Metrorail in die Wes-Kaap sê hy het begin om strenger veiligheidsmaatreëls in te stel in ‘n poging om die vandalisme op treine hok te slaan. Treine tussen Stellenbosch en Klapmuts in die Wes-Kaap kon Donderdagmiddag weens hernude brandstigting by Muldersvlei nie loop nie. Die Muldersvlei-stasie verbind Stellenbosch met Paarl en Wellington. Die agentskap het samesprekings
Kwaadwillige gerugte oor Parys-plaasaanval versprei
ANC-handlangers is skynbaar besig met ‘n onverbloemde heksejag teen wit mans wat hulself wou beskerm teen swart plaasaanvallers. Elf wit mans, waaronder ‘n 17-jarige seun en ‘n polisiebeampte, verskyn vandag in die Parys-landdroshof in verband met die moord op twee vermeende swart plaasaanvallers. Die mans, meestal boere, het na bewering vir Samuel Tjixa en Simon
Lees verder: Kwaadwillige gerugte oor Parys-plaasaanval versprei
Twitter herontwerp 140 karakter-ruimte
Twitter se 140-karakterperk in hul twiets sal aangepas word om effens langer boodskappe toe te laat. Die maatskappy spreek egter net “een simptoom” van hul grootste uitdaging aan: Die groei van sy gehoor, wat in die afgelope jaar afgeplat het. Twitter se probleme om nuwe gebruikers lok en te behou sal nie opgelos word met
Grondgrypwetsontwerp aanvaar
Die gevreesde Onteieningswetsontwerp is Donderdag deur die parlement aanvaar met die wysigings wat deur die Nasionale Raad van Provinsies aangebring is. Al die opposisiepartye behalwe die EFF het daarteen gestem. Pres. Zuma het die tweede fase van grondgryp wat sal binnekort begin, geloof as die einde van armoede. Die minister het dus die mag verkry
‘n Turksvy neffens die EU
Mev Angela Merkel is vinnig besig om die vrot appel van Europa te word in haar strewe om die nuwe Sultan van Turkye Recep Tayyip Erdogan ter wille te wees. Turkye se opportunistiese uitbuiting van Mev Merkel se ruggraatloosheid word by die dag meer aktueel en van sleutelbelang vir die veiligheid en voortbestaan van Europa
Nog ‘n dag van amok in Durban, Johannesburg
Oproeriges het Maandag Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal tot stilstand gedwing. Die oproermakers versper paaie met vullis, en sake-ondernemings en skole moes sluit weens dreigemente van geweld. Inwoners is glo ontevrede oor swak dienslewering, veral ‘n tekort aan water. Twaalf mense wat vroeër in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, verskyn vandag
Oliefonds en polisiebegroting geplunder
Die Sentrale Energiefonds het sy verkope van olie verdedig, en sê Suid-Afrika het toegang tot 90 dae se brent ru-olie reserwes. Die Fonds het gereageer op ‘n berig deur die Business Day-koerant dat die fonds tien miljoen vate ru-olie in ‘n geslote transaksie verkoop het sonder om toestemming van die Nasionale Tesourie te kry. Die
Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek
Oproeriges het berede polisie met klippe bestook en brande gestig buite ’n saamtrek wat Donald Trump in Albequerque in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko toegespreek het. Woensdagaand het Meksikane Amerikaanse vlae aan die brand gesteek en hul eie vlae rondgeswaai saam met anti-Trump-betogers buite die lokaal waar Trump gepraat het. Die oproeriges het met polisielede slaags
Lees verder: Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek
Taliban kies nuwe leier ná VSA-aanval
Die Taliban in Afganistan het gister sy nuwe leier aangewys nadat die vorige leier, Moellah Akhtar Mansoer, Saterdag in ’n Amerikaanse lugaanval dood is. Haibatoellah Akhoenzada, wat adjunkleier was, is as die nuwe leier aangewys, het Reuters berig. Hy is ook die voormalige hoof van die Talibanse regbank. Pres. Barack Obama het Maandag bevestig Mansour
EgyptAir het glo skerp geswenk sê Griekse lugbeheer
Die hoof van Egipte se forensiese owerheid het ’n gevolgtrekking verwerp dat slegs klein stukkies liggaamsdele ná die EgyptAir-ramp gevind is omdat ’n ontploffing aan boord plaasgevind het. ’n Intensiewe ondersoek is aan die gang waarom die Airbus 320 van EgyptAir Donderdagoggend vroeg met 66 passasiers aan boord in die Middellandse See neergestort het. Die
Lees verder: EgyptAir het glo skerp geswenk sê Griekse lugbeheer
