praag.co.za

Starbucks beledig Italianers met palmbome langs ikoniese katedraal

Written by

in

,

Inwoners van Milaan is woedend oor die skielike verskyning van ‘n spul palmbome wat die beroemdste katedraal in Milaan, ‘n 14de-eeuse Gotiese wonder bekend as die Dom van Milaan, verbloem.

Hulle sê die nie-inheemse plante langs ‘n ikoniese Italiaanse argitektuurbesienswaardigheid is uit plek.

Nasionaliste voel die plant-projek, geborg deur Starbucks, die Amerikaanse koffiereus, ‘n bykomende belediging is vir koffiemal Italianers. Italië spog met ‘n netwerk van meestal onafhanklike koffiekroeë wat uiteindelik strawwe kompetisie van die Amerikaanse multinasionale bedryf in die gesig kan staar.

Die 42 palmbome, sommige van hulle vyf meter hoog, is die eerste plante wat piesangbome in die skaduwee van die katedraal ook insluit.

“Palms en piesangs in Piazza Duomo! Al wat ons nou nodig het is kamele en ape en ons sal regtig Afrika in Italië wees,” het Matteo Salvini, leier van die Noordelike Liga, verklaar.

Die anti-immigrasie politikus het gewaarsku dat Starbucks duisende swart migrante kan gebruik in die toekoms vir Starbucks se Italiaanse afsetpunte, nadat die maatskappy voorgestel het dat hulle werk aan “vlugtelinge” sal gee.

“Sover hul koffie betref, sal ek myne iewers anders koop,” sê Salvini.

Verskeie Italianers in Milaan is gewalg deur die palmbome, maar ‘n swarte het gesê hy voel tuis toe hy gevra is of die bome daar welkom is. Hy het geantwoord: “Ja, dit is ‘n goeie atmosfeer”.

Italië het intussen ook ‘n linkse wet probeer deurdwing met boetes van tot €10.000 en gevangenisstraf van tot twee jaar vir die verspreiding op die internet van “vals, oordrewe of kwetsende nuus” of diegene wat verantwoordelik is vir “veldtogte van haat” omdat Afrika en piesangbome nou die onderwerp van spot geword het na die Starbucks-plan.

Die konsepwetgewing sal nie van toepassing wees op koerante nie. Papiernuus sukkel om met die internet mee te ding.

Comments

6 responses to “Starbucks beledig Italianers met palmbome langs ikoniese katedraal”

  1. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    “Sover hul koffie betref, sal ek myne iewers anders koop,” sê Salvini.

    Starbucks in die land van cappuccino’s! LASTER!

    En onmiddellik onthou ek “The Raiders of the Lost Empire”. Suid-Afrikaners sal juis suiker Starbucks toe, want dit is tog so eksoties. Die plaaslike boerekoffies kan ons sommer self maak. (En tog koop ek Nescafé-sakkies…cappuccino’s is my doodsonde)

    1. sussie se vissie Avatar
      sussie se vissie

      Skort nog net n branderpoel en die dreunsang van die Beach Boys se ‘California Girls’ oor luidsprekers.

      1. Suidpunt Avatar
        Suidpunt

        Uhm, nee – daardie toneel pas eerder by ‘S _ _ on the beach’, ‘n geel-rooidrankie met ys, lemoenskyfie, sambreeltjie en strooitjie en kersie. Versuikerde rand en frangipaniblommetjie opsioneel.

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ek kannie kitskoffie in watter vorm ookal oor my lippe kry nie. Dit ruik vir my soos ‘n sinkplaat – en proe ook vir my so.

      1. Suidpunt Avatar
        Suidpunt

        Dan weet ek presies wat jy gaan sê van Vanilla Coke… En eintlik is dit net gewone Coke met vyf druppels vanieljegeursel.

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Ek het dit eenkeer probeer en dit het my gewalg – tog is ek verskriklik lief vir kos met vanieljegeursel – vla (veral my vrou s’n wat nie met die aanmaakpoeiertjies gemaak word nie), melktert (hou egter meer van my ouma se resep wat amandelgeursel en klapper opgehad het), vanieljeroomys, het ek genoem melktert (ruil my valstande daarvoor)?

Leave a Reply