praag.co.za

Wilders maak ongewone openbare verskyning vir veldtog

Written by

in

,

Sekuriteit sal hul hande vol hê met Geert Wilders tydens sy verkiesingsveldtog. Hy het Saterdag in Spijkenisse, ‘n voorstad van die PVV-vesting van Rotterdam, Nederland, ‘n seldsame openbare verskyning gemaak.

Op 10 November 2004 is twee aanvallers gevang ná ‘n uur lange beleg van ‘n gebou in Den Haag. Hulle was in besit van drie handgranate om Wilders te vermoor. Die verdagtes was vermoedelik lede van wat die Nederlandse intelligensie-agentskap, die Algemene Inlichtingen- en Veiligheidsdienst, die sogenaamde Hofstadgroep noem.

Die lede van hierdie terroriste-organisasie het gereeld bymekaar gekom in die Amsterdamse huis van Mohammed Bouyeri, die moordenaar van Theo van Gogh. Sedert dié voorval is Wilders onder konstante bewaking as gevolg van gereelde bedreigings teen sy lewe.

Wilders het ‘n oproep gedoen vir die sluiting van al die moskees in Nederland en ‘n verbod Moslem immigrasie, berig Reuters.

Hy het Marokkane as “vuilgoed” beskryf.

Rotterdam, ‘n hawestad, spog met ‘n groot Moslem-bevolking, omdat die Moslem burgemeester van Rotterdam Ahmed Abou Taleb, wat die Nederlandse Arbeidersparty verteenwoordig, lief is vir linkse multikulturalisme.

Abou Taleb, die seun van ‘n imam in die noorde van Marokko, het verhuis na Nederland in 1976. Rotterdam, die tweede grootste stad in die land met ‘n bevolking van meer as 610 000 het die eerste immigrant in so ‘n posisie in Nederland aangestel.

“Ek wil hê dat ons in die regering moet wees,” het Wilders verlede week gesê ten einde Nederland te “de-Islamiseer”.

In ‘n onderhoud Donderdag met Associated Press, het Wilders gesê die voorstel, wat insluit die sluiting van die land se grense teen migrante uit Islamitiese lande, die sluiting van al die moskees en ‘n verbod op die Koran, is wetlik korrekte maatreëls.

Wilders het ook geskimp dat grondwetlike verandering moontlik is, want ‘n “grondwet is nie iets wat in klip gegiet is en nooit verander kan word nie”.

Vrydag het sy party wetgewing voorgestel om ‘n tradisionele Nederlandse sprokiesfiguur, Zwarte Piet te behou, volgens die plaaslike media. Zwarte Piet, is St Nicholas se swart helper in die Nederlandse tradisie van Sinterklaas, maar die swartgesmeerde gesigte, ‘n uitbeelding van die karakter, het kritiek van linkses wat sê dit is “rassisme” uitgelok.

Volgens ‘n senior lid van Wilders se party, Harm Beertema, is die werklike belang van “hierdie klein wet” want “die aanval op Sinterklaas is tot nou toe mees suksesvolle aanval in die oorlog teen ons identiteit. Dit gaan oor die bewaring van ons kultuur”.

Die Turkse-gebore Arbeider LP Selcuk Ozturk het PVV-lede in die parlement gekoggel: “Kyk hoe sit hulle daar,” het die vyandige Ozturk neerhalend gekekkel, verwysende na Martin Bosma en Machiel de Graaf, as “die dienaars van Geert”, het die Volkskrant berig.

Wilders loop voor, met liberale aanspraakmaker premier Mark Rutte agter. Rutte is effens aangehelp deur sy eie herhaling van anti-immigrasie retoriek en rooskleuriger ekonomiese vooruitsigte.

Groot partye het ‘n koalisie met Wilders uitgesluit, maar ‘n oorwinning vir Wilders, ‘n Franse bondgenoot in Marine Le Pen, asook die opkoms van die AlternatieF vir Duitsland – almal anti-immigrasie partye wat hoop om die Europese politiek op sy kop te draai – sal so ‘n besluit ongedaan maak.

