Frankryk se ‘verkiesing van onbekendes’ met Le Pen

Marine Le Pen het veld gewen teen haar teenstanders omdat kommer oor veiligheid toeneem. “Hierdie naweek was ‘n totale, hardloop-vir-jou-lewe saak,” sê Yves-Marie Cann, hoof van politieke studies by navorser Elabe. Hy het met Bloomberg gepraat oor hoe die ander kandidate in die moeilikheid is teen Le Pen.

“Meer as ooit, is dit nou ‘n presidensiële verkiesing van onbekendes,” sê Cann.

Le Pen se kanse om te wen in die verkiesing in Frankryk het drasties verbeter want Emmanuel Macron het kwaai kritiek getrek met sy kommentaar – ook van die sentrum en links – oor die Franse koloniale verlede en Frankryk se “misdade teen die mensdom”, maar Bloomberg berig dat die Franse markrisikopremie aan die toeneem is met die opkoms van die FN-leier.

Le Pen vernou die gaping met haar teenstanders. OpinionWay toon Macron sal Le Pen verslaan met 58 persent teen 42 persent in die tweede ronde, maar sy voordeel het gehalveer in minder as twee weke. “Dit gaan alles oor sekuriteit,” sê Bruno Jeanbart, direkteur van OpinionWay. “Le Pen kon voordeel trek uit die feit dat hulle almal besig is om óf te kibbel of nie in staat is om hulself los te wikkel uit hul talle kontroversies nie.”

Maandag se daaglikse OpinionWay peiling toon anti-immigrasie kandidaat Le Pen loop voor met tot 27 persent, met Macron en Republikeinse kandidaat Francois Fillon onveranderd op 20 persent elk. OpinionWay meen Sosialistiese Benoit Hamon op 16 persent en Kommunis Melenchon op 12 persent, kan beteken dat ‘n gekombineerde kandidatuur dit kan maak tot die tweede ronde teen Le Pen.

Maar Le Pen se harde oordeel oor die rasonluste wat opgevlam het in Frankryk verlede week, oënskynlik teen “polisiebrutaliteit”, het haar kanse verhoog. Die Front Nasional-leier het die swart en Arabiese jeugdiges veroordeel wat in verskeie stede in Frankryk vir dae lank onluste gepleeg het nadat ‘n swart misdadiger genaamd “Theo” beweer het dat hy deur die polisie “verkrag” is tydens ‘n dwelmklopjag.

In ‘n aparte Harrispeiling is Le Pen beskou as beste geplaas weens vrese oor sekuriteit, ná meer as 200 mense gedood is in terroriste-aanvalle in net meer as twee jaar en hierdie maand het ‘n soldaat in die Louvre vyf skote op ‘n swart aanvaller afgevuur wat gewapen was met ‘n panga en “Allah Akbar” geskree het.

Eric Woerth, ‘n voormalige minister van begroting en ondersteuner van Fillon, het Macron ‘n “televisie-evangelis” op RTL Radio genoem met sy rasdwepery oor kolonialisme.

Valerie Pecresse, wat Parys se plaaslike regering hoof is, het gesê op RMC radio dat Macron nie die “karakter” het om op te staan ​​teen wêreldleiers nie en Thomas Piketty, ‘n ekonoom wat Sosialistiese kandidaat Benoit Hamon adviseer, het aan BFM TV Sondag vertel Macron verteenwoordig “die ou Europa van die verlede”.

Na sy mislukte besoek aan Algerië verlede week waar hy die twak oor kolonialisme kwytgeraak het, was Macron in Londen Dinsdag. Le Pen is tans in Libanon waar sy met President Michel Aoun Maandag vergader het, en Hamon was in Portugal oor die naweek. Aoun is die laaste Christen-president in die Midde-Ooste en ‘n ondersteuner van Sirië se president Assad.

Tydens haar besoek, het Le Pen dit duidelike gemaak dat sy nie die regime-verandering in Sirië steun nie en gesê Assad moet bly. Die Angelsaksers wil van hom ontslae raak.

Die eerste ronde van die Franse verkiesing vind plaas op 23 April, met die twee top kandidate wat op 7 Mei meeding.

Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

Die mislukking van Angela Merkel se immigrasiebeleid is blootgelê nadat dit rugbaar geraak het dat een vyfde van derdewêreld aankomelinge verdwyn het in Duitsland. Dis duidelik dat die land onvoorbereid was op die instroming.

Volgens ‘n berig in Die Welt, is die deelstaatowerhede in Brandenburg “op soek na duisende vlugtelinge” wie se “verblyfplek onbekend” is.

Duitse amptenare jag nou meer as 3 000 vlugtelinge in een staat alleen wat van die radar verdwyn het. Die meeste het na Duitsland gekom in 2015 via die sogenaamde Balkanroete, en vrese is aan die toeneem dat ‘n aantal ondergronds gegaan het as terroriste vir die Islamitiese staat (ISIS).

Die vermiste immigrante is aangemeld in die staat van Brandenburg naby die hoofstad Berlyn, toe die kantoor van die staatsaanklaer begin het met terugwerkende regulering van die asielsoekers. “Vyftien tot 20 persent van 18 000 vlugtelinge is skoonveld,” sê aanklaer Ulrich Scherding.

Amptenare erken dat tydens die chaos van die krisis is die data van duisende immigrante “onvoldoende aangeteken” en diegene wat verdwyn het, wag waarskynlik vir hul jihadistiese betaalmeesters se bevele om terreurdade te pleeg.

Die meeste in Brandenburg het via Hongarye en Oostenryk in 2015 aangekom, maar hul huidige verblyfplek is onduidelik, erken die staat se adjunk ministerie van binnelandse sake se woordvoerder Wolfgang Brandt.

‘N SPD politikus, Brandenburg se minister van binnelandse sake, Karl-Heinz Schröter, het gesê dit is “algemeen bekend dat baie mense wat op die hoogtepunt van die beweging van vlugtelinge na Duitsland aangekom het, later verdwyn het van die radar af,” want die tegnologie om vingerafdrukke van al 47 000 vlugtelinge te neem in 2015, het eenvoudig nie bestaan ​​nie, maar “nou is owerhede toegerus met vingerafdrukstoortegnologie”.

Dit is dus waarskynlik dat indien die 20 persent “verdwyn” koers regdeur Duitsland van toepassing is, sou dit beteken dat tienduisende immigrante net skoonveld is sedert 2015.

Verlede week het Angela Merkel herhaal dat dit Europa se plig is om meer migrante te neem, ten spyte van openbare protes. Sy het by die München sekuriteitkonferensie, ook gesê Islam is nie ‘n bron van terreur nie, selfs na ‘n paar dodelike terreuraanvalle in Berlyn, sowel as Parys en Nice.

Noordryn Wesfale, waar ‘n koalisie tussen die SPD en die Groen Party heers, het aangekondig dat alle Afghaanse “vlugtelinge” nie oorhandig sal word aan die sentrale regering vir deportasie nie, selfs al is Afghanistan verklaar as ‘n “veilige” land.

Schleswig-Holstein het ‘n soortgelyke onsinnige verklaring uitgereik, maar Jutta Cordt, die nuut aangestelde hoof van die Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge (BAMF), het opgemerk daar “is gebiede in Afghanistan wat relatief veilig beskou word. Daar is binnelandse ontsnappingsalternatiewe.”

Hierdie berig is uniek in Afrikaans. U sal dit net op Praag lees want ander bronne wil nie dat u dit weet nie. Sluit asseblief aan en ondersteun die harde werk wat ons doen!

Wilders maak ongewone openbare verskyning vir veldtog

Sekuriteit sal hul hande vol hê met Geert Wilders tydens sy verkiesingsveldtog. Hy het Saterdag in Spijkenisse, ‘n voorstad van die PVV-vesting van Rotterdam, Nederland, ‘n seldsame openbare verskyning gemaak.

Op 10 November 2004 is twee aanvallers gevang ná ‘n uur lange beleg van ‘n gebou in Den Haag. Hulle was in besit van drie handgranate om Wilders te vermoor. Die verdagtes was vermoedelik lede van wat die Nederlandse intelligensie-agentskap, die Algemene Inlichtingen- en Veiligheidsdienst, die sogenaamde Hofstadgroep noem.

Die lede van hierdie terroriste-organisasie het gereeld bymekaar gekom in die Amsterdamse huis van Mohammed Bouyeri, die moordenaar van Theo van Gogh. Sedert dié voorval is Wilders onder konstante bewaking as gevolg van gereelde bedreigings teen sy lewe.

Wilders het ‘n oproep gedoen vir die sluiting van al die moskees in Nederland en ‘n verbod Moslem immigrasie, berig Reuters.

Hy het Marokkane as “vuilgoed” beskryf.

Rotterdam, ‘n hawestad, spog met ‘n groot Moslem-bevolking, omdat die Moslem burgemeester van Rotterdam Ahmed Abou Taleb, wat die Nederlandse Arbeidersparty verteenwoordig, lief is vir linkse multikulturalisme.

Abou Taleb, die seun van ‘n imam in die noorde van Marokko, het verhuis na Nederland in 1976. Rotterdam, die tweede grootste stad in die land met ‘n bevolking van meer as 610 000 het die eerste immigrant in so ‘n posisie in Nederland aangestel.

“Ek wil hê dat ons in die regering moet wees,” het Wilders verlede week gesê ten einde Nederland te “de-Islamiseer”.

In ‘n onderhoud Donderdag met Associated Press, het Wilders gesê die voorstel, wat insluit die sluiting van die land se grense teen migrante uit Islamitiese lande, die sluiting van al die moskees en ‘n verbod op die Koran, is wetlik korrekte maatreëls.

Wilders het ook geskimp dat grondwetlike verandering moontlik is, want ‘n “grondwet is nie iets wat in klip gegiet is en nooit verander kan word nie”.

Vrydag het sy party wetgewing voorgestel om ‘n tradisionele Nederlandse sprokiesfiguur, Zwarte Piet te behou, volgens die plaaslike media. Zwarte Piet, is St Nicholas se swart helper in die Nederlandse tradisie van Sinterklaas, maar die swartgesmeerde gesigte, ‘n uitbeelding van die karakter, het kritiek van linkses wat sê dit is “rassisme” uitgelok.

Volgens ‘n senior lid van Wilders se party, Harm Beertema, is die werklike belang van “hierdie klein wet” want “die aanval op Sinterklaas is tot nou toe mees suksesvolle aanval in die oorlog teen ons identiteit. Dit gaan oor die bewaring van ons kultuur”.

Die Turkse-gebore Arbeider LP Selcuk Ozturk het PVV-lede in die parlement gekoggel: “Kyk hoe sit hulle daar,” het die vyandige Ozturk neerhalend gekekkel, verwysende na Martin Bosma en Machiel de Graaf, as “die dienaars van Geert”, het die Volkskrant berig.

Wilders loop voor, met liberale aanspraakmaker premier Mark Rutte agter. Rutte is effens aangehelp deur sy eie herhaling van anti-immigrasie retoriek en rooskleuriger ekonomiese vooruitsigte.

Groot partye het ‘n koalisie met Wilders uitgesluit, maar ‘n oorwinning vir Wilders, ‘n Franse bondgenoot in Marine Le Pen, asook die opkoms van die AlternatieF vir Duitsland – almal anti-immigrasie partye wat hoop om die Europese politiek op sy kop te draai – sal so ‘n besluit ongedaan maak.

Maak ‘n verskil en sluit vandag nog aan by Praag! U sal nie hierdie nuus in enige ander Afrikaanse publikasie lees nie. Die meeste wil nie hê u moet van die opkoms van nasionalisme in Europa weet nie, want dit gaan ‘n Afrikanertoekoms skep.

Dis ‘n gevaarlike werk om ‘n Russiese gesant te wees

Rusland se ambassadeur in die VSA, Witali Tjurkin, is in sy kantoor in New York dood aan ‘n “hartaanval” net ‘n dag voor sy verjaarsdag. Hy was 64 jaar oud.

Dié werk begin besonder gevaarlik lyk. Dit is nou derde sleutelpersoon wat skielik beswyk aan onverwagte “natuurlike oorsake”.

Die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake het geen besonderhede oor Tjurkin se dood bekendgemaak nie. Die ambassadeur was ‘n uitnemende gesant van Rusland.

Die Obama-administrasie se ondersteuning vir ISIS en bombardering van die Siriese stad Aleppo, is deur Russiese ingryping omgekeer.

Toe die Amerikaanse diplomaat by die Verenigde Nasies, Samantha Power, Rusland verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy aanspreeklik is vir “gruweldade” in Sirië, het Tjurkin gesê sy tree soos Moeder Teresa op en vergeet van Amerika se aanvalle in die Midde-Ooste.

Nog ‘n Russiese gesant Andrei Malanin, 55, is dood op sy badkamervloer gevind deur ‘n ander lid van die ambassade personeel, het ‘n Griekse polisiebeampte op 11 Januarie deser in Athene bevestig.

Volgens Associated Press het die Griekse polisie ‘n moordondersoek-eenheid ingeroep omdat hulle onraad vermoed het.

Malanin se dood was drie weke nadat die ambassadeur van Rusland in Turkye, Andrei Karlov, vermoor is deur ‘n polisiebeampte terwyl hy by ‘n foto-uitstalling in Ankara opgetree het. Sy moord is op kamera vasgevang.

Griekeland se eertydse ambassadeur na Rusland is ook onder vreemde omstandighede in Brasilië oorlede.

Meubelsaak vra om verskoning oor slegs-mans katalogus

Ikea Israel het ‘n verskoning uitgereik omdat sy meubelkatalogus net mans en seuns bevat en geen vroue nie.

“Ons besef dat mense ontsteld is daaroor en dat die publikasie nie voorhou waarvoor IKEA staan nie, en ons vra om verskoning hiervoor,” het die uitvoerende hoof Shuky Koblenz in ‘n verklaring gesê.

Vroeër het die Israeliese kantoor van IKEA, ‘n internasionale Sweedse meubelsaak, ‘n verklaring uitgereik om die katalogus te verduidelik as ‘n besluit wat geneem is “na versoeke wat ons ontvang het, om ‘n alternatiewe en spesiale katalogus uit te gee, wat toelaat dat die godsdienstige en Ortodokse gemeenskappe dit kan geniet om deur ons produkte te blaai en die oplossings te vind wat IKEA bied in ooreenstemming met hul leefstyl.”

Die Israeliese tak van die Sweedse meubelreus het die katalogus beskryf as ‘n poging om die ultra-Ortodokse Jode as kliënte te lok, aangesien hulle 10 persent van Israel se 8,6 miljoen burgers is wat ‘n streng interpretasie van Joodse wette volg.

Ultra-Ortodokse vroue dra lang rompe, lang moue en kopdoeke, en beskou foto’s van vroue as onwelvoeglik en teen godsdienstige reëls.

Die gereelde Ikea katalogus in Israel beskik oor ‘n “multikulturele” groep mans en vroue, met gay en gemengde-ras paartjies, terwyl die slegs-mans katalogus ultra-Ortodokse mansmodelle toon wat sybaarde en kippas dra.

Die items wat uitgelig word, sluit boekrakke in wat uitgebreide versamelings van boeke oor die Joodse wet bevat, en klaptafels en opslaanbeddens bedoel om besoekers tydens groot familiebyeenkomste op Joodse vakansiedae te akkommodeer.

Die tekste in die katalogus is ook daarop gemik om die ultra-Ortodokse Jode te trek. As sodanig, bykomend tot ‘n tafel gedek vir die Sabbat en rakke vol van gebedsboeke, is daar onderskrifte wat kliënte vertel hulle kan “die familie samesyn geniet”.

Dit is nie die eerste keer dat Ikea verontwaardiging met sy promosiemateriaal ontlok nie. In 1994 het die maatskappy ‘n advertensie met ‘n gay paartjie in die VSA gebruik, waarna godsdienstige konserwatiewes die maatskappy geboikot het.

In 2012, het Ikea vroue uit hul katalogusse uitgehaal vir die Saoedi-Arabiese mark en in 2013, is die maatskappy gekritiseer deur LGBT aktiviste vir weglating van ‘n storie oor ‘n lesbiese paartjie in die Russiese uitgawe van sy winkeltydskrif. Die artikel was teen die wet in Rusland wat positiewe uitbeeldings van gay mense verbied.

Starbucks beledig Italianers met palmbome langs ikoniese katedraal

Inwoners van Milaan is woedend oor die skielike verskyning van ‘n spul palmbome wat die beroemdste katedraal in Milaan, ‘n 14de-eeuse Gotiese wonder bekend as die Dom van Milaan, verbloem.

Hulle sê die nie-inheemse plante langs ‘n ikoniese Italiaanse argitektuurbesienswaardigheid is uit plek.

Nasionaliste voel die plant-projek, geborg deur Starbucks, die Amerikaanse koffiereus, ‘n bykomende belediging is vir koffiemal Italianers. Italië spog met ‘n netwerk van meestal onafhanklike koffiekroeë wat uiteindelik strawwe kompetisie van die Amerikaanse multinasionale bedryf in die gesig kan staar.

Die 42 palmbome, sommige van hulle vyf meter hoog, is die eerste plante wat piesangbome in die skaduwee van die katedraal ook insluit.

“Palms en piesangs in Piazza Duomo! Al wat ons nou nodig het is kamele en ape en ons sal regtig Afrika in Italië wees,” het Matteo Salvini, leier van die Noordelike Liga, verklaar.

Die anti-immigrasie politikus het gewaarsku dat Starbucks duisende swart migrante kan gebruik in die toekoms vir Starbucks se Italiaanse afsetpunte, nadat die maatskappy voorgestel het dat hulle werk aan “vlugtelinge” sal gee.

“Sover hul koffie betref, sal ek myne iewers anders koop,” sê Salvini.

Verskeie Italianers in Milaan is gewalg deur die palmbome, maar ‘n swarte het gesê hy voel tuis toe hy gevra is of die bome daar welkom is. Hy het geantwoord: “Ja, dit is ‘n goeie atmosfeer”.

Italië het intussen ook ‘n linkse wet probeer deurdwing met boetes van tot €10.000 en gevangenisstraf van tot twee jaar vir die verspreiding op die internet van “vals, oordrewe of kwetsende nuus” of diegene wat verantwoordelik is vir “veldtogte van haat” omdat Afrika en piesangbome nou die onderwerp van spot geword het na die Starbucks-plan.

Die konsepwetgewing sal nie van toepassing wees op koerante nie. Papiernuus sukkel om met die internet mee te ding.

Twitter slaan aan die brand in ontkenning oor Swede se verkragtingsepidemie

Die Amerikaanse president Donald Trump het sy gunsteling platform, Twitter, gebruik om die maatskaplike probleme wat veroorsaak word deur immigrasie in Swede te verduidelik.

Die president het getwiet: “My stelling oor wat gebeur in Swede was in verwysing na ‘n storie wat uitgesaai is op @FoxNews oor immigrante en Swede.”

In die Fox News dokumentêre aflewering waarna Trump verwys het, het filmmaker Ami Horowitz gesê: “Daar was ‘n absolute toename in beide wapengeweld en verkragting in Swede vandat hulle begin het met hierdie oop-deur beleid,” met verwysing na Swede se besluit om sy deure oop te maak vir groot getalle vlugtelinge in 2013, het die BBC berig.

Horowitz het aan Fox News gesê mense hoog in die Sweedse regering is doelbewus besig om verkragtingsmisdade deur “kwesbare” immigrante toe te smeer.

Gedurende sy veldtog-styl byeenkoms Saterdag in Florida, het Trump verwys na voorvalle in Duitsland en Swede ter verdediging van sy uitvoerende bevel oor immigrasie en vlugtelinge – spesifiek met verwysing na die Fox dokumentêr oor Swede die vorige aand.

“As jy kyk na wat gebeur in Duitsland, as jy kyk na wat gisteraand in Swede aangaan – Swede” het hy gesê. “Wie sou dit glo? Swede! Hulle het groot getalle ingeneem, hulle probleme is soos hulle nooit gedink het moontlik sou wees nie.”

Die Sweedse ambassade in Washington was so onthuts oor Trump se onthulling oor die negatiewe aspekte van immigrasie, dat hulle voorgegee het om te nie begryp ​​waarna Trump verwys nie. Sweedse regeringsamptenare het dadelik verklaar daar was nog “geen terreuraanvalle” in Swede nie, en die verkragtingsplaag wat direk gekoppel is aan “vlugtelinge” totaal geïgnoreer.

Maar Horowitz het die geweld uitgelig: “Van die begin van die vlugtelingkrisis, was daar ‘n oplewing in wapengeweld en verkragting – die statistieke is duidelik.”

Veertig jaar ná die Sweedse parlement eenparig besluit het om die voorheen homogene Swede te verander in ‘n multikulturele land, het geweldsmisdaad met 300 persent en verkragtings met 1 472 persent toegeneem. In 1975, was 421 verkragtings by die polisie aangemeld, in 2014, was dit 6 620. Swede is nou nommer twee op die lys van verkragtingslande, waar Lesotho in Suider-Afrika voorloop.

Volgens syfers van die Sweedse Nasionale Raad vir Misdaadvoorkoming van 2011, het 29 000 Sweedse vroue gerapporteer dat hulle verkrag is, wat daarop dui dat minder as 25 persent van die verkragtings by die polisie aangemeld is.

En in 2015, was die verhouding van verkragtings waar die Sweedse polisie eintlik die verdagte gevind het 14 persent. In 86 persent van verkragtings, het die verkragter weggekom.

Die internet radiostasie Granskning Sverige het die hoofstroomkoerante Aftonbladet en Expressen gevra waarom hulle die skuldiges in verkragtingsake as “Sweedse mans” beskryf wanneer hulle eintlik Somaliërs sonder Sweedse burgerskap is. Die hoofstroom Sweedse koerante het aanstoot geneem toe hulle gevra is of hulle ‘n verantwoordelikheid voel om Sweedse vroue te waarsku om weg van immigrante mans te bly. Een joernalis het gevra waarom dit hul verantwoordelikheid moet wees.

Michael Hess, ‘n politikus uit se Swede Demokratiese Party, is aangekla van “swartsmeerdery van etniese groepe” [hets mot folkgrupp], ‘n misdaad in Swede ná sy kommentaar oor die verkragtingsepidemie. “Wanneer sal joernaliste besef dat dit diep gewortel is in die Moslemkultuur om te verkrag… Daar is ‘n sterk verband tussen verkragtings in Swede en die aantal immigrante uit MENA-lande [Midde-Ooste en Noord-Afrika].”

In Mei 2014 het Hess ‘n opgeskorte tronkstraf en ‘n boete ontvang.

Hess het voorheen in Moslemlande gewoon en tydens sy verhoor, bewyse voorgelê van hoe die sharia handel met verkragting, sowel as statistiek wat aandui dat Moslems aansienlik oorverteenwoordig onder oortreders van verkragting in Swede. Maar die hof het beslis dat hierdie feite “irrelevant” is.

‘n Verslag 1996 het getoon dat immigrante uit Noord-Afrika (Algerië, Libië, Marokko en Tunisië) 23 keer so geneig is om verkragting te pleeg as Sweedse mans.

In 2002 was 85 persent van diegene wat gevonnis is tot ten minste twee jaar in die tronk vir verkragting in Svea hovrätt, ‘n appèlhof, buitelandsgebore of tweede generasie immigrante.

Swede is nou die vinnigste groeiende land in Europa as gevolg van immigrasie, maar Sweedse wette verbied registrasie gebaseer op afkoms of godsdiens. Bendeverkragtings, voorheen onbekend in Sweedse kriminele geskiedenis, is nou deel van die misdaadtoneel, maar geen studies word daaroor gedoen nie.

Volgens Eurostat syfers van 2015, is die werkloosheidsyfer onder buitelandse burgers in Swede 20,1 persent, terwyl die Sweedse burgers ‘n werkloosheidsyfer van 5,7 persent toon.

Frankryk se ‘misdaad teen die mensdom’

Emmanuel Macron is vinnig besig om die nar van die Franse verkiesingsveldtog te word nadat hy kolonisasie ‘n “misdaad teen die mensdom” genoem het.

Tydens sy besoek aan Algerië aan die begin van die week, het Macron nie net te kere gegaan oor die “misdaad teen die mensdom” nie, maar ook die “ware barbarisme” daarvan veroordeel, in ‘n onderhoud met die Algerynse kanaal Echorouk News, uitgesaai op Dinsdag 14 Februarie.

“Kolonisasie is deel van die Franse geskiedenis (…). Dit is deel van die verlede wat ons ten volle in die gesig moet staar deur verskoning te vra aan diegene teen wie ons hierdie dade gepleeg het,” het hy gesê sonder ironie. In die nadraai van die onderhoud, het verskeie politieke leiers van die Republikeine (LR) en die Front National (FN) ten sterkste beswaar gemaak teen die rasbyter se opportunisme.

Tydens ‘n vergadering in Compiègne (Oise) Woensdagaand, het die Republikeine kandidaat François Fillon, dié opmerkings “onwaardig van ‘n kandidaat vir die presidentskap van die Republiek” genoem.

“‘n Tyd gelede het Macron positiewe aspekte aan kolonisasie verbind. Dit beteken Emmanuel Macron het geen ruggraat nie. Hy sê net wat diegene wat na hom luister wil hoor,” het Fillon aan byna 4 000 mense gesê. “Dit pas nie by ‘n staatshoof nie.”

In Oktober het die voormalige Minister van Ekonomie Macron aan Le Point vertel tydens die kolonisasie van Algerië “was daar marteling, maar ook die opkoms van ‘n staat, rykdom, ‘n middelklas. Daar was elemente van die beskawing ingebring.”

Voormalige Eerste Minister Jean-Pierre Raffarin het ook Macron se naakte manteldraaiery Woensdagaand op BFM-TV uitmekaargetrek: “Slaan die Franse, bring hierdie stories om te verdeel, te hermobiliseer, ek sien die verkiesingskommer agter dit alles. Dit pas nie by ‘n staatshoof om te gaan letsels oopkrap wat nog baie seer is nie.”

Die FN het die verklarings van die stigter van En Marche! veroordeel. “Nie net tevrede met die wil om ons op te los in ‘n groot globalistiese bad nie, moet Macron Frankryk in die buiteland afkraak. En hy streef daarna om te lei?” het die veldtogdirekteur Marine Le Pen, David Rachline opgemerk. Wallerand de Saint-Just, tesourier van die FN, het Macron beskuldig omdat hy “Frankryk in die rug steek”.

Die joernalis van die Algerynse TV-kanaal Echorouk News was self oorbluf deur die liggewig se opmerkings en selfs die verlinkse Groene Emmanuelle Cosse, Minister van Behuising, het dit veroordeel: “Ek sou nie die term gebruik nie want ‘n ‘misdaad teen die mensdom” is ‘n baie spesifieke regsterm en ek dink ons ​​moet die regte woorde gebruik in die regte plek,” het sy aan France2 gesê.

In 2012, het Francois Hollande kolonisasie tydens sy toespraak by die Algerynse Parlement veroordeel as ‘n “onregverdige en wrede” koloniale stelsel, en “die lyding wat kolonisasie gebring het oor die Algerynse volk”. Maar Hollande het egter nooit die regsdrempel oorgesteek nie. Macron het hom nietemin geloof vir sy pogings om gedurende sy termyn van vyf jaar ‘n “stabiele” en “sterk” verhouding met Algerië te bou ná die sesde nag van immigrante geweld in Parys.

2012 was die 50ste herdenking van Algerië se onafhanklikheid van Frankryk. Die Harkis, ‘n groep wat uitgedelg is deur dekolonisasie, het aan die Franse kant tydens die Algerynse oorlog geveg. Sowat 250 000 Harkis wat koloniale Frankryk teen Algerië se “vryheidsvegters” verdedig het is eenvoudig aan hul eie lot oorgelaat.

Dit is juis dekolonisasie wat tot die slagtings en massamoorde gelei het. Daaroor het Macron nie ‘n woord gerep nie.

Le Pen: ‘Ons gaan ‘n muur bou en Algerië gaan betaal!’

‘n Satiriese stuk wat voorstel dat Franse Front National persoonlikhede wat president Donald Trump se muur met Meksiko bewonder, besluit het om ‘n muur te bou op die “grens” met Algerië, word nou gerapporteer as ‘n feit.

Die fopnuusstorie, bedoel as ‘n grap, verskyn op die satiriese Franse webwerf Le Gorafi.

Die berig, waarvan die toon duidelik satiries is, wys daarop dat Front National persoonlikhede wat van Trump se muur hou, ‘n soortgelyke een gaan bou op die “grens” met Algerië.

So ‘n “muur” sal ‘n bietjie moeilik wees om te bou, aangesien die Middellandse See tussen die twee lande lê.

“Inderdaad, vir die Front National se kandidaat, is die ooreenkomste is ryk en onweerlegbaar: ‘Beide lande is warm, gewelddadig, ekonomies en sosiaal agterlik… Ek kan voortgaan vir ure lank. Om eerlik te wees, afgesien van die taal, sien ek nie veel verskil nie want dit is duidelik dat Algerië ons Mexiko is,” het Le Pen verklaar tydens haar veldtog.

“En soos haar Amerikaanse eweknie, is sy beslis nie van plan om die projek te finansier uit openbare fondse nie – Marine Le Pen het haar vasberadenheid gister verklaar dat sy Algerië met sy verantwoordelikhede gaan konfronteer. Behalwe dat, in teenstelling met die Verenigde State van Amerika, die finansiering van die konstruksie deur die plasing van ‘n heffing op Algerië se uitvoere nie moontlik lyk nie, is ‘ellende, misdadigheid en radikale Islam ongelukkig nie belasbaar nie’ het die FN president gesê. ‘Ek nooi dus President Bouteflika om die som van €9,36 miljard so gou as moontlik bymekaar te kry en stuur dit vir my via bank of ‘n posorder na die volgende adres.'”

Die grap is deur die Algerynse koerant El Hayat berig as ‘n feit.

Macron se kanse om Le Pen te klop is skraal

Volgens Eurointelligence, is die kanse van Emmanuel Macron om teen Marine Le Pen te wen, skraal. Macron is nog ‘n Soros oop-grenssurrogaat.

Ifop se meninsgpeiling toon Macron kan slegs 14 persent steun van werkers verwag, dieselfde as Jean-Luc Mélenchon, wat beskou word as ‘n randeier. Marine Le Pen loop voor met 37 persent steun, terwyl die Sosialistiese Benoit Hamon effens beter as die ander twee kandidate met 18 persent vaar.

Blootstelling aan liberale onderwys was een van die skeidslyne ook in die Brexit stem en die Amerikaanse verkiesing. Macron is dus die stedelike gunsteling, maar nie op die platteland waar hulle die elite met ‘n groeiende agterdog bejeën nie. Baie ouer immigrante wil ook die invloei van nuwelinge beperk en sien hulle as direkte kompetisie vir poste. Hulle wil ook vir Le Pen gaan stem.

Le Pen verdeel die wêreld in globaliste en patriotte, terwyl Macron probeer om kiesers as progressiewes en konserwatiewes, in te deel berig Journal du Dimanche. In daardie sin, bied Le Pen se visie baie meer duidelikheid as oop grense en beledigings.

Om dieselfde rede, sal Geert Wilders na verwagting 20 persent van die stemme kry, in vergelyking met sy teenstander Mark Rutte se 16 persent in Nederland. In 2005 het die land die Europese grondwet verwerp en verlede jaar gestem teen ‘n verdrag vir EU bande met die Oekraïne.

‘n Peiling Dinsdag het getoon dat meer as 61 persent van die respondente Nederlandse politici as “elitistiese, onbetroubareen oneerlike” mense sien.

Die veldtog vir die Nederlandse verkiesing het Woensdag afgeskop, het Reuters berig. Wilders en sy party vir Vryheid loop voor in meningspeilings vir die grootste deel van die afgelope twee jaar.

Nigel Farage het gister in Europese Parlement, gewaarsku dat die immigrasie krisis geïgnoreer word.

“Ek voel asof ek ‘n vergadering van ‘n godsdienstige sekte hier vanoggend bywoon. Dis asof die wêreldwye revolusie van 2016, Brexit, Trump, die Italiaanse verwerping van die referendum, het heeltemal by julle verbygegaan.

“Geen twyfel, baie van julle hier sal waarskynlik julle eie kiesers verag vir wat ek nou gaan sê, want net verlede week, het Chatham House, die betroubare groep, ‘n massiewe opname van 10 Europese lande gepubliseer, en slegs 20% van die mense wil immigrasie uit Moslem lande laat voortgaan. Net 20%. … Wat beteken jou kiesers het ‘n harder standpunt oor hierdie as Donald Trump, of myself, of eintlik enige party in hierdie Parlement … En die feit is, die Europese Unie het geen toekoms nie in sy huidige vorm. En ek vermoed julle is in vir so ‘n groot skok in 2017 as wat julle in 2016 gekry het.”

Die EU se vlugtelingkrisis is nie ‘n natuurlike verskynsel nie. Dit het saamgeval met Soros Open Society Foundation-skenkersgeld aan die VSA-gebaseerde Migration Policy Institute en die platform vir internasionale samewerking op Ongedokumenteerde Migrante, albei Soros-geborgde organisasies. Beide groepe bepleit die hervestiging van die derdewêreld Moslems in Europa.

In 2015, het ‘n Sky News verslaggewer bevind dat “Migrante Handboeke” op die Griekse eiland Lesbos versprei word. Dit is later aan die lig gebring dat die handboeke wat in Arabies geskryf is, uitgegee is om immigrante oor die Middellandse See te help deur ‘n groep genaamd “Welkom by die EU” befonds deur die Soros Open Society Foundation.

In ‘n klein dorpie in die VSA, Fargo, Noord-Dakota, het ‘n plaaslike televisie verslaggewer die Soros-plan vir die Verenigde State van Amerika oopgevlek om die land te oorstroom met Moslemvlugtelinge. Die PNAE, is deur Soros gebruik om te probeer om miljoene mense uit die Midde-Ooste in te voer en te vestig in klein dorpies soos Fargo.

U sal hierdie berig in geen ander Afrikaanse nuusmedium lees nie. Die tyd, moeite en insette wat dit verg het ondersteuning nodig. Sluit vandag nog aan by Praag!