Kurt Darren het Maandag ‘n ope brief aan sy ondersteuners en die publiek gerig na kritiek omdat hy by die ANC se inhuldingsvieringe opgetree het. Veral wit DA-ondersteuners het Darren op webwerwe en sosiale media geroskam. Jong swart ANC-ondersteuners het egter onder die Twitter-naam ANC Our Party agter Darren gestaan. Hy het ook ondersteuning op Twitter gekry
Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe
Die polisie in Kaapstad ondersoek ‘n saak van poging tot moord ná die skietery gisteraand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe waarin een persoon dood en drie gewond is, het RSG berig. Volgens `n polisiewoordvoerder, Kaptein Frederick van Wyk het `n drie-en-dertig-jarige polisieman drie mense by `n restaurant op die lughawe gewond voordat hy homself geskiet
Lees verder: Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe
Minister moet besluit oor Eugene de Kock
Die Noord Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha moet besluit of die voormalige bevelvoerder van die polisie se Vlakplaas-eenheid, op parool vrygelaat sal word. Regter Thokozile Masipa het beslis dat die minister die besluit moet neem of Eugene de Kok na twee dekades in die tronk op parool
Minister waarsku platinumbestuur oor salarisinkortings
Die minister van Minerale Hulpbronne, Ngoako Ramathlodi sê hy sien mislukking om arbeidsprobleme in die platinumgordel op te los nie as ‘n opsie nie. Lede van die mynwerkersvakbond, Amcu staak sedert 23 Januarie by die mynmaatskappye, Lonmin, Impala Platinum en Anglo American Platinum. Die staking kos die land reeds miljarde en het byna ‘n algehele
Lees verder: Minister waarsku platinumbestuur oor salarisinkortings
Sweedse Demokrate ontvang twee setels in Europarlement
Die Sweedse Demokrate, wat saam met die Franse Front National, die Vlaams Belang en ander partye deel van die regse groepering in die Europese Parlement gaan uitmaak, het twee setels in Straatsburg, waar die parlement geleë is, ontvang. Dié kleiner Sweedse party het in die pas afgelope Europese verkiesing sy steun vanaf 5 persent tot
Lees verder: Sweedse Demokrate ontvang twee setels in Europarlement
Bloemhof in greep van diarree-uitbraak
Bloemhof in Noordwes is tans in die greep van ‘n diarree-uitbraak. Die dorp ondervind al reeds geruime tyd probleme met skoon water. Verskeie leerders is van die skool af huistoe gestuur vir mediese hulp nadat hulle simptome van die siekte begin toon het, het RSG berig. Daar word vermoed dat die siekte die gevolg is
Zim moet soveel kinders as moontlik maak sê regeringslid
Die Registrateur-generaal, Tobaiwa Mudede het Zimbabwiërs aangeraai om voorbehoedmiddels te staak. Hy het gesê voorbehoedmiddels is ‘n slenter deur magtige Westerse lande om bevolkingsgroei te vertraag in Afrika en sodoende die kontinent te verswak. Mudede het gesê voorbehoedmiddels lei tot pandemiese siektes soos kanker, veral in vroue. Hy het voor kerklike gemeentelede ter herdenking van
Lees verder: Zim moet soveel kinders as moontlik maak sê regeringslid
Platinastakings laat ekonomie in eerste kwartaal krimp
Die stakings by platinamyne het nie net die grootste daling in mynbou-aktiwiteit in vyftig jaar veroorsaak nie, maar ook die hele Suid-Afrikaanse ekonomie met 0,6 persent in die eerste kwartaal laat daal. Die inkrimping in mynbou- en steengroef-aktiwiteit is 24,7 persent. Sommige ekonome voorspel reeds ‘n resessie aangesien die dispuut oor lone in die platinumgordel
Lees verder: Platinastakings laat ekonomie in eerste kwartaal krimp
Voorstelle om bates teen die staat te beskerm
Dawie Roodt skryf onlangs dat eiendomsreg gerespekteer moet word, maar dat die staat dikwels nie daartoe verbind wil wees nie. BESKERM JOU BATES TEEN DIE STAAT. Dawie Roodt is hoofekonoom van Efficient Group en hy het die volgende die afgelope naweek geskryf: Moet jy dalk huur eerder as koop? Dawie Roodt sê
2 tussenverkiesings vind in Wes-Kaap plaas
RSG berig dat daar vandag twee tussenverkiesings in die Wes-Kaap plaasvind, een in Kaapstad en die ander een in die Matzikamamunisipaliteit op Vredendal. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê stembusse sal oop wees van sewe-uur die oggend tot nege-uur die aand. Die OVK se hoof in die Wes-Kaap. Courtney Sampson, sê bykans 60-duisend kiesers is in die
