Farage vertel Duitsers om nie vir Merkel te stem nie

Nigel Farage het aan die media by die CPAC-konferensie vertel by die Gaylord National Convention Center in National Harbor, Maryland, dat Duitsers nie moet stem vir Angela Merkel nie.

Die voormalige UKIP-leier en lid van die Europese Parlement, wat deur Donald Trump beskryf is as “die man agter Brexit,” het in ‘n onderhoud met Deutsche Welle oor Europa se komende verkiesings gepraat.

“Ek sou nie stem vir Angela Merkel nie, dit is die eerste stuk raad wat ek sal gee,” sê Farage. Hy het bygevoeg dat Merkel ‘n paar “katastrofiese foute” met die immigrasiebeleid van haar land gemaak het.

“Die opening van die grense aan die sogenaamde vlugtelinge, toe dit geblyk het dat 70 persent van hulle jong mans is, en ekonomiese migrante. Geen keuring, geen sekuriteitskontrole op ‘n enkele een van hulle nie, en al hierdie dinge in ‘n regime in Europa – waar ‘n man ‘n vragmotor in ‘n Kersfeesmark kan inry in Berlyn – waarvan sy die grootste ondersteuner is. En omdat sy opgegee het op grensbeheer, kan die mees gesoekte man in Europa indien nie die wêreld nie, daarna ‘n trein haal na Frankryk, en dan na Italië, sonder dat iemand nagaan wie hy is,” het hy gesê oor die terreuraanslag in Berlyn.

“Ons kyk na die Duitse verkiesing, ons kyk na die Nederlandse verkiesings, Franse verkiesings en kort voor lank sal daar Italiaanse verkiesings wees – Ek dink daar gaan vanjaar ‘n groot verskuiwing in die Europese politiek wees.”

Farage het aan die CPAC gehoor vroeër gesê die “ware vriende” van die Verenigde Koninkryk kan Engels praat, in ‘n opmerking wat gerig is aan die Europese Unie. “Ons ware vriende in die wêreld praat Engels, beskik oor die gemene reg, en staan ​​by ons in tye van krisis,” het Farage aan Trump-ondersteuners gesê.

Hy het gesê hy ondersteun ook Trump se kritiek van die media. “Jy [Trump] het net ‘n paar maande van mishandeling [deur die media], ek het 20 jaar daarvan,” het hy gesê. Hy het gesê ná agt maande van Brexit het “niks gebeur nie”.

Farage het herhaal wat Trump in ‘n onderhoud aan die Duitse dagblad Bild en Britse koerant The Times gesê het, en die Duitse kanselier se “katastrofiese fout” genoem deur toe te laat dat immigrante die land oorstroom.

Die Amerikaanse president het by die konserwatiewe konferensie verwys na Europa, veral Swede, Frankryk en Duitsland met betrekking tot immigrasie. “Kyk wat gebeur in Swede. Ek is lief vir Swede: mooi land, mooi mense … Die mense daar verstaan ​​ek is reg,” het Trump aan ‘n gehoor by die Konferensie (CPAC) gesê.

Withuisstrateeg Steve Bannon het ook oor die werklike bedreiging uitgebrei in sy optrede: ‘n kritiese media wat funksioneer as “die opposisieparty” sê hy. “Hulle is die korporatitiese, globalistiese media wat onwrikbaar gekant is teen die ekonomiese nasionalistiese agenda wat Donald Trump het,” het Bannon gesê.

Bannon voorspel dat die media “elke dag” sal veg teen die Trump agenda. “Dit gaan net erger word,” het hy gewaarsku.

Maar hy het kiesers gerusgestel en gesê Trump is soos ‘n “maniak gefokus” op sy veldtogagenda, wat hy beskou as ‘n “nuwe politieke bestel”.

Macron se kanse om Le Pen te klop is skraal

Volgens Eurointelligence, is die kanse van Emmanuel Macron om teen Marine Le Pen te wen, skraal. Macron is nog ‘n Soros oop-grenssurrogaat.

Ifop se meninsgpeiling toon Macron kan slegs 14 persent steun van werkers verwag, dieselfde as Jean-Luc Mélenchon, wat beskou word as ‘n randeier. Marine Le Pen loop voor met 37 persent steun, terwyl die Sosialistiese Benoit Hamon effens beter as die ander twee kandidate met 18 persent vaar.