Maak ‘n verskil en sluit vandag nog aan by Praag! U sal nie hierdie nuus in enige ander Afrikaanse publikasie lees nie. Die meeste wil nie hê u moet van die opkoms van nasionalisme in Europa weet nie, want dit gaan ‘n Afrikanertoekoms skep.

Comments

26 responses to “Wilders maak ongewone openbare verskyning vir veldtog”

  1. Thys Du Plessis Avatar
    Thys Du Plessis

    Ek wonder hoeveel van ons volk nog werklik Gelowiges is. Neem byvoorbeeld die mense wat huis en grond verlaat het om as volk die God van hulle vadere te dien, ek praat nou van mense soos die Hugenote en die Voortrekkers, mense wat nie op die hulp van die wêreld gehoop het nie, maar met vertroue in hulle Skepper gehandel het na wat reg is. Hulle God op Sy woord geneem het en Hom nagevolg het, maak nie saak wat die omstandighede of die die opienie van die wêreld was nie.
    As ek deur ons geskiedenis terugkyk dan is dit een van die kommerwekkendste ontwikkelinge wat ek waarneem, hierdie wegdryf van God en die hoop wat gestel word op die simpatie en empatie van die wêreld. Ek vra die vraag, in die afgelope 365 jaar (interessante getal) waar was die wêreld watter land het ons ooit openlik, onbeskaamd en daadwerklik bygestaan? Mis ek iets is daar n gebeurtenis wat ek van vergeet?
    As ek terugkyk in ons geskiedenis dan is dit deurweef van gebeure waar die God van ons vadere ons openlik, onbeskaamd en daadwerklik bygestaan het, waar Hy ingegryp het om ons beskut het. Waarom dan volhard ons volk om hul God vir die wêreld te verruil. Hoe lank sal ons so aanhou voordat Hy soos vir oud Israel se genoeg is genoeg gaan hoereer met die minnaars wat jy so liefhet sodat hulle jou na willekeur kan verniel en verneder? Ja inderdaad dit het al gebeur en ons gaan die volle geweld daarvan binnekort weer beleef hierdie keer erger as met die tweede vryheidsoorlog.
    Ek het niks teen objektiewe en akkurate nuus nie, in teendeel ek dink dit is voordelig en belangrik, maar stellings soos,
    ” Maak ‘n verskil en sluit vandag nog aan by Praag! U sal nie hierdie nuus in enige ander Afrikaanse publikasie lees nie. Die meeste wil nie hê u moet van die opkoms van nasionalisme in Europa weet nie, want dit gaan ‘n Afrikanertoekoms skep.”
    is misleidend in die sin van die skep van n toekoms. Daar is net Een wat vir ons n toekoms kan skep en ons mag op Hom alleen vertrou. “Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou ……..”
    Hiermee se ek nie dat ons Vader nie die Europeërs kan gebruik om so n toekoms te skep soos wat Hy byvoorbeeld Artasásta in die dae van Nehemía gebruik het om ons by te staan nie, maar die eer kom Hom alleen toe.

    Ons moet totaal van ons sekulariteit ontslae raak en werklik besef dat alles wat ons sien in Sy hand is en dat Hy volle beheer uitvoer.

    1. besoeker Avatar
      besoeker

      Dit is wat aan die gebeur is. Geen hoop vir ons in hierdie land- maar daarin le ons redding. Maar daarom ook word na strooihalms gegryp soos die aanbidding van die die blankebeskawing. Daar is/was beskawing juis vanwee ons God se genade, en daar sal verwoesting wees juis van ons God se genade. Want ‘n strafgerig het net twee uitkomste: of jy keer terug na die God van Israel of jy vlug en loop agter ander gode aan.

      1. sussie se vissie Avatar
        sussie se vissie

        “….verwoesting wees JUIS van ‘ons’ God se genade” ?
        Contradictio in terminis….I dare say.
        Meer n geval val ons eie verwoesting…en dan n post de facto afsmeek van God se genade.

        1. besoeker Avatar
          besoeker

          Nee. Presies wat daar staan. Maar dan die Woorde van die God van die OT word nie gelees nie of nie geglo nie. Baie lekkerder goed in die NT. Moenie jou kop daaroor breek nie.

    2. Suidpunt Avatar
      Suidpunt

      Ek ondervind wel een probleem.

      “Die sekulêre humanistiese siening dat die geskiedenis die somtotaal van die menslike prestasie verteenwoordig, moet deur die SKRIF-gelowige vanweë sy mensgerigtheid verwerp word. Vir hom verteenwoordig die geskiedenis die verhaal van die vervulling van [God se] profesieë oor die mensdom.” – soos aangehaal uit “Rigters onder die Suiderkruis” deur N.A. Burger.

      Wat is jou doel in die lewe dan? Om net blindelings jou gang in ‘n fatalistiese doolhof van Christenskap te loop, bloot omdat dit nou maar die regte ding is om te doen, is nie meer genoeg nie. Daar moet rede agter steek.

      As mens met so ‘n ingesteldheid leef, kan jy netsowel soos sekere volke onder bome gaan rus en niks doen nie. Gods water oor Gods akker laat loop. Jy is ‘n vriend of kind van God, en nou is ek tevrede. Ons is dan niks beters as diere nie. “Mensgesentreerdheid” het juis behels: hey, God het elemente en grondstowwe vir ons gelos, en kennis, en die wetenskap: ons kan medisyne ontwikkel, tegnologie, en drukwerk en Internet om ons lewens makliker te maak, sodat ons ander werk kan voortsit met meer waarde. Dit is die benutting van Godgegewe talente.

      Ons almal ken die Christelikse volke in veral Suid-Amerika en Afrika wat in hul millennia se bestaan bykans niks tot stand gebring het nie. Wie stel dan God nou die meeste teleur? Of skeel dit Hom min? Of is dit nou maar die universele wet van oorsaak en gevolg van middelmatigheid: diegene wat die meeste hard gewerk en sukses bereik het, sal altyd deur die luier volke rondom hulle binnegeval en geplunder word. Of, die luier volke sal altyd die slawe van die slimmes wees? Dit kan jy duidelik sien in die boeke van die Makkabeërs. Israel kon na die terugkeer van Babilon tot met die Romeinse diaspora, met hul nougesetheid om Gods woord soms té letterlik na te kom (juis omdat hulle geleer het uit hul foute van pre-Babiloniese ryk, om daardeur vir geen iets wat ruik na ‘n dwaalleer te swig nie), nie verhoed dat hulle vir meer as ‘n 1 500 jaar nie Israel weer sal sien nie. En nou skep ons net nog ‘n debat oor die eksistensialisme.

      Vir my gaan alles rondom waarheid, egtheid en praktyk en toekomsblik. Dit help nie jy is soos ‘n geslote rekenaarprogram wat net gemaak is om te bestaan, in wese ‘n Tamagotchi, net om afgesluit te word sodra jou battery pap is nie. Daar is iets soos nalatenskap, daar is werk waarop ander kan verbeter, verfyn. (Waarom anders is jy dan hier op aarde?) Maar verkieslik: sal gebruik. Al Dawid en Salomo se damme en parke en harde werk en nagte wakkerlê is daarmee heen – vriend van God of nie – daar het niks oorgebly nie. Wat is hul nut, soos die miljuisende mense voor en na hulle dan, baie waarvan niemand tot die geskiedenis bygedra het nie? Waarvan baie streng gesproke dan nie eens hoef te bestaan het nie? Net hul waarskuwende woorde. Foute wat gemaak is, wat gedokumenteer is, waaruit geleer kan word. Woordeboeke, sodat taalkodes ontsluit kan word van inligting waarop ons verder kