Ekonomiese krisis gaan Afrika ook tref

Met die volle impak van die globale ekonomiese krisis wat Afrika gaan tref, het Afrikaleiers Maandag in Tanzanië vergader vir die Internasionale Monetêre Fonds se konferensie om die saak aan te spreek.

Toe, wat baie beskou het as die grootste ekonomiese krisis sedert die 1930’s se Groot Depressie, verlede jaar in die Weste toegeslaan het, het analiste geglo dat Afrika ‘n kans staan om die finansiële storm met net ‘n paar skrape te oorleef.

Afrikabanke het min belê in sogenaamde “toksiese” bates wat die krisis begin het, wat die kontinent beskerm het teen die kredietkrisis.

Maar met geen hoop op hertel na die globale afplatting voor 2010 nie, blyk dit dat ‘n bitter mengsel van kwynende geldoordragte, krimpende uitvoermarkte en dreigende beleggingsinkortings die kontinent gaan vergiftig.

Die IMF se besturende direkteur, Dominique Strauss-Kahn, wat verlede week ‘n aanbieding gedoen in Washington, het ‘n vaal prentjie geskets van Afrika se onmiddellike toekoms.

“Nadat eers die nywerheidslande en daarna die ontluikende markte getref is, tref ‘n derde golf van die globale krisis nou die wêreld se armste en mees kwesbare lande, en dit tref hulle hard,” het hy gesê.

Die IMF-konferensie vind plaas in Dar es Salaam op Dinsdag en Woensdag, en is getiteld: “Veranderinge: suksesvolle vennootskappe vir Afrika se groeiuitdaging.”

Voor die globale krisis was die kontinent die tuiste van sommige van die wêreld se vinnigste groeiende ekonomieë, maar die IMF se 2009-vooruitskatting vir Afrika suid van die Sahara is gehalveer tot 3,3% sedert verlede jaar.

Strauss-Kahn het gesê die impak op lae-inkomstelande sal wees deur die vermindering in handel, maar hy het ook  gesê dat ‘n 20%-verlaging in direkte buitelandse belegging kan plaasvind.

‘n Wêreldbankdokument wat Sondag vrygestel is, het gesê dat ontwikkelende lande tussen 270 en 700 miljard dollar gaan nodig hê in 2009.

Dit lui: "Slegs ‘n kwart van die kwesbare lande het die vermoë om finansiële maatreëls te tref om die ekonomiese afplatting te hanteer, soos werkskeppingsprogramme en geteikende veiligheidsprogramme.”

купить красивые футболки для девочекtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae