“Maar dit was nie ‘n volle bankrekening met die mobiele foon as primêre toegang nie, dit was baie gefokus op basiese sleutel funksies, soos geld oordragte,” het hy gesê van die Suid-Afrikaanse dienste.
Nou beplan MTN om ‘n volledige bankrekening op selfone te bied, met die naam MTN Mobile Money, wat gebruikers sal toelaat om te betaal vir aankope en om saldo’s na te gaan. ‘n Kredietkaart sal opsioneel wees.
MTN noem die diens “ ‘n gemaklike, veilige en bekostigbare manier vir MTN intekenaars om geld te stuur, lugtyd te koop en rekeninge te betaal deur hul selfone te gebruik.”
Die diens sal uitgebrei word na 20 ander lande waar MTN werk, insluitend Oeganda, Nigerië, Kameroen en die Ivoorkus, wat gesamentlik 90 miljoen selfoongebruikers het.
MTN het gesê hulle het ‘n ooreenkoms geteken met Fundamo, ‘n Suid-Afrika gebaseerde verskaffer van mobiele finansiëledienste sagteware.
Brittanje se selfoonreus Vodafone en Frankryk se Orange is reeds aktief in die mark.
Volgens ‘n onlangse studie deur ‘n telekomanaliste firma, Berg Insight, kan die diens potensieel gebruik word deur 913 miljoen mense teen 2014, tenoor die 20 miljoen huidiglik.
