Sasol se wesensverdienste styg

Sasol se wesensverdienste per aandeel het gestyg met 51% tot R21,92 vir die 6 maande wat geëindig het Desember 2008, het die petrochemiesegroep Maandag gesê toe hulle tussentydse verslae bekend gemaak is.

Dit was as gevolg van beide die hoër olieprys en ‘n swakker rand.

Werksprofyt van R31,5 miljard was 53% hoër as die vorige jaar se vergelykende periode, het Sasol gesê.

Volgens die maatskappy, plaas sy balansstaat, kontantvloei en likiditeit hom in ‘n goeie posisie om die globale ekonomiese krisis te weerstaan.

“Ten spyte van die onsekerheid in globale markte, bly ons oorkoepelende lang termyn strategie onveranderd: om te verseker dat ons versigtig sal werk in die bestuur van besighede en projekte sal najaag wat in die beste belange is van ons aandeelhouers en ander gewaardeerde vennote.”

Met die oog op die toekoms het Sasol gesê dat verdienstes laer sal wees vir die hele 2009 finansiële jaar.

“In lyn met die skerp afplatting in wêreldwye chemiese markte, verwag ons dat ons chemiese besigheid merkbaar swakker sal wees in die 2de helfte van die jaar vergeleke met die 1ste 6 maande, in kontras met ons vertoning in 2008.”

Die maatskappy verwag dat die verdienste vir die finansiële jaar tot 30 Junie 2009 laer sal wees teenoor die 2008 jaar.

Dit was as gevolg van die algemene ineenstorting in marktoestande, met merkbaar laer pryse vir ru-olie en produkpryse, en laer aanvraag vir produkte.

Dit kan egter deels teengewerk word deur ‘n verswakking in die rand/dollar wisselkoers, die ru-olie voorrade en verhoogde produksievolumes by die Arya en Oryx aanlegte.

Sasol het gesê huidige markbeweegbaarheid en onsekerheid van globale markte het dit moeilik gemaak om meer presies te wees in vooruitskattings.

‘n Tussentydse kontantdividend van R2,50 per gewone aandeel is verklaar.

светильники для улицылобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae