Die oud-Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, sal nie op parool vrygelaat word nie.
De Kock is in 2013 deur die paroolraad aanbeveel vir vrylating.
De Kock se vrylating sal vermoedelik te veel van ‘n vernedering vir De Klerk en sy trawante wees en hul openbare posisies ondermyn.
Die minister van korrektiewe dienste, adv. Michael Masutha, het die aankondiging Donderdagoggend gedoen.
Die families van De Kock se “slagoffers” is glo nog nie “geraadpleeg” nie.
De Kock is sedert 1996 in die tronk waar hy twee lewenslange vonnisse en nog 212 jaar tronkstraf uitdien nadat hy bevele van De Klerk en die NP-regering uitgevoer het.
Sy vorige base het intussen die ANC omhels wat De Kock in ‘n netelige posisie stel en hom heeltemal uitgelewer het aan die genade van halssnoermoordenaars en terroriste.
Luidens ’n inskrywing op die departement van justisie se webwerf het De Kock aan die WVK gesê NP-sekurokrate het gedurende apartheid voetsoldate gebruik om hul vuilwerk te doen.
Hy het oudpres. FW de Klerk en genl. Johan Coetzee, voormalige polisiehoof, uitgesonder en gesê hulle het die polisie en die meeste wit mense in die land uitverkoop.
In 1979 is Coetzee opdrag gegee om Seksie C1 op die polisieplaas Vlakplaas, aan die westelike buitewyke van Pretoria, te begin.
Coetzee se swart askari’s het ANC-terroriste wat nie geweld wou afsweer nie en halssnoermoorde gepleeg het, aan die pen laat ry.
In geen ander beskaafde Westerse land is iemand van sy status in dieselfde posisie geplaas nie.
In Frankryk het generaal Paul Aussaresses wat honderde moorde in die Algeryne oorlog gepleeg het, en dit openlik erken het, slegs sy treinkonsessie van die staat verloor om gratis te reis.

Nee natuurlik sal hy in die tronk bly want sy vriend is Poe.p Gatkramp, die ANC dwis wat sal sorg dat hy sit want FW en sy drekgespuis het tot op die swartes en die Rooinekke se tyres en vuurhoutjies vlak gedaal
fw moet pa staan vir hierdie gemors.
Waarom moet die families geraadpleeg word, dieselfde met Oom Clive se geval.
Is die onderskeie families van die terroriste-bomme gekonsulteer, McBride, ens.
Gas, dis juis wat ek nie verstaan nie: Piet Kopdoek beywer hom al jare vir Eugene se vrylating. Nou is hy tjoepstil?
https://www.facebook.com/beeldaanlyn/posts/104566742952498
Wil net daarop wys dat dit ou ( 2011) berig is
Hulle is te bang vir wat De Kock weet – daarom laat hulle hom nie vry nie. Ek hoop iemand dokumenteer dit wat De Kock weet.
mag FW se agterent deur die vlooie van n miljoen kamele geinvesteer word
Julle gewetes gaan julle nog vrek maak fw, vlokkie, pikkie, wessels, meyer, barnard, …
Haal Praag aan: Die families van De Kock se “slagoffers” is glo nog nie “geraadpleeg” nie.
Hier word agter ‘n deursigtige karos bestaande uit nie eens grashalmpie nie geskuil.
Die vraag is: Daardie Swarte wat Nic Fourie, ‘n Wolfaardt en nog iemand in die Bop-walgooi in koelen bloeden ten aanskoue van wêreldtelevisie doodgeskiet het en later gemedaljeer is en gepardoneer is deur die Tutu-kommissie, is daardie drie BKA-lede se families in die verering en kwytskelding geken?
Daardie terroris wat die bom voor Ellispark se rugbystadion geplant en twee van ons mense aan stukke geskiet het en vir sy “heldedaad” ‘n kolonel in die Nuwe Suid-Afrika gemaak is, is daardie twee slagoffers se familielede in die verering geken?
Daardie terroriste wat die Johannesburgse landdroshof gesaboteer en hoeveel mense se dood veroorsaak het, in hul vrywaringsproses?- is die naasbestaandes van daardie slagoffers geken? Is daar enige kontroleerbare rekords om ons te vergewis juis hoe daardie amnestieproses verloop het?
Dan is daar McBride en Maggoos Bar en meer waarby McBride betrokke was. En hy word sommer in ‘n stadium deur die ANC-regime tot Oos-Rand se polisiehoof bevorder. Is die naasbestaandes van Magoos Bar se slagoffers geken in Mc Bride se kwytskelding en aanstelling?
A! hoor ons. Maar dis mos hoe oeboentoe werk! Lekker eenrigtingverkeer ten gunste van ANC-terroriste en vir die Swartes wat amnestie en parool betref.
Waar is al daardie NG predikante wat ons so bepreek het met die lieflike beginsels van Afrika-oeboentoe. Die witmense, en ook FW en sy comrades skoon in beswyming gehad met Oeboentoe 1 vers madiba. So erg dat daar ‘n oeboentoe-bylae vir die 1994-grondwet was.
Verstaan u ook nou waarom ons hierdie twak van terrorsiste wat ons weerloses op plase of waar ook al aanval, vermink en vermoor, wat so deur predikante en naasbestaandes van slagoffers om die hals geval en vertel word ons vergewe julle vir julle minagting van ons mense se lewens en eiendom, moet vertel, hokaai, ons weet emosies loop hoog, maar hier is ander dinge ook ter sake? En hoekom Naarpers en Beeld en SABC TV so graag saamspeel en hierdie om-die- hals-vallery wêreldkundig maak ? Dis deel van oeboentoe en regstellende geregtigheid. Daardie Swart regter gaan dankbaar daarvan in sy vonnisoplegging kennis neem.
Vir Eugene en Clive en hul families kan ons maar net sterkte toewens. Ons weet dis ‘n bitter stryd wat julle voer.
More Anneries,
mag ek hier by jou aansluit, Wat het geword van al die predikante wat so plegtig om verskoning gevra het, en een van hulle, ek kan nou nie meer sy naam onthou nie, wat ek dink Sam Shilowa(hoop dis reg gespel) se foete gewas het. wat van al daardie “bekentenisse” of noem dit net wat jy wil. N GROOT VET NIKS. Hy wie se voete gewas was is ook maar vrek stil. Haal hy nog asem.
Ek sal nogal graag wil sien hoe dit sal lyk as mr zumiezum of mal ema so op hul knieë gaan voor n witman en sy voete was.
HA HA nooit sal ons dit sien nie. Hulle weet in elk geval nie wat dit beteken nie.
Ek is skaam vir niks. Ek het net n beleidenis te doen voor my Skepper. Dit is dit.
Ek vra om verskoning. Dit was nie Sam se voete wat gewas is nie dit was n pastoor of n eerw. en ek kan nou vervlaks nie op sy naam kom nie. Ek hoop Trippie of Riempies sal die ou kêrel se geheue help verfris. (:-))
Adriaan Vlok het Frank Chikane se pote gewas. Dis bekotsenswaardig.
Dis reg Trippie, ek staan nou net daar in die kombuis om die skottelgoed te was toe skiet die naam my te binne.
Man maar ek voel trots op myself. Dankie in elk geval vir Adriaan se naam, die kon ek net nie onthou nie. Jy is n ster.
(:->)
Weet jy dalk waar is ou Frankie. Hy swyg darem soos die graf hoor, pleks dat hy bietjie laat weet wat is sy sienswyses op hierdie stadium van die gestoei in die parlement, wie het die mooiste overall en beret . HE HE.
Ek glo nie ons besef hoe die voormalige Romeins-Hiollandse en Engelse regstelsel in die land al verknoei is sedert, ag ja, al voor die Uitvoerende Oorgangsraad (UOR) in 1993 onwettig die bewind in die land in die hande gekry het nie.
Al in PW se tyd is daar dusende Swart misdadigers voortydig uit die tronk gelaat (met die implikasies vir bv. parool en die paroolstelsel). Die KP het destyds hierdie verkorte tronkstraf deur PW sommer “misdaadvakansies” genoem.
In hierdie harwar, ook nou met Eugene en Clive – en elkeen van ons manne in die tronk – moet ons ook nog worstel met paroolvergunnings en amnestievergunnings (dankie oorle Kobie Coetsee, wat toe hy die gemors wat hy aangevang het met die amnestiewetgewing, besluit het om ‘n hartaanval te kry), en die onderskeid onthou.
Ja, ons moet fyn loop in die pietersielie terwyl die ANC-terreurbende vinnig gespeel het deur ANC-terroriste sommer so in hul dosyne deur die amnestiestelsel te sit.
Ek merk op FW de Klerk se stigting se webbbladsy op die klaagtone oor die ANC se blatante diskriminasie teen Eugene en Blanke “politieke oortreders” styg ook op. Maar amper nie. De Klerk se Britse hanteerder, Steward, skryf daar in ‘n artikel hoe daar tog asseblief deur die Swart kommuniste na “Plan A” terug gekeer moet word (dis nou na aanleiding van Frans Cronjé wat in Rapport in ‘n artikel vra of ons ‘n Plan B het om op terug te val), noudat wanorde ons klaarblyklike voorland is, hierdie “Plan A” die finale 1996-oorgawe, anders bekend as die land se grondwet.
Na alles: analiseer kan ons analiseer en lykskouings hou, ook wat die behandeling van ons mense wat in die tronk is weens hul politieke oortuigings betref. Maar op een of ander tyd sal daar na ‘n konsensusposisie tussen Afrikaners beweeg moet word wat hierdie skreiende diskriminasie betref.
Die vraag is hoe gaan ons daardie konsensusposisie inklee, ‘n posisie wat weens die justisiële aard daarvan nogal heel duidelik omlyn kan word, behoudende Afrikaners is van die voorste reggeleerdes in die land. Maw: In so ‘n konsensusposisie moet daar ‘n duidelike streep in die sand getrek word wat ook vir dadelike optrede voorsiening maak.
Kyk Anneries, hierdie is nou spreekwoordelik n Bekvol. Jy het insae in aspekte en onthou dinge baie skerper as ek.
Ek moet ruiterlik bely ek was nooit so met politiek, en die geknoei, betrokke soos tans nie. Ek dink die rekenaar het baie van die goed nou tot in ons huise ingedra, en is ons wat waarlik omgee , genoodsaak om betrokke te raak en ingelig te wees oor wat daar buite in die wandelgange van ons samelewing aangaan.
Ons kan net nie meer sê ek stel nie belang of ek hou nie van lees nie of die politiek maak my moeg nie. Dan moet daardie persoon sy mond dig toehou by die braai en in die klub.
As ons enigsins ernstig is oor die behoud van ons volk, sal ons moet wakker slaap en ingelig raak, en nou praat ek veral van ons jong generasie.
Daar sal beslis n nasie/volkstrots moet groei onder ons, en ek dink die verantwoordelikheid lê ook swaar by ons ouer garde veral wanneer dit kom by volksmusiek eie aan die afrikaner.
Weereens baie dankie vir jou lekker stuk kommentaar en ek glo baie praag lesers sal dit lees en die manne in die gesags posisies sal iets hiermee doen.
Sunette Bridgess moet ook sommer Die Stem sing by haar optredes.
Laat weet haar. Ons ondersteun dit.
Ek glo dat sy dit sonder aanmoediging buitendien sal doen.
Parmantige Boere Meisie daardie.
Ek het hierdie al tevore geskryf, maar ek glo dis die moeite werd vir Praag-lesers om weer daarvan kennis te neem. En dalk het ‘n Praag-leser êrens ‘n Hansard met daardie kort sitting van Desember 1993 se parlement se toesprake waartydens Coetsee se amnestiewetgewing inderhaas deur parlement geboender is sodat die dik tapyte vir die ANC-uitgewekenes uitgerol kon word.
Ek vermoed dalk is daar ‘n les of twee vir ons in daardie aangetekende toesprake opgeteken wat Clive maar ook Eugene se haglike posisies in ANC-aanhouding betref.
