Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang

Die Universiteit van die Vrystaat het nog nie ‘n plaasvervanger vir die omstrede voormalige studentedekaan Rudi Buys gekry nie. Dit is bevestig aan OFM-nuus deur die Universiteit se woordvoerder, Lacea Loader.   In ‘n e-pos reaksie op ‘n navraag het Loader bevestig dat ‘n besluit nog nie geneem is nie, en bygevoeg dat Cornelia Faasen

Lees verder: Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang

Kriekethoof ontken ras-besluit

Die uitvoerende hoof van KrieketSA, Haroon Lorgat het berigte ontken dat hy ‘n sms aan die Proteas-afrigter gestuur het om ‘n speler van kleur in die halfeindstryd van die Wêreldbekerreeks in te sluit. Volgens koerantberigte het Lorgat teen een-uur die oggend die sms aan Russel Domingo gestuur om na bewering tussen sekere spelers te kies.

Lees verder: Kriekethoof ontken ras-besluit

Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Motoriste­ in die Wes-Kaap sal drie keer meer tolgeld moet betaal as in Gauteng­ vir Sanral se beplande­ N1- en N2-Wynland-­tolprojek. Die Kaapse stadsraad­ en Sanral se geding oor geheimhouding wat die tolprojek betref, is in die appèlhof­ in Bloemfontein openbaar gemaak. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vroeër beslis dat die inligting­ geheim gehou kan word,

Lees verder: Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme

Die Franse ondersoekagentskap BEA, wat veiligheidsmaatreëls ondersoek wat tot die vliegramp kon gelei het, het die week gesê hulle fokus op die Germanwings-stuurkajuit se sluitmeganisme sowel as psigologiese evaluerings. BEA probeer om die geskiedenis van die vlug te herkonstruktureer van die stuurkajuit se stemopnemer, een van die twee vlugopnemers wat dusver gevind is. Die tweede

Lees verder: Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme

‘Alle blanke monumente teen 1 Mei verwyder’ – ANC

Die ANC-regering het gisteraand tydens ‘n spesiale kabinetsitting in Tshwane besluit dat alle “apartheids- en koloniale monumente” teen Werkersdag, 1 Mei, verwyder moet wees”. Dit sluit standbeelde van Paul Kruger, Jan Smuts, Louis Botha, Cecil John Rhodes en koningin Victoria in. Selfs die Danie Theron-gedenkteken op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom, verkeer op die

Lees verder: ‘Alle blanke monumente teen 1 Mei verwyder’ – ANC

Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibië

’n Hoëvlak militêre afvaar­diging uit China onder leiding van dié land se minister van ver­dediging, genl. Chang Wanquan, is in Namibië om die twee lande se bi­laterale samewerking op militêre gebied te verstewig. Die besoek kom midde kommer in die internasionale gemeenskap oor hardnekkige gerugte van ’n Chinese vlootbasis wat by Walvisbaai opgerig gaan word,

Lees verder: Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibië

Waar is Transnetpensioenfonds se bates?

‘n Groep van sowat 250 Transnet-pensioentrekkers het ‘n memorandum met griewe aan die kantoor van President Jacob Zuma oorhandig, na ‘n optog na die Uniegebou. Die pensioentrekkers beskuldig die raad van Transnet daarvan dat hulle die pensioenfonds se bates gestroop het. Hulle beweer dat die fonds wanbestuur is tot so ‘n mate dat verpligtinge aan

Lees verder: Waar is Transnetpensioenfonds se bates?

Buitelanders in rep en roer oor Zoeloekoning se aanmerking

Meer as ‘n honderd buitelanders het by die polisiestasie op Isipingo in KwaZulu-Natal saamgedrom om aanklagte van aanranding en intimidasie in te dien, nadat tien van hulle winkels in die dorp, suid van Durban, geplunder is. Hulle sê dit is veroorsaak deur Koning Goodwill Zwelithini se aanmerking dat hulle die land behoort te verlaat, het

Lees verder: Buitelanders in rep en roer oor Zoeloekoning se aanmerking

Het failliet van de democratie en de natiestaat in Afrika

Sinds de Franse Revolutie kwam er een einde aan de absolute monarchieën, waarbij despoten beslisten over het lot van hun onderdanen. Langzaam maar zeker trad het principe van één man één stem op de voorgrond. In Europa ging dat stelselmatig via een getrapt systeem waarbij men rekening hield met het geslacht, inkomen en gezinssituatie van

Lees verder: Het failliet van de democratie en de natiestaat in Afrika

Vavi teen die toue

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, gaan sy skorsing uit die vakbondfederasie beveg. Cosatu se sentrale uitvoerende komitee het gisteraand vergader. Die komitee moes ‘n spesiale vergadering hou om te stem oor Vavi se toekoms. Die skorsing is nog nie deur Cosatu bevestig nie, maar ‘n mediakonferensie is vir 12uur vanmiddag geskeduleer. Die vakbondfederasie het ‘n

Lees verder: Vavi teen die toue