Belastinginvordering op koers

Die Suid-Afrikaanse Belastingdiens het baie naby gekom aan hulle 2009 teiken van belastinginvordering, deur teen middernag op Dinsdag ʼn totaal van R625,57 miljard in te kry, het minister van finansies Trevor Manuel gesê.

Hy het Woensdag gesê die voorlopige resultaat is 0,34% minder as die hersiene Februarie 2009 begroting wat geskat was op R627.69 miljard. Dit is ʼn tekort van R2,12 miljard.

Dit verteenwoordig ʼn toename van 9,2% in belasting insameling oor die laaste jaar.

“Volgens my mening is dit ʼn buitengewoon goeie slaagsyfer vir SARS,” het Manuel aan joernaliste in Pretoria gesê oor ʼn videokoppeling vanuit Londen.

In afwagting van die ekonomiese afplatting, is die belastingsteiken in Februarie verminder van R643.27 miljard tot R627.69 miljard.

справка 026 уданильченко юрій броніславович компромат