Onbehandelde riool stroom by Kroonstad in die Valsrivier in, alhoewel daar so onlangs as in 2008 R8 miljoen aan die rioolaanleg bestee is. ‘n Opposisieraadslid het tydens die Moqhaka-raadsvergadering die munisipaliteit gewaarsku oor die skokkende verval van die waterinfrastruktuur. Die raadslid, ‘n voormalige stadsingenieur, het gesê die Kroonstad-rioolsuiweringsaanleg het heeltemal tot stilstand gekom. Thys Vermeulen het aan die Volksblad gesê: “Die water staan
Matfield se skrumpet gaan nie geweld teen blankes keer nie
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Saru, moet die aanval van Cosatu teen die Springbokke terdeë geniet. Dit stel die Rugbyunie in ‘n goeie lig ten spyte daarvan dat hulle steeds agteroorbuig om swart spelers te probeer insluit in die span om hul irriterende “verbintenis tot transformasie” te verklaar. Cosatu het ’n beroep op Fikile Mbalula, minister van sport, gedoen
Lees verder: Matfield se skrumpet gaan nie geweld teen blankes keer nie
Brug in Wêreldbekersokkerstad stort ineen
‘n Oorbrug wat inmekaargetuimel het, het die dood van twee mense in Brasilië veroorsaak. Die oorbrug is nagenoeg vyf kilometer vanaf die stad se wêreldbekerstadion geleë. Die brug het op ‘n bus se voorkant en ‘n motor ineengestort. Dit is onduidelik hoeveel insittendes daar was. Twee is dood en 19 beseer in die ongeluk in een van die
Haatwerf teen wittes steeds aanlyn
‘n Webwerf wat al sedert sedert Januarie van hierdie jaar steeds aanlyn is, vier die dood van wittes.
Woolworths-transaksie in Australië lyk verdag
Die Australiese reguleerder is bekommerd oor die hoë prys wat Woolworths vir die kleinhandelbates van mnr. Solomon Lew betaal. Die Suid-Afrikaanse groep is besig om die kleinhandelgroepe Country Road en David Jones uit te koop teen pryse wat Lew uitermate gaan bevoordeel. Woolworths bied $2 miljard (R21 miljard) vir die afdelingswinkel David Jones aan, ‘n
SA Menseregtekommissie gaan verhoor oor plaasgeweld hou
Ná 20 jaar van gruweldade op plase in die vorm van moorde en martelings, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vandeesweek te kenne gegee dat hy ‘n verhoor oor menseregteskendings gaan hou. Dié verhoor sal egter “plaaswerkers se diensvoorwaardes insluit”. Volgens Isaac Mangena, die woordvoerder van die Menseregtekommissie, het die MRK “nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel”.
Lees verder: SA Menseregtekommissie gaan verhoor oor plaasgeweld hou
Indringer-vrugtevliegplaag is terug
Die uitheemse indringer-vrugtevlieg het weer sy kop uitgesteek. Die Bactocera invadens het sy oorsprong in Sri Lanka. Die plaag kom in ten minste vyf provinsies voor waaronder Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Kwa Zulu-Natal en die Noord-Kaap. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het boere gewaarsku dat indien die plaag nie behoorlik beheer word nie dit tot produksie- en
Onderwys om op trots te wees
Die CVO Volkskool in Brakpan is getrou aan hul leuse waar elke kind met sorg onderrig en voorberei word op hul pad na volwassenheid. Skoolhoof, mnr. Paul Zietsman, se oë blink en sy hande beduie van pure opgewondenheid as hy praat oor die prestasies van sy leerders en hoe onderwysers dit nog geniet om onderwys
SANW-amptenare nie inhegtenis geneem
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beslis en ‘n bevel dat drie top amptenare in hegtenis geneem word, vir eers ter syde gestel. Die SANW het vroeër ‘n aansoek gebring om die inhegtenisnemings te verhoed, het RSG berig. Dit volg nadat die hof gister beveel het dat die
Man met Vigs-geneesmiddel van ‘bom’ beskuldig
‘n Man het glo ‘n petrolbom na die ingang van die hoofkantoor van die Nasionale Departement van Gesondheid in Pretoria gegooi omdat hy ‘n kuur vir MIV/Vigs ontdek het. Die man wou na glo ‘n afspraak met die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi bekom om hom te vertel dat hy die oplossing gevind het om die dodelike siekte