Blootstelling aan liberale onderwys was een van die skeidslyne ook in die Brexit stem en die Amerikaanse verkiesing. Macron is dus die stedelike gunsteling, maar nie op die platteland waar hulle die elite met ‘n groeiende agterdog bejeën nie. Baie ouer immigrante wil ook die invloei van nuwelinge beperk en sien hulle as direkte kompetisie vir poste. Hulle wil ook vir Le Pen gaan stem.

Le Pen verdeel die wêreld in globaliste en patriotte, terwyl Macron probeer om kiesers as progressiewes en konserwatiewes, in te deel berig Journal du Dimanche. In daardie sin, bied Le Pen se visie baie meer duidelikheid as oop grense en beledigings.

Om dieselfde rede, sal Geert Wilders na verwagting 20 persent van die stemme kry, in vergelyking met sy teenstander Mark Rutte se 16 persent in Nederland. In 2005 het die land die Europese grondwet verwerp en verlede jaar gestem teen ‘n verdrag vir EU bande met die Oekraïne.

‘n Peiling Dinsdag het getoon dat meer as 61 persent van die respondente Nederlandse politici as “elitistiese, onbetroubareen oneerlike” mense sien.

Die veldtog vir die Nederlandse verkiesing het Woensdag afgeskop, het Reuters berig. Wilders en sy party vir Vryheid loop voor in meningspeilings vir die grootste deel van die afgelope twee jaar.

Nigel Farage het gister in Europese Parlement, gewaarsku dat die immigrasie krisis geïgnoreer word.

“Ek voel asof ek ‘n vergadering van ‘n godsdienstige sekte hier vanoggend bywoon. Dis asof die wêreldwye revolusie van 2016, Brexit, Trump, die Italiaanse verwerping van die referendum, het heeltemal by julle verbygegaan.

“Geen twyfel, baie van julle hier sal waarskynlik julle eie kiesers verag vir wat ek nou gaan sê, want net verlede week, het Chatham House, die betroubare groep, ‘n massiewe opname van 10 Europese lande gepubliseer, en slegs 20% van die mense wil immigrasie uit Moslem lande laat voortgaan. Net 20%. … Wat beteken jou kiesers het ‘n harder standpunt oor hierdie as Donald Trump, of myself, of eintlik enige party in hierdie Parlement … En die feit is, die Europese Unie het geen toekoms nie in sy huidige vorm. En ek vermoed julle is in vir so ‘n groot skok in 2017 as wat julle in 2016 gekry het.”

Die EU se vlugtelingkrisis is nie ‘n natuurlike verskynsel nie. Dit het saamgeval met Soros Open Society Foundation-skenkersgeld aan die VSA-gebaseerde Migration Policy Institute en die platform vir internasionale samewerking op Ongedokumenteerde Migrante, albei Soros-geborgde organisasies. Beide groepe bepleit die hervestiging van die derdewêreld Moslems in Europa.

In 2015, het ‘n Sky News verslaggewer bevind dat “Migrante Handboeke” op die Griekse eiland Lesbos versprei word. Dit is later aan die lig gebring dat die handboeke wat in Arabies geskryf is, uitgegee is om immigrante oor die Middellandse See te help deur ‘n groep genaamd “Welkom by die EU” befonds deur die Soros Open Society Foundation.

In ‘n klein dorpie in die VSA, Fargo, Noord-Dakota, het ‘n plaaslike televisie verslaggewer die Soros-plan vir die Verenigde State van Amerika oopgevlek om die land te oorstroom met Moslemvlugtelinge. Die PNAE, is deur Soros gebruik om te probeer om miljoene mense uit die Midde-Ooste in te voer en te vestig in klein dorpies soos Fargo.

U sal hierdie berig in geen ander Afrikaanse nuusmedium lees nie. Die tyd, moeite en insette wat dit verg het ondersteuning nodig. Sluit vandag nog aan by Praag!

Nigel Farage: mediakrisis o.a. te wyte aan te veel homoseksuele by BBC

“Die mediabedryf verkeer in ‘n baie erge krisis,” het die Britse politikus Nigel Farage onlangs gesê. Hy het ook in ‘n bedekte verwysing na homoseksuele laat val dat die BBC die verkeerde mense in diens neem, veral as hul “lewensstylkeuses in ag geneem word – en dis ‘n verwysing na oriëntasie, sal ons maar sê, en weereens is hulle nie verteenwoordigend van wat ‘n mens buite Londen sien nie. Dus, weereens, moet die bedryf sy indiensnemingsbeleid geheel en al verander.”

Nigel Farage is ‘n voormalige leier van die VK-onafhanklikheidsparty, UKIP, en word allerweë beskou as die man wat die stem ten gunste van “Brexit” geswaai het. Hy het die opmerkings gemaak tydens die NewsXchange-konferensie in Kopenhagen, Denemarke, waar hy ook met die invloedryke regse webblad Breitbart ‘n onderhoud gevoer het.Volgens hom was die media die “grootste verloorders” in 2016, ‘n jaar van “politieke revolusie”.Hy sê: “Dit was ‘n jaar van politieke revolusie, asook ‘n totale ramp vir die meningsopnamebedryf en die media-uitsaaibedryf. As hulle verkeerd was oor Brexit, was hulle dubbel verkeerd oor Trump.

Hy het veral die krisis in die Sweedse media uitgesonder, wat hy die “ergste ter wêreld” genoem het. “Ek dink die heel ergste uitsaai-organisasie ter wêreld is in Swede. Swede is heeltemal afgesny, want daar is geen dekking nie.

“Hulle word nie eens toegelaat om die nasionaliteit van iemand wat ‘n misdaad pleeg te vermeld nie. Dit is nou verbode vanweë ‘n onderlinge ooreenkoms tussen die uitsaaiers en die koerante.

“(In Swede) het jy die opkoms van ‘n politieke party — hulle kan dit nie hanteer nie. Ek was drie weke gelede in Stockholm. Ek en die vorige Tsjeggiese president Vaclav Klaus het ‘n groot konferensie toegespreek — honderde mense — en ek is nie gevra om ‘n enkele Sweedse onderhoud te doen nie. Hulle wil nie daaroor praat nie. Dis ongelooflik.”

Sedert 1999 ondersteun Farage ‘n groep genaamd News-watch wat duisende ure van die BBC se spitstydnuusdekking ontleed vir vooroordeel en tans openlike bangmaakstories. Hy het verduidelik dat die BBC selfs kosprogramme gebruik om oor die “ramp” vir Brittanje buite die EU te praat, asook in Farming Today waar die staatsuitsaaier na die “katastrofe” verwys wat binnekort die Britse landbou (agv Brexit) gaan tref.

Trump se oorwinning, Brexit en nou Italië se referendum waartydens die globalistiese rigting verwerp is, het groot kommer by die hoofstroommedia veroorsaak, maar hulle hou aan om die verhaal van die verkiesing en openbare kommentaar oor dié politieke grondverskuiwings te sensureer.

“Wat ek sou sê, is dat dié bedryf in ‘n diepgaande krisis verkeer,” gaan Farage voort. “Dis so verwyder van die manier waarop gewone mense toenemend dink dat dit ‘n enorme gaping in die mark gelaat het wat deur die internet gevul word.”

Farage noem dat die stedelike elites in hul nuuskantore bydra tot die probleem van hoe hulle die nuus aanbied. “Een van die dinge wat ek vandag gaan sê, is dat hul indiensnemingsbeleid geheel en al behoort te verander,” meen Farage. “By die BBC is daar ‘n eng gedeelte van die samelewing — baie stedelik, baie metropolitaans, finansieel baie elite, met ‘n obsessie oor etniese vermenging en geslagsbalans.

“Ek sou vir seker nooit vir UKIP gekry waar dit tans is sonder YouTube en die nuwe webblaaie wat te voorskyn gekom het nie,” sê hy.

“Maar hoeveel nie-graduandi werk daar by die BBC? Wel, geen. En net so het jy die lewensstylkeuses van die mense wat by die BBC werk, wat betref hoe hulle leef — en dis ‘n verwysing na oriëntasie, sal ons maar sê, en weereens is dit nie verteenwoordigend van wat mens buite Londen sien nie. Dus, weereens, sal die bedryf sy indiensnemingsbeleid heeltemal moet verander.”

Farage meen dat die Europese media die beriggewing oor die EU en radikale Islam in oënskou sal moet neem, en die manier waarop hulle oor immigrasie verslag doen, geheel en al moet verander. En hy het ook klem gelê op die Westerse media se blatante vooroordeel as dit by klimaatsverandering kom, asook hul grootskaalse steun vir windenergie.
“Dis asof die groot sake nie net die politieke klas besit nie, maar ook die mediaklas. Tensy hulle realisties raak oor dié vier kwessies, gaan ‘n konferensie soos dié oor vyf jaar veel minder mense trek.”

