Bernie kom tot Hillary se redding, maar Ginsburg nie

Bernie Sanders het sy steun aan sy Demokratiese opponent, Hillary Clinton, toegesê in die hoop dat hy energie kan verleen aan die veldtog teen die Republikeine se Donald Trump.

Hillary se blatante leuens oor die gebruik van ‘n privaat eposbediener is kort voor die onlangse swart onrus deur die FBI ontbloot.

In ‘n vorige stryd het Clinton enkele dae ná die voorverkiesings in 2008 haar steun aan Obama as kandidaat toegesê. In teenstelling hiermee het Sanders byna ‘n maand gewag vir die stof om te gaan lê.

Sanders en Clinton was Dinsdag vir die eerste keer terug in New Hampshire nadat hy haar in ‘n sterk vertoning met 22 punte in die voorverkiesing verslaan het.

Die hoop is dat die geleentheid in Portsmouth ‘n verenigde Demokratiese front sal stel, ná ‘n verdelende veldtog tussen Clinton en Sanders om die Demokrate se nominasie van ’n presidentskandidaat.

Die Republikeine sal volgende week amptelik vir Trump as hulle kandidaat by die nasionale konvensie in Cleveland nomineer.

Clinton het reeds saam met pres. Barack Obama en Massachusetts se senator Elizabeth Warren Demokrate gewaarsku oor die “gevaar” van ‘n Trump-presidensie.

Intussen het ‘n Amerikaanse Appèlhofregter, Ruth Bader Ginsburg (foto hierbo) ook uitgevaar teen Trump en gesê sy sal die land verlaat as hy wen.

Dié poging om Hillary se veldtog ‘n hupstoot te gee, was ‘n monumentale fout aangesien dit die onpartydigheid van die Amerikaanse regbank nou in gedrang gebring het.

“Dit was ‘n merkwaardige onnosel en misplaasde kommentaar vir ‘n Appèlhofregter om op die rekord te plaas,” het die Washington Post na haar uitbarsting gereageer.

Regters mag nie kant kies in ‘n presidensiële veldtog nie, onder meer omdat Ginsburg se openlike vyandigheid haar sal dwing om haarself te onttrek van enige sake waar Trump ter sprake is.

Clinton het verlede week planne bekend gemaak om kolleges en universiteite meer bekostigbaar vir studente te maak en om gesondheidsorg uit te brei.

Goedkoper studie was een van die redes waarom jonger Amerikaners vir Bernie gestem het.

Onlangse meningspeilings dui daarop dat baie van Sanders se ondersteuners beplan om vir Clinton te stem, maar dat hulle haar eerlikheid in twyfel trek.

Intussen word berig dat die dood van die vyf wit polisiebeamptes in Dallas die Demokratiese presidentskandidaat, Hillary Clinton se taak aansienlik bemoeilik.

Hillary het probeer om wit kiesers te paai oor maatskaplike onrus, terwyl sy swart aktiviste teen wit polisiegeweld probeer aanhits het.

Sy het wit kiesers se begrip gevra vir die swart “babas” wat deur die polisie gedood word, alhoewel nie een swart baba deur ‘n wetstoepasser geskiet is nie. Die swartes wat doodgeskiet is, was almal geharde kriminele.

Clinton kan nie bekostig om die swart kiesers te vervreem voor die verkiesing in November deur sterk standpunt in te neem teen die onlangse oproer in Louisiana en Minnesota waar honderde mense in hegtenis geneem is nie.

Maar sy kan ook nie bekostig dat gematigde kiesers na Donald Trump oorloop na al die anti-wit geweld regstreeks op televisie gebeeldsend is nie.

Dit, sowel as haar oneerlikheid, kan haar die verkiesing kos.

Theresa May neem oor van Cameron

Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig.

May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het.

Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende kandidaat om die Konserwatiewe Party se leier op te volg en die Britse premier te word.

Graham Brady, die hoof van die komitee wat die leierskapverkiesing gelei het, het ná Leadsom se aankondiging gesê die party se bestuur sal vergader om May as die wenner te bevestig. Hy het nie aangedui dat die verkiesingswedloop heropen sou word nie.

Indien sy as wenner bevestig word, kan May binne ure Brittanje se nuwe eerste minister word. Allerweë is verwag dat Cameron eers in September die tuig sou neerlê.

Leadsom se onttrekking kom ná fel kritiek teen uitlatings wat sy oor moederskap gemaak het.

Dit was nie duidelik of die naweek se gebeure bygedra het tot haar besluit nie. In haar kort verklaring het sy bloot gesê sy glo nie sy het voldoende steun binne die party nie.

Leadsom het May vroeër om verskoning gevra vir haar opmerkings oor moederskap nadat ’n politieke storm ontketen is ná haar onderhoud met die The Times of London.

Sy het gesê die feit dat sy ’n ma is, maak haar meer geskik om die land te lei. May het nie kinders nie.

Leadsom het later gesê sy wil nie hê moederskap moet deel van die politieke veldtog wees nie.

Die twee vroue was die enigste oorblywende kandidate in die wedloop om premier David Cameron op te volg, wat bedank het nadat Britse kiesers sy raad geïgnoreer het en in ’n referendum vir uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem het.

Leadsom het aan The Times gesê: “Ek voel omdat ek ’n ma is, het ek ’n werklike belang by die land se toekoms.”

Leadsom het later die koerant van “geelpers-joernalistiek” beskuldig en gesê hulle het haar woorde in die berig onder die opskrif “Omdat ek ’n ma is, het ek ’n voorsprong oor May”, verdraai.

The Times het ’n opname bekend gemaak van die deel van die onderhoud om te bewys dat dit inderdaad vir Leadsom korrek aangehaal het.

Leadsom het gister aan die Daily Telegraph gesê sy glo nie om kinders te hê het enige invloed op die vermoë om eerste minister te wees nie.

“Ek is innig jammer dat enige iemand die indruk gekry het dat ek anders dink,” het sy gesê.

Britse politiek is in rep en roer met leierskap­stryde wat in sowel die Konserwatiewe- as die Arbeidersparty woed.

‘n Lesbiese Wetgewer vir die Arbeiders, Angela Eagle, het ‘n veldtog van stapel gestuur om dié party se leier, Jeremy Corbyn, uit die kussings te lig omdat hy pro-Palestyns is.

Parlementslede uit die Arbeiders se geledere het vroeër ‘n wantroue-­mosie teen Corbyn aanvaar.

Bulle van Pamplona maai onder hardlopers

Twee mans wat aan ‘n jaarlikse bulstormloop in Spanje deelgeneem het, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle gegaffel is. Een het ‘n nekwond en die ander ‘n borswond opgedoen.

Die twee het Sondag in Pamplona, Spanje, aan die Sint Fermín-fees in die stad deelgeneem waar daar elke oggend ses bulle vrygelaat word om ‘n vlugtende skare te jaag.

Elf mense, onder wie ook ‘n Suid-Afrikaner, is reeds by hierdie jaar se fees in die Spaanse Pyrenee beseer. Vyftien avontuursoekers het oor die afgelope 100 jaar in Pamplona se bulstormlope omgekom.

Nog drie adrenalienjagters is beseer toe bulle hulle vertrap het tydens die stormloop.

Die bulle van die Toro Bravo beesras kom dan uiteindelik teen professionele stiervegters te staan.

In ander dorpe in Spanje het bulle hul tol geëis.

‘n Stiervegter van die dorpie Teruel is gedood toe ‘n bulhoring sy bors deurboor het.

Sy dood is regstreeks op TV uitgesaai.

In die dorp Pedreguer het ‘n bul ‘n jong man gedood wat ‘n ander een wou help en in ‘n ander voorval is ‘n hardloper deur ‘n bul in ‘n doodloopstraat vasgekeer en noodlottig beseer.

Suid-Soedan: Oliekonflik woed

Minstens 150 soldate van Suid-Soedan is dood in hernude gevegte tussen die weermag en die voormalige rebelle wat lojaal aan visepresident Riek Machar is.

Hewige gevegte het Maandag in Suid-Soedan se hoofstad, Juba, gewoed ondanks internasionale beroepe tot kalmte nadat dodelike skermutselinge duisende mense op die vlug laat slaan het.

Die jong land se wankelrige vredes­ooreenkoms is opnuut in die gedrang.

Die Verenigde Nasies (VN) het diepe kommer uitgespreek oor die geweldpleging wat tot die dood van honderde mense gelei het en nou dreig om die land opnuut in ’n burgeroorlog te dompel.

Tenks en gewapende helikopters is ontplooi en artillerievuur is in verskeie dele van die hoofstad gehoor.

Inwoners het hulle in hul huise toegesluit en die Amerikaanse ambassade het gewaarsku oor die “hewige gevegte tussen magte van die regering en die opposisie”.

Die VN se veiligheidsraad het Sondag geëis dat pres. Salva Kiir en sy visepresident, Riek Machar, “hul uiterste bes moet doen om hul onderskeie magte te beheer, die gevegte te beëindig en die verspreiding van geweldpleging te voorkom”.

’n Beroep is op hulle gedoen om hulle “opreg tot die volle en onmiddellike implementering van die vredesooreenkoms te verbind, wat ’n permanente skietstilstandsooreenkoms en die herontplooiing van militêre magte uit Juba insluit”.

Soldate lojaal aan Kiir en voormalige rebelle wat Machar steun, het mekaar Sondag met tenks, bewapende helikopters, mortiere en vuurpylaangedrewe granate aangeval.

Die botsings, die eerste tussen die weermag en voormalige rebelle sedert Machar in April na Juba teruggekeer het om as visepresident ingehuldig te word, het Vrydag begin toe 150 soldate in ’n kortstondige, maar bloedige geveg dood is. Die plaaslike media berig dat die dodetal so hoog soos 270 kan wees. Dit is nie duidelik hoeveel mense Sondag, die dag ná die vyfde herdenking van onafhanklikwording, dood is nie.

Juba se lughawe is gesluit en Amerika het opdrag gegee dat alle nie-noodsaaklike Amerikaanse personeel die land moet verlaat.

Suid-Soedan, wat onafhanklikheid in 2011 verkry het, is jongste land ter wêreld. Nogtans het ‘n burgeroorlog in 2013 tussen faksies uitgebreek.

Die skuld vir die verbrokkeling in betrekkinge tussen die twee partye kan byna geheel en al op olie gepak word.

Alhoewel Suid-Soedan 75 persent van Soedan se olie-reserwes ingepalm het na onafhanklikheid en die derde grootste olie-reserwes in sub-Sahara-Afrika bevat, is die meeste pyplyne steeds onder beheer van die noorde.

Volgens Washington, is Amerika is die grootste enkele hulpskenker aan Suid-Soedan.

Die ander land met ‘n groot belangstelling in Suid-Soedan is China, wat ook vredesmagte gestuur as die grootste rolspeler in Soedan se olie-industrie.

Facebook meen grafiese geweld teen wit beamptes is gemeenskapsvriendelik

Facebook weier om ‘n walglike afbeelding van ‘n Black Panther wat ‘n wit polisiebeampte se keel afsny van ‘n bladsy te verwyder wat deur die vermeende Dallas-skieter Micah Johnson gebruik is.

Die grusame foto toon ‘n man geklee is in swart wat die keel van ‘n wetstoepasser in uniform met ‘n mes afsny terwyl bloed uit die wond spuit.

Dit is geplaas op die “Black Panther Party Mississippi” bladsy, waarop Johnson ‘n tirade gepos het net enkele dae voordat hy sy slagting uitgevoer het.

Die prent dra die inskrywing “as ‘n R.B.G. moordenaar panther belowe ek om my swart gemeenskap te verdedig deur enige middele wat nodig is”.

‘R.B.G’ staan ​​vir rooi, swart en groen en verwys na die Pan-Afrikavlag, wat dikwels gesien word by swart protesoptredes.

Die foto is geplaas op Facebook deur ‘n gebruiker by name Prins Mamuhammad, waar inskrywings oor “oorlog teen die wit man” geplaas is.

Gebruikers het reeds by Facebook gekla, maar die sosiale media webwerf weier om dit af te haal, en sê dit skend nie die maatskappy se “gemeenskapstandaarde” nie.

Facebook meen die prent “bevorder nie grafiese geweld nie”.

Die antwoord lui: “Verslae soos joune is ‘n belangrike bydrae om van Facebook ‘n veilige en vriendelike omgewing te maak.

“Ons het die pos wat jy aangemeld het omdat dit grafiese geweld aanhits, hersien en bevind dat dit nie ons gemeenskapstandaarde oortree nie.”

Facebook het nie verdere kommentaar gelewer nie.

Swartmaggroep aanvaar verantwoordelikheid vir Dallas-skietery

‘n Supermark in die middestad van Dallas moes gesluit word na chaos uitgebreek het toe swart sluipskutters van ‘n swartmaggroep losgebrand het op polisielede in Texas tydens ‘n BlackLivesMatter-betoging.

Ten minste vyf polisiebeamptes is doodgeskiet en ‘n hele aantal gewond deur geweerskote in die sentrum van Dallas Donderdagaand.

Beeldmateriaal van ten minste een grumoord op ‘n polisieman is op kamera vasgevang (foto hierbo).

Volgens berigte is ten minste sewe beamptes gewond in die skietery wat net na 9 in die aand plaasgevind het.

Honderde swartes het in die parkeerterrein van ‘n 7-Eleven ingestroom omdat ‘n massiewe polisieteenwoordigheid die skare weg van die chaotiese toneel van die aanval gelei het.

Nuusspanne naby die 7-Eleven het gesien hoe swartes die beamptes wat die gebou probeer beskerm het, tart.

Baie van hulle was dronk en ‘n paar het by die supermark ingebreek en die plek begin plunder.

‘n Swartmaggroep Black Power Political Organisation het intussen verantwoordelikheid vir die moord van vyf polisiebeamptes aanvaar.

Vyf beamptes is doodgeskiet deur ten minste twee sluipskutters wat beamptes vermoedelik vanuit ‘n multi-verdieping parkeerterrein geteiken het.

Dit kom in die week van openbare verontwaardiging oor die dood van twee swart mans wat na bewering deur polisiebeamptes doodgeskiet is. Albei die swartes was gewapen, iets wat vermoedelik tot hul dood gelei het.

Die dood van die twee het tot hernude rassespanning gelei nadat beeldmateriaal op sosiale media versprei is met heftige anti-wit kommentaar.

Die boodskap – gepos in die nasleep van die skietery – is ‘n oproep aan swartes oral om die wapen wêreldwyd teen wittes op te neem teen “onderdrukking”. Dit lui:

‪#‎BlackPower‬! ‪#‎BlackKnights‬! Sniper Assassins Take Down Five Police Officers! And More Will Be Assassinated In The Coming Days! Do You Like The Work Of Our Assassins? Get Your Own Sniper Rifle And Join Our Thousands Of Sniper Assassins Worldwide In The Fight Against Oppression!”

Die Facebookblad van die Black Power Political Organisation is sedertdien afgehaal. Dit is nog nie bekend of dit verwyder is deur Facebook of die groep self nie.

Dae gelede het die groep ‘n onheilspellende boodskap gelaat wat ‘wraak’ sweer vir die noodlottige skietery van Alton Sterling.

Kambodja verbied skrapse kleding vir tempelbesoekers

Kambodjaanse owerhede het aangekondig dat besoekers wat onbehoorlik aantrek voortaan van die Angkor-tempels verban sal word.

Long Kosal, ‘n woordvoerder van die Apsara-owerheid wat beheer oor die argeologiese kompleks het, het gesê van 4 Augustus af sal van plaaslike en buitelandse toeriste vereis word om langbroeke of rompe tot onder die knie en hemde wat hul skouers bedek te dra as hulle die tempelkompleks wil besoek.

Diegene wat nie behoorlik geklee is nie, sal hul kleredrag moet verander voordat hulle toegelaat sal word om die tempelterrein te betree.

Hy het gister gesê die verbod word ingestel omdat mense wat skamel geklee is nie die tempel se heiligheid respekteer nie.

Ongeveer 2,1 miljoen buitelandse toeriste het Angkor verlede jaar besoek.

Afro-Amerikaners weer in opstand oor polisieskietery

Dit sou die Amerikaanse polisie 40 jaar neem om soveel swart mense te dood as wat ander swart mense aan die hand van hul eie ras gesterf het 2012.

Daarbenewens is 1400 meer swart Amerikaners vermoor deur ander swartes in net twee jaar as wat tussen 1882-1968 opgehang is.

Swart mense in die VSA pleeg buitensporig meer geweldsmisdaad. Dit is so erg dat Chicago – ‘n swart stad – se dodetal amper gelykstaande is aan wat in beide oorloë in Irak en Afghanistan saam omgekom het.

Maar die swartman wat deur die polisie doodgeskiet is in die Amerikaanse deelstaat Minnesota het weer tot swart onrus gelei soos die vermeende polisiemoord op ‘n swart man in Louisiana.

Linkse media, wat heeltemal gekant is teen die gedagte van swart kollektiewe skuld, het skaamteloos blankes weer met oorgawe kollektief skuldig verklaar aan die voorvalle.

Die swart gemeenskap is so verslaaf aan anti-wit resentiment soos aan die dwelm “crack” kokaïene, en is nogmaals in opstand oor die dood van die slagoffers.

Philando Castile se vriendin het in die nasleep van sy dood tydens die St Paul-voorval, beelde op sosiale media gepos wat hom vol bloed wys terwyl ‘n beampte ‘n geweer op Castile rig.

Hy is geskiet toe hy sy rybewys wou uithaal, het sy aan die media gesê.

Die jongste herrie volg op die dood van Alton Sterling (foto hierbo), wat deur die polisie doodgeskiet is tydens ‘n voorval in Baton Rouge, Dinsdag.

Honderde het reeds vir twee nagte die strate ingevaar oor Sterling se dood.

Afro-Amerikaners wat deur die polisie gedood word en nie in bende-, dwelm- of straatgeweld deur hul eie mense gedood word nie, laat herhaaldelik die nasionale debat ontvlam oor “rassisme” en die gebruik van geweld deur wetstoepassers.

Castile se ma, Valerie, het aan CNN gesê dat haar seun net “swart was op die verkeerde plek” en het gesê daar is ‘n “stille oorlog teen Afro-Amerikaanse volk”.

Die slagoffer, 32, het gewerk as ‘n kafeteriatoesighouer. Sy neef Antonio Johnson het aan die koerant Star Tribune gesê hy is “onmiddellik krimineel geprofileer” omdat hy swart was.

‘n Tweede video van Baton Rouge het intussen Woensdag na vore gekom na die dood van Alton Sterling.

Skote kan gehoor word terwyl die kamera weg beweeg van die konfrontasie. Sekondes later, verwyder een van die beamptes ‘n voorwerp van die man se kleding as hy op die grond lê met bloed op sy bors.

Volgens ‘n ooggetuie het gesê hy het gesien hoe beamptes ‘n geweer uit die sak van Sterling ná die skietery haal, maar die polisie wou nie kommentaar lewer nie.

Hillary kry ‘uit-die-tronk’ kaart van FBI

Die FBI het sopas vir Hillary Clinton ‘n “uit-die-tronk” kaart oorhandig, alhoewel sy vir “uiterste nalatigheid” oor die vingers getik is vir haar hantering van geklassifiseerde inligting met haar gebruik van privaat eposse.

Die linkse Demokratiese Party lojaliste is verlig en hoopvol dat die Clintons weer eens daarin geslaag het om van die gereg te ontsnap.

Die e-pos-gemors wat ‘n jaar gelede onder die publiek se aandag gekom het, was ‘n meulsteen om Hillary Clinton se nek. Soortgelyke, maar baie minder ernstige aantygings, het president Richard Nixon se einde met Watergate beteken.

Nou sal dit aan kiesers oorgelaat word om te besluit of die bevinding deur FBI Direkteur James Comey dat geen van Hillary se oortedings kriminele klagtes werd is nie, geloofwaardig is.

In fokusgroepe in Illinois, Pennsylvania en Florida het McClatchy bevind dat kiesers onseker is.

Terwyl die meeste mense nie vertroud is met die inhoud van die epos-sage nie, het die meerderheid beslis bewyse van Clinton se arrogansie en onbetroubaarheid in haar optrede gewaar.

Die vraag is nou of Comey se vryspraak Clinton sal help, selfs al het die FBI bevind dat Clinton en haar volgelinge “uiters onverskillig in hul hantering van baie sensitiewe, hoogs geklassifiseerde inligting was”?

Só ‘n aantyging hou duidelik verband met hoogverraad.

FBI-direkteur Comey het Dinsdag ‘n mediakonferensie gehou, dae nadat die Buro die Demokratiese presidentskandidaat ondervra het omtrent haar gebruik van ‘n private e-posbediener as minister van buitelandse sake.

Hy wou nie vrae neem tydens die sessie nie.

Meer as die helfte van die eposse wat die FBI moes ondersoek is deur Clinton se helpers uitgewis.
 
Demokratiese ondersteuners is kennelik verlig deur die aankondiging.

“Die meeste kiesers sal dit sien asof Clinton 67 mph in ‘n 65-myl zone gedoen het en wetstoepassers wat sê ‘geen boete’ nie,” het ‘n Demokratiese beleidmaker dit afgelag.

NASA-tuig Juno begin om Jupiter wentel

Die NASA-tuig Juno wat op 5 Augustus 2011 vertek het in Florida, VSA, het na sowat vyf jaar by Jupiter aangeland en om die gasplaneet begin wentel.

NASA sê hulle het ‘n sein van 719 miljoen km ver ontvang oor die sonnestelsel, en bevestig dat die ruimtetuig suksesvol begin wentel het om Jupiter, die grootste planeet in ons sonnestelsel.

Dit duur sowat 49 minute om ‘n boodskappe vanaf Jupiter na die aarde te stuur.

Dit is nie seker waaruit Jupiter, wat met elektrisiteit gelaai is, se kern bestaan en of dit solied is nie.

Juno sal nie om die planeet se ewenaar wentel nie, maar om die pole.

Die tuigie van 3,5m sal 4 667 km van die groot planeet wentel en onder die eerste laag wolke waar waterstof onder groot druk verkeer wat soos ‘n elektriese geleier funksioneer, lui Nasa se verklaring.

Juno het by sy aankoms sy hoofenjins 35 minute lank laat vuur om in die wentelbaanposisie te kom en het reeds 2,8 miljard km afgelê.

Een beseer in ISIS-aanval in Indonesië

‘n Selfmoordbomaanvaller op ‘n motorfiets (foto hierbo) het homself die week buite ‘n Indonesiese polisiekantoor opgeblaas.

‘n Polisiebeampte is beseer in die aanval wat amptenare aan die Islamitiese Staat (ISIS) verbind, het AFP berig.

Die aanval in die stad Solo, in die land se radikale hartland en die tuisdorp van pres. Joko Widodo, was op die vooraand van die Eid-vakansiedag, wat ’n afsluiting van die Moslem heilige maand, Ramadaan, is.

Volgens die polisie is die aanvaller deel van ’n netwerk wat opgelei is deur Bahrun Naim, ‘n Indonesiese militant wat vir ISIS in Sirië veg.

Die aanvaller het daarin geslaag om verby ‘n wagpos tot binne die perseel van die polisiehoofkantoor te vorder. Hy het Islamitiese verse opgesê voordat hy homself opgeblaas het.

Selfmoordbommers tref drie stede in Saudi-Arabië

Vier mense is dood nadat selfmoordbomaanvallers drie stede in Saoedi-Arabië geteiken het.

In Medina het ‘n selfmoordbomdraer homself naby die stad se veiligheids-hoofkwartier opgeblaas in wat beskryf word as ‘n aanval deur ISIS.

Die ontploffing was nie ver van die moskee van die profeet, waar Mohammed begrawe is nie.

Nog ‘n selfmoordbomaanvaller is dood in Qatif wat die tuiste van die Sjiitiese minderheid is.

Moslems het ‘n oproep om eenheid gedoen.