Dalk lees u die aanmatiging van Coetsee in daardie toesprake as minister ook raak, veral soos ek dit een aandsitting van die Parlement (in die ou Volksraad) beleef het, Coetsee wat selfs teen ‘n NP-Parlmentslid losgestrek het.
In daardie Hansard sal u Jurg Prinsloo, destyds KP-woordvoerder oor justisie, se vergeefs pleidooi aan Coetsee en die NP-regime vind dat hulle besig is om in die wind te saai met daardie swak amnestiewetgewing en dat dit die Afrikanervolk sou wees wat die storm maai. Ek kan ongelukkig nie die ander KP-deelnemers aan daardie debat onthou nie maar vermoed dat dit Schalk Pienaar (Soutpansberg) en Fanie Jacobs (Losberg) was.
Eintlik is ek nou baie nuuskierig oor wat daardie manne destyds alles gesê het, hoe hulle dit presies gestel het!
Mens dit sal darem nou interressant wees hoor. Dan moet mens dit net aan De Kock se regsverteenwoordiger gee.
Dan spat die vonke hoor.
Baie geluk Front Nasionaal met die nuwe wapenskild. Dit lyk sommer pragtig!
Dit vertoon heel goed. Is daar n betekenis tov die kleure wat gebruik is?
Ek sien Rooi, Blou en Wit.
Was Oranje ook oorweeg? Ek vra bloot uit belangstelling.
Gaan dit ook finale nuwe Wapenskild wees, of was dit geplaas om te verneem wat die reaksie daarop gaan wees.
Goeie vrae. Wat is die antwoorde?
Carel dink jy Dr Dan sal vir ons dit uiteensit? moet ons/ek hom dalk direk nader. Sal graag wou hoor.
Baie vreemd dat ‘n VF+ ondersteuner hom bekommer oor die FN. Het jy van party verander?
As jy wil weet, met die afgelope verkiesing het my sentiment nog by die VF+ gelê. Tans is ek by geen party nie, en geniet die vibrasies hier by praag. Ek hoop nie jy gee om nie want ek wil niemand beledig met my teenwoordigheid nie. Ek is bereid om te onttrek as dit die algemene gevoel van die praag lesers en natuurlik ook die GASTE is.
TOTSIENS vir eers.
Mmmm, lekker uitgevang. Dit gebeur as ‘n mens so praatsiek is
Wonderlik. Ek vertrou ek het jou dag vir jou gemaak. Sterkte met al jou kommentare hier by Praag.
Meer seggend as jou niks seggende gebabbel!
Dit is nogal veelseggend wanneer mede AFRIKANERS mekaar so kan afkraak , en dit van agter n masker, omdat hulle hulself daardie reg toe-eien, en omdat hulle van mening is dat hulle beter is as die volgende persoon.
Wees asseblief versigtig hoe u beledigings rondslinger soos wat dit u pas.
Ek versoek u dan nou om verdere vertoë aan Praag of Dr Dan te rig sou u my van Praag verwyder wou kry.
Ek beskou die saak nou as afgehandel.
Nou-ja toe, ek lees Max du Preez reken ook Eugene moes parool gekry het.
Heilsame invloed van n universiteit met integriteit. ;-))
Moet nie vir my se die aartskommunis kry n “gewetensaanval” nie….
Eric, sy sienswyses het n geruime tyd terug al n wending geneem. Hy is gladnie meer so in sy noppies met die toedrag van sake nie.
Linkse agteros ook in die kraal? Wil ons hom daar hê?
Miskien nie. Draai hy dalk ook sy mantel na die wind? Ope vraag nê.
Maar as n man daadwerklik tot ander insigte gekom het, en sy oë het oop gegaan, gaan jy hom dan nog steeds in die tande skop!
Ek gaan hom bitter moelik vertrou.
Wanneer ‘n pofadder se tongetjie jou hand saggies kielie, moet jy dit nie as ‘n speelse gebaar beskou nie…
Al krul ‘n mamba soos ‘n skattige katjie op jou skoot op beteken dit nie dat jy sy ken kan krap, asof dit skielik een is nie. Sou jy, sou jy ‘n duur les leer – wat jy nie sal vergeet nie.
So is die natuur van ‘n verraderlike politikus…
Nou-ja daar het jy dit nou – klaar gewoond om betaal te word vir “beginsels”.
Adriaan Vlok as destydse Minister van Polisie en Korruptiewe Dienste moet ook pa-staan.
Maar sommige politici, veral wit/blanke en Afrikanerpolitici, se vermoë om sommer oornag soos ‘n verkleurmannetjie van kleur te verander en enige kleur onder die son aan te neem, ken geen einde. Neem nou maar mnr Adriaan Vlok. Toe hy nog NP LP vir VERWOERDBURG was, het hy in sy laaste jare van verraad teen die Afrikanervolk gesê dat daar iets anders in die plek van Apartheid moes kom. Die iets anders was toe niks anders as ‘n swart ANC/SAKP-regering wat die Afrikanervolk ad infinitum sou onderdruk en verkleineer nie! Mnr Vlok se vermoë tot veelkleurigheid blyk veral uit die volgende:
•Hy was eers ultra vêr regs toe hy in 1974 nie wou toelaat dat Kleurlinge en ander groepe in die blanke parlement van destyds sitting kry nie;
•Hy was vêr regs toe hy destyds gekant was teen die aftakeling van die Wet op Gemengde Huwelike, die Groepsgebiedewet ens.;
•Hy was konserwatief regs toe hy in 1978 die kanditatuur van wyle dr Connie Mulder vir Eerste Minister gesteun het;
•Hy was links-liberaal toe hy gedurende 1983 mense aangemoedig het om “ja” te stem in die referendum omdat ‘n “nee” sou beteken dat die “foute van die verlede” herhaal en voortgesit sal word;
•Hy was vêr links toe hy gedurende 1989 en nà mnr F W de Klerk staatspresident geword het, as hoofspreekbuis na vore getree het teen Apartheid, wat hy voorheen so gekoester het as die enigste uitweg indien die blanke in dié land wil oorleef; en
•Nà 2 Februarie 1990 toe mnr F W de Klerk sy sg Rooi Vrydagtoespraak gelewer het, voel hy hom sommer tuis by die ANC/SAKP en ander vyande van die blanke/witman/Afrikaner.
•Ná 1994 het hy ook as oud-LP die gedagte van ‘n naamsverandering vir VERWOERDBURG op ‘n slinkse manier onder die destydse sg. Sakegemeenskap geplant.
Nog baie kan vermeld word maar die belangrikste van alles is seker die agterbakse rol wat hy in die NP gespeel het deur nooit tydens algemene verkiesings, maar veral voor die referendum van 17 Maart 1992, nie vir die kiesers vertel het dat:
•Nelson Mandela vrygelaat gaan word en ‘n swart ANC/SAKP toegelaat gaan word om die land en al sy volkere te regeer nie;
•Die SAKP en alle ander terroriste-organisasies ontban en toegelaat gaan word om saam met die ANC ons eens rustige samelewing te ontwrig deur stakings, massa-aksies en talle ander onwettige dade nie;
•Die ANC/SAKP toegelaat gaan word om ons veiligheidsmagte te infiltreer nie;
•Rade ingestel gaan word om die SAW en die SAP saam met die groot geldmag te monitor nie;
•MK-lede in die SAW en SAP opgeneem gaan word nie;
•MK ongehinderd toegelaat gaan word met die opberging van wapens wat hulle teen onskuldige blankes gaan gebruik nie;
•Blanke skole en woonbuurtes in ‘n krisis gedompel gaan word deur dit vir alle kleure en geure oop te stel nie;
•Blanke onderwysers en werkers in ander sektore by hulle duisende afgedank gaan word nie;
•Blanke wapenbesit ingeperk gaan word nie;
•Blankes se geld en eiendom gebruik gaan word vir sg “affirmative action”, swartbemagtiging ens., nie;
•Ons godsdienstige en geskiedkundige vakansiedae van ons weggeneem gaan word nie;
•ens., ens., ens., ens.
So kan mens aangaan en voorbeelde noem hoe en die NP van destyds die blanke maar spesifiek die Afrikaner kieserskorps as “useful idiots” misbruik het. Mens wonder dus of mnr Vlok se vergifnisse, belydenisse en gebiegery nie dalk beteken dat hy weer van kleur wil verander deur om nou by die ANC en selfs die SAKP te wil aansluit nie? (Dit is seker selfs nie verregaande om in die lig van mnr Vlok se optrede in die verlede die afleiding te maak dat hy reeds lid van die ANC en/of die SAKP is nie!)
Hulle sal egter ‘n fatale fout maak om mnr Adriaan Vlok as lid te aanvaar want môre, oormôre, of dalk nog vroeër, kan hy omdraai en van kleur verander en ook soos ‘n adderjan in hul boesem dieselfde met hulle doen as wat hy met die Afrikanervolk gedoen het, nl om ons deur d m v misleiding en bedrog te verraai!
Voorwaar sommige politici, veral wit/blanke en Afrikanerpolitici, se vermoë om sommer oornag soos ‘n verkleurmannetjie van kleur te verander en enige kleur onder die son aan te neem, ken geen einde. Hiervan is mnr Adriaan Vlok ‘n sprekende voorbeeld. Geen wonder dat die eertydse ANC- president, Nelson Mandela, tydens sy ampstermyn ‘n uitlating oor hierdie aangeleentheid gemaak het nie. Hy het o a gesê: WHEN THE WHITE MAN CHANGES HE REALLY CHANGES!
Net snaaks dat politici soos mnr Adriaan Vlok nooit ‘n skuldige gewete het oor wat hy en sy mede volksverrraaiers aan hul eie volk gedoen het nie en dat hulle dit nooit sal oorweeg om skuldbelydenisse en vergifnisse teenoor die Afrikanervolk te maak en diegene se voete in ‘n gees van vergefnis te was nie! Die Bybelversie: EK HET TEENOOR JOU/JULLE EN DIE HERE GESONDIG, sal natuurlik nooit oor hulle lippe gehoor word nie, want dit is nie van toepassing teenoor hul eie volksgenote nie maar slegs teenoor die vyand!
Miskien geld die Engelse spreekwoord in mnr Vlok se geval: birds of the same feather, VLOK, together!
Dankie vir dié puik Geskiedenis-les … gratis op praag
Die ou tweegatjakkals se kroos was saam met my op laerskool. (Eers was na die opgooi)
Ek reken hy het maar heeltyd gedoen wat sy base hom gesê het – geen eie gedagtes, inbors of veg vir iets waarvoor jy staan nie. Letterlik maar ‘n gras in ‘n stormwind wat doen wat die wind vir jou sê. Ek neem aan hy was ‘n broederboner of ‘n messelaar of so iets- sal nie weet nie maar dit is die enigtste ding in my kop wat vir my kan sin maak uit so ‘n rigtinglose geflap.
Dis moeilik om van jou te verskil Gert. Die hartseer feit is egter dat die Afrikaners vir hierdie katastrofiese besluit gestem het. As De Klerk en Vlok en genote die Afrikaners as nuttige idiiote misbruik het, was dit omdat hulle inderdaad nuttige idiote was. Dit is trouens ook die rede waarom so baie Afrikaners vandag of ongeërg staan teenoor ons situasie of daarmee saamgaan of die Afrikaner probeer afbreek, of die bietjie wat van Afrikanerskap oorgebly het probeer afbreek. Hulle wéét hulle het daarvor gestem en dat hulle nou met die resultaat moet saamleef. Ons uitdaging is om hulle te probeer oortuig dat hulle nie noodwendig vir alle tye die slagoffers hoef te bly van hulle eie sotterny nie.
Om iemand te oortuig na 20 jaar se barbaarse-sotterny, aftakeling, roof en moorde – wat hulle selfs PERSOONLIK aanskou, is NIE moontlik nie Karel… ‘n Dwaas verander eenvoudig nie van sy/haar dwaalweë nie… ‘n Blinde kan nie sommer net begin sien nie… Dit kos ‘n wonderwerk…
Onthou Lot se vrou…? Hulle is presies soos sy was! Hulle sal as makabere soutpilare saam met hierdie huidige regering val…
Twee gasse?