, en sowat R30 miljoen in kontantskenkings suiwer gebaseer op haar

Lees verder: AgangSA het R30 miljoen se kontantskenkings gehad

Tradisionele leiers dreig met regstappe as inisiasiekole sluit

Tradisionele leiers het gedreig met regstappe teen die taakspan wat onwettige inisiasieskole wil sluit. Sowat 20 onwettige inisiasieskole is in die Sekhukhune-distrik in Limpopo gesluit, as deel van die regering se veldtog teen sulke onwettige skole. Die regering poog om sterftes tydens inisiasie te voorkom. ‘n Rekordaantal sterftes is reeds dié jaar aangemeld na rituele. Ouers

Lees verder: Tradisionele leiers dreig met regstappe as inisiasiekole sluit

Geen vordering in ondersoek na boer wat Maandag doodgeskiet is

Daar is nog geen vordering om die die swart aanvallers wat ‘n boer van Groblersdal doogeskiet het, vas te trek nie. Dit was die sesde plaasaanval in dié gebied in Limpopo. Die aanvallers is glo op die plaas afgelaai en weer opgelaai na die aanval. Rudolph Pretorius (54) is dood nadat hy Maandag in die

Lees verder: Geen vordering in ondersoek na boer wat Maandag doodgeskiet is

WGO: MIV buite beheer onder gays

MIV onder gay mans wêreldwyd is buite beheer sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Die WGO het aanbeveel dat selfs gesonde seksueel aktiewe gay mans ook antiretrovirale behandeling behoort te neem. “Die epidemie het gewoon ontplof,” het Gottfried Hirnschall, hoof van die WGO se MIV-departement, Vrydag in Genève, Switserland gesê. Volgens hom kan antiretrovirale medikasie sowel as kondome die kans om MIV op

Lees verder: WGO: MIV buite beheer onder gays

DA verwelkom besluit om De Kock se aansoek af te keur

Eugene De Kock sal ‘n aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om die minister van justisie en korrektiewe dienste, se weiering van sy vrylating op parool tersyde te laat stel. James Selfe, DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, het egter die minister se weiering om parool toe te staan verwelkom en gesê die korrekte prosedure is die slagoffers se familielede

Lees verder: DA verwelkom besluit om De Kock se aansoek af te keur

De Kock parool geweier

Die oud-Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, sal nie op parool vrygelaat word nie. De Kock is in 2013 deur die paroolraad aanbeveel vir vrylating. De Kock se vrylating sal vermoedelik te veel van ‘n vernedering vir De Klerk en sy trawante wees en hul openbare posisies ondermyn. Die minister van korrektiewe dienste, adv. Michael Masutha, het die

Lees verder: De Kock parool geweier

PRAAG loods TV-lisensieboikot

Dr. Dan Roodt van PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, het vanoggend aangekondig dat sy beweging voortaan die betaling van TV-lisensies gaan boikot. “Dit geskied nie soseer in reaksie op die aanstelling van ‘n nuwe bedryfshoof nie,” sê hy, “maar weens die volgehoue margninalisering van Afrikaanse programme, asook die naakte Boerehaatpropaganda wat soms uitgesaai word. Waarom moet

Lees verder: PRAAG loods TV-lisensieboikot