Twee mense is ook beseer in die derde selfmoordbomaanval by die Amerikaanse konsulaat in die stad Jeddah.

Veiligheidsmagte is van mening dat dit geörkestreerde aanvalle was om saam te val met die einde van Ramadan.

Qari Ziyaad Patel, 36, van Suid-Afrika, was by die moskee toe hy die ontploffing gehoor het.

Hy het gesê baie het eers gedink dit is die klank van tradisionele, feestelike kanonvuur, maar toe het hy die grond voel skud.

“Die vibrasies was baie sterk,” het Patel gesê aan die AP nuusagentskap. “Dit het geklink soos ‘n gebou wat ingeplof het.”

Katolieke voer openlik veldtog vir verenigde Ierland na Brexit

Protestantse Unioniste staan glo al tou om Ierse paspoorte in Belfast te bekom, iets wat hulle voorheen nooit sou oorweeg nie, het Reuters berig.

Ook in Belfast voer eens stil Katolieke nasionaliste openlik ‘n veldtog vir ‘n verenigde Ierland, alles tekens van groot veranderinge in die Verenigde Koninkryk se voormalige geweldgeteisterde provinsie.

Dit volg nadat Brittanje gestem het om die Europese Unie te verlaat, maar Skotland en Ierland daarteen gestem het.

Agtien jaar ná ‘n vredesooreenkoms dekades se geweldpleging tussen hoofsaaklik Katolieke nasionaliste en Protestante Unioniste, het die Brexit-stem woelinge in Ierland ontketen.

Vir die Katolieke wat ‘n verenigde Ierland voorstaan asook diegene wat verkies om deel van die Verenigde Koninkryk te bly, het Brittanje se uittrede uit die EU, nuwe moontlikhede tot eenheid geskep.

Meer as 3600 mense is dood in gevegte in die laat 1960’s en laat 1990’s, tussen Katolieke wat gesê het hulle wil by Ierland aansluit en protestante wat deel van die VK wou bly.

Terwyl hoër geboortesyfers onder Katolieke hulle binne ‘n generasie in die meerderheid in Noord-Ierland sal stel, het meningspeilings voorheen konsekwent getoon dat soveel as die helfte van die Katolieke stem steeds die stabiliteit van die Verenigde Koninkryk verkies.

Ná Brexit sal die Katolieke stem waarskynlik verkies om deel te wees van Ierland en maklik wen.

Alhoewel die twee strydende partye in 1998 ooreengekom het om die wapen neer te lê, het Sinn Fein tans ‘n geleentheid raakgesien om weer die kwessie oor eenheid aan te roer.

Australië se verkiesing dra die China-stempel

Onafhanklike kandidate, wat waarskynlik ‘n naelbyt-Australiese verkiesingsuitslag sal bepaal, het nou op die voorgrond getree.

Een van hulle het anti-Asiatiese retoriek, wat 20 jaar gelede vir die eerste keer gehoor is, ingespan en die eerste minister, Malcolm Turnbull, is in die spervuur vir ‘n mislukte politieke dobbelspel.

Gerugte doen die rondte dat Turnbull ‘n nuwe verkiesing sal aankondig om die politieke dooiepunt op te los, maar die Arbeidersparty verkeer in skok (foto hierbo).

Pauline Hanson, die stigter van die kontroversiële One Nation-party, het die doodloopstraat wat tot Saterdag se kop-aan-kop-stemmery gelei het, gebruik om haar nasionalitiese agenda te bevorder.

Sy het in 1996 internasionale omstredenheid verwerf vir haar uitlatings. Dié keer het sy gewaarsku dat Australië “deur Asiate oorspoel” word.

Die magsvakuum wys tot hoe ‘n mate Turnbull se dobbelspel om albei huise van die parlement te ontbind, skeefgeloop het.

Hy wou glo ontslae raak van kleiner partye en onafhanklikes om die weg te baan vir sy hervormingsagenda.

Turnbull het voorheen gewaarsku dat Australië se hegte bande met die VSA en militêresamewerking kan lei tot groter spanning met China, iets wat die land nie ekonomies sal kan bekostig nie.