Dinsdag het Statistieke Suid-Afrika (SSA) sy jongste kwartaallikse arbeidsnavorsing uitgereik wat as "realisties" deur ekonoom Mike Schüssler bestempel is.
Daarvolgens het Suid-Afrika se werkloosheidsyfer met 23,5% toegeneem in die eerste kwartaal van 2009 – op van 21,9% in die vorige drie maande.
'n Totaal van 208 000 mense wat in Suid-Afrika bly, het hul werk verloor in die laaste kwartaal van 2008 en die eerste kwartaal van 2009, volgens SSA se kwartaallikse arbeidsmag-opname.
Die opname wys dat werkverliese plaasgevind het in beide die formele- (88 000) en informele- (96 000) sektore.
In vergelyking met die vorige kwartaal, het die aantal werkloses wat werk soek van 3,873 miljoen tot 4,184 miljoen gestyg.
Me. Kefiloe Masiteng, adjunk-direkteur-generaal van bevolking- en sosiale-statistieke, het gesê dat die jaar-tot-jaar prentjie min beweging gewys het in werkvlakke, omdat die hoeveelheid werkloses relatief onveranderd gebly het op 13,6 miljoen.
"Die neiging lyk negatief, produksie en handel het gedaal en likwidasies het gestyg," het sy gesê.
"Die ekonomiese vooruitsig in die land volg dieselfde neiging as die internasionale resessie. Wat ons in ekonomiese terme sien, is dat baie sektore personeel verloor.
"Produktiwiteit het ook in baie ander areas gedaal. Vervaardiging het afgeneem in terme van sy produktiwiteit, handel het verloor in terme van verkope en produktiwiteit en mynbou het ook verloor in terme van hul produktiwiteit."
Masiteng het gesê dat goud die enigste uitsondering in die mynbousektor was, maar het nie 'n drastiese impak gemaak om die verlangsaming aan te spreek nie.
Schüssler het gesê werk kan net geskep word as die BBP bokant 4% styg.
Suid-Afrika se BBP het egter in die vierde kwartaal van 2008 met 1,8% gedaal.
Die Reserwebank voorsien voorts 'n verdere inkorting in die eerste drie maande van die jaar.
"Die BBP sal aanstaande jaar positief wees," het Schüssler gesê.
Ons kan in volgende jaar 2% groei kry, maar dit is nie genoeg om werk te skep nie. Daarvoor is 4% nodig en dit sal ons in 2011 of 2012 sien.
Die huidige ekonomiese krisis kan tot die verlies van meer as 300 000 werkgeleenthede lei, het Schüssler in die agtste Suid-Afrikaanse werkloosheidverslag van UASA gesê. Die verslag is ook Dinsdag uitgereik.
"Ons voorspel 'n afname van 1,3% in die bruto binnelandse produk vir 2009," het Schüssler gesê. Hy het bygevoeg dit sal waarskynlik lei tot tussen 207 000 en 304 000 werkverliese.
Hy het verduidelik die krisis kan oor alle sektore 'n uitwerking hê, maar die tegniese en bestuursektore kan dalk nie so erg getref word nie.
"Elementêre werkers sal die hardste getref word terwyl vervaardiging, duursame produkte, die mynbou en konstruksie die ergste uitwerking van die krisis gaan ervaar."
Schüssler het gesê klein ondernemings is getref deur 140% meer likwidasies as in 2008.
"Die hoeveelheid werkgeleenthede wat in die motorbedryf buite vervaardiging (met ander woorde verkope en werkwinkels) verlore gegaan het, was 37 000 in 2008."
Hy het gesê in 2008 het sowat 1 400 restaurante hul deure gesluit.

“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”
Daar is 'n merkbare afplatting in die Suid-Afrikaanse ekonomie, het reserwebank goewerneur Tito Mboweni Woensdag gesê.
Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.