‘SA is nie ?n federasie van stamme’

Suid-Afrika is nie ‘n federasie van stamme nie, het die KVP-presidentskandidaat Mvume Dandala Vrydagaand gesê.

“Ons (die KVP) stry daarvoor sodat elke burger ‘n eersteklas burger moet wees,” het Dandala aan omtrent 400 KVP-jeugdiges gesê by die Paradise Saal in Botshabelo in Bloemfontein.

“Ons is eerstens Suid-Afrikaners, nie Zoeloes, Xhosas en die ander nie.”

Dandala het sy naweektoer afgeskop in Parys en Kroonstad in die Vrystaat Vrydagoggend.

Hy het aan die groep gesê dat daar minder as 3 weke is “om die land te verander”. Hy het hulle gevra dat kiesers hulleself “meer as ooit” daaraan toewy om te werk en te stem vir die KVP.

“Die uur is op ons. Ek vra ‘n ieder en elke kader en kameraad om die moue op te rol en hulle bes te doen.”строительство саунлобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae