Vervoerwerkers en hulle werknemers het nie daarin geslaag om ‘n staking oor salarisse af te weer wat die land se brandstofvoorraad nadelig kan tref nie.
Onderhandelings by die kommissie vir konsiliasie, bemiddeling en arbitrasie tussen Satawu en die padvervoerwerkgewersvereniging (RFEA) was onsuksesvol, het RFEA gesê.
As gevolg daarvan sal die staking waarvan Satawu kennis gegee het Dinsdag om 1uur die middag begin, het FREA op sy webwerf gesê. Satawu was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
RFEA het gesê slegs Satawulede mag aan die staking deelneem.
Die brandstofverspreider Engen het Maandag gesê dat hulle noodplanne gereed het indien die staking sou voortgaan.
“Dit sal verseker dat die staking ‘n minimale effek het op ons kliente,” het maatskappywoordvoerder Bulelwa Payi gesê.