Gedurende sy toespraak by die News Xchange-konferensie, wat jaarliks plaasvind, het Farage sy kommentaar oor die media se tekortkominge herhaal: “Daar is ‘n paar groot kwessies waaroor julle ouens hard sal moet dink.

“Die Europese kwessie is een van hulle — ons het met Brexit getoon dat dit moontlik is, en nou is daar vele lande in die Europese Unie wat ersntig or hul toekoms in dié projek besin. Ek dink die dekking oor radikale Islam is nog ‘n veld waar u heeltemal tred verloor.

“Betreffende immigrasie, dink ek daar is baie van u wat die onderwerp dek op ‘n manier wat enigeen wat die kwessie ter sprake stel, verdag maak asof hy kwaadwillige bedoelings sou hê — wat in die meerderheid gevalle gewoon nie waar is nie.

“Ek dink die dekking van radikale Islam is ‘n ander veld waar u heeltemal uit voeling is met groot dele van u eie bevolking. Trouens, dit gebeur ook in die politiek. Geagte Hillary (Clinton) kon nie eens sover kom om radikale Islam te sê nie —sy kon nie eens die term gebruik nie.

Farage stem met Trump saam dat CNN sedert Hillary Clinton se neerlaag agteruitgegaan het. “Hulle het ‘n vinnige skulderkenning gedoen en toe weer die gewone ding begin doen,” sê Farage. Volgens hom gaan hulle die huidige krisis wat hulle in die gesig staar, oorkom nie. “Ek is net nie oortuig dat dié groep mense daartoe in staat is nie.”

Farage het verder opgemerk dat die mediabedryf veral in Amerika enorme uitdagings in die gesig staar sover dit korporatiewe amalgamering van nuuskantore betref. Die media-oligopolieë bestaan op ‘n groter skaal in die VSA, maar wesentlik staar alle lande ‘n soortgelyke probleem in die gesig.

Om mediavooroodeel teen te werk, is maklik, verduidelik Farage. Al wat mense behoort te doen, is om die nuus af te skakel en hul inligting van alternatiewe bronne te verkry wat nie ten gunste van die establishment of die status quo bevooroordeeld is nie. “Hou net op kyk. Dit gaan oor ‘n verbruikerskeuse,” sê Farage.

Hy het ook met McClatchy News by die konferensie gepraat waar hy burgers aangemoedig het om hul eie keuses te maak. “Dis die gewone mense wat heeltemal moed opgegee het… As jy daardie mense kan inspireer om uit te gaan en te stem, kan jy die wêreld verander,” het hy gesê.

Teenoor Steve “Buzz” Thomma, McClatchy se politieke redakteur, het hy gesê: “Die enigste manier waarop jy van jou land beheer kan neem, is deur die EU te verlaat en van jou grense beheer te neem.”

Nigel Farage sal nie VK se diplomaat in VSA wees nie

Nigel Farage gaan nie as ambassadeur na Amerika gestuur word nie.

Farage, voormalige en nou weer waarnemende leier van die regse Britse party Ukip, het Donald Trump vier dae ná die verkiesing in Manhattan by Trump Tower besoek.

Hy het hom sterk beywer vir Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU) en as leier van Ukip uitgetree net nadat die Britte ten gunste van Brexit gestem het.

Trump het getwiet dat Farage ’n gewilde keuse as ambassadeur sal wees, maar die Britte is nie geneë om Farage as diplomaat aan te wend nie.

Theresa May, die Britse premier, was versigtig om kritiek teen Trump te lewer en net beklemtoon dat dit belangrik is om te besef dat die twee lande reeds baie sterk bande het.

“Wat die ambassadeurspos betref, is daar nie ’n vakature nie. Ons het ’n uitstekende ambassadeur in Amerika en hy sal voortgaan met sy werk,” het haar woordvoerder gesê.

Intussen het Trump met Tulsi Gabbard, die linkse verteenwoordiger van Hawaii samsprekinge gehou oor hoe om die oorlog in Sirië te beëindig wat die NeoCons begin het. Haar pa is self ‘n vuuvreter teen gayregte.

Gabbard is ‘n Bernie Sanders ondersteuner maar het gesê sy sal saamwerk met Trump. Sy word oorweeg vir die pos van buitelandse sake.

Trump het die pos van VN-ambassadeur vir Nikky Haley gegee. Sy is ‘n Indiër, lid van ‘n Sikh-gesin, gebore as Nimrata Randhawa en ‘n voorstander van Israel.

Farage waarsku Brexit word geblokkeer deur howe

Nigel Farage, die voormalige Ukip-leier, het gewaarsku daar sal ‘n opstand wees indien die Parlement deur die Britse hooggeregshof verplig word om die Brexit-referendum te keer.

Die tussentydse leier het sy woede teen die besluit van drie onverkose senior regters uitgespreek om premier Theresa Mei se aanwending van Artikel 50 te keer.

Die wetlike aansoek is gebring deur Bly-ondersteuners, wat gesê het die prerogatiewe magte wat die artikel gebruik, is nie voldoende nie en parlementêre goedkeuring is nodig vir Brexit.

Farage het aan die BBC gesê: “Ek is bekommerd dat verraad naby kan wees. Ek vrees nou dat elke poging aangewend sal word om Artikel 50 te keer of dit te vertraag. As dit so is, hulle het geen idee van die vlak van openbare woede wat hulle sal ontlok nie.”

Ukip-voorloper Suzanne Evans het ook haar verontwaardiging uitgespreek: “Hoe durf hierdie aktivis-regters probeer om ons wil ongedaan te maak?”

Ukip se enigste LP, Douglas Carswell, het dit as “skokkende geregtelike aktivisme” verdoem, en bygevoeg dat “hierdie regters is in wese politici sonder aanspreeklikheid”. Hy het later getwiet: “Blyers, aangehelp en ondersteun deur prokureurs, is besig om kiesers te vertel hulle stemme beteken niks.”

Tory-LP Peter Bone het aan die Daily Mail gesê hy voel “ontsteld” deur die beslissing, en bygevoeg: “. Ek dink dit is vreemd dat die hof probeer om die Parlement te vertel wat om te doen.”

May se regspan het aangevoer dat sy in staat is om artikel 50 van die Verdrag van Lissabon in werking te stel, wat die formele tweejarige proses om die EU te verlaat sal afskop. Dit sou die Brexit-onderhandelinge deur uitvoerende bevel begin, sonder dat dit deur die Parlement hoef te gaan, maar die hooggeregshof het die Bly-kamp gelyk gegee.

Die hof se beslissing, as dit gehandhaaf word op appèl, sal Brexit in chaos dompel.

Deutsche Bank het gesê hulle glo ‘n vroeë verkiesing svolgende jaar is nou onvermydelik en planne ingesluit in hul “basis geval”, maar Downingstraat het daarop aangedring daar moet nie ‘n verkiesing wees voor 2020 nie.

Farage se veldtog het vir Brexit gesorg en hy die 23 Junie-referendum as Brittanje se “onafhanklikheidsdag” beskryf.

Brittanje dié week lamgelê deur verkiesing

Leiers van politieke partye in Brittanje is besig om hulle verkiesingsveldtogte af te handel in die laaste naweek voor die land se algemene verkiesing.

Volgens die jongste meningspeilings loop die Konserwatiewe Party en die Arbeidsparty kop-aan-kop om die verkiesing te wen.

Kiesers sal Donderdag na die stembus gaan om die land se 56ste regering te verkies.

Daar is egter nie enige party wat sonder ‘n koalisie sal kan regeer nie, iets wat die FT verlede week as die laaste stuiptrekkings van ‘n eertydse wêreldmoondheid beskryf het.

Die Konserwatiewe Party van David Cameron en die Liberaal Demokrate regeer die land op die oomblik saam.

Die VSA kyk toenemend na Duitsland as Europese vennoot omdat Brittanje nie genoeg in NAVO wil belê nie, wat gelei tot ‘n afwatering in die verhouding van die Atlantiese tandem. Cameron se belofte dat ‘n referendum oor die EU gehou sal word, is een van sy party se sentrale temas.

Cameron vrees dat UKIP se leier, Nigel Farage, met sy vaardige retoriek van die konserwatiewe steun kan afrokkel.

Farage is teen immigrasie gekant wat ‘n “massiewe ooraanbod in die arbeidsmark” veroorsaak.

Die huidige koalisie-regering spog dat die Verenigde Koninkryk meer in buitelandse hulp uitdeel “as enige ander Westerse land”, iets wat Farage ook uitbuit.

UKIP word as “ekstreem en rassisties” deur hulle mededingers voorgehou.

Die Konserwatiewe Party hoop dat die aankondiging van die koninklike geboorte van ‘n prinses hul kanse sal vergroot op ‘n oorwinning.

Intussen het die Russiese media berig dat die baba ten minste drie dae ouer is as wat die gesin wil voorgee en dat die aankondiging ‘n “opvoering” is.