Tradisionele leiers dreig met regstappe as inisiasiekole sluit

Tradisionele leiers het gedreig met regstappe teen die taakspan wat onwettige inisiasieskole wil sluit.

Sowat 20 onwettige inisiasieskole is in die Sekhukhune-distrik in Limpopo gesluit, as deel van die regering se veldtog teen sulke onwettige skole.

Die regering poog om sterftes tydens inisiasie te voorkom. ‘n Rekordaantal sterftes is reeds dié jaar aangemeld na rituele.

Ouers in Limpopo moes besluit of hulle hul seuns gaan huis toe neem, hospitaal toe stuur of oorplaas na wettige inisiasieskole.

Talle swart ouers steun die onwettige skole.

Die voorsitter van die provinsiale inisiasie-taakspan, Malesela Dikgale ook gesê sommige tradisionele leiers het gedreig met regstappe teen die taakspan omdat dit hulle inkomste raak.

Hy sê hulle gaan nogtans die oorblywende onwettige skole in die distrik oor die naweek sluit, ten spyte van die teenstand.

Meer as 30 onwettige inisiasieskole in die gebied het opdrag gekry om te sluit.