Afrika mag baat by krisis, meen Manuel

Die globale ekonomiese krisis gaan meebring dat ‘n meer robuuste en langdurige ekonomiese ontwikkeling in Afrika en die ontwikkelende wêreld plaasvind as wat tot op hede gesien is, het minister van finansies Trevor Manuel Maandag gesê.

“Sterker ekonomiese ontwikkeling in die lande van die Suide is nie ‘n nuwe gebeurtenis nie,” het hy gesê.

“Dit het wortels wat ‘n dekade of twee teruggaan en het verskeie intergebonde kwessies ook,” het hy in Johannesburg gesê.

Die kwessies sluit in die buitengewone ekonomiese groei in Sjina en Indië en die skerp afname in mense wêreldwyd wat in armoede lewe; die volgehoue styging in kommoditeitspryse, wat dui op baie meer wydgebaseerde industrialisering en modernisering, en geassosieerde aanvraag vir infrastruktuur en verhandelde goedere en dienste.

Dit sluit ook in die snelletoename in die gebruik van nuwe, laerkoste en effektiwiteitsverbeterende inligting en telekommunikasie tegnologieë; die toename in die verstedelikingstempo en megastede oor die ontwikkelende wêreld, en ‘n snelle toename in onderwys en tegnologieaanvaarding en groter makro-ekonomiese stabiliteit in groot dele van die ontwikkelende wêreld, insluitend verskeie voorste Afrika ekonomieë.

“Alhoewel groei vir ‘n tydperk onderbreek mag word, is dit kragtige dinamiese elemente en gaan hulle nie omgekeer word nie,” het Manuel gesê.

casino winФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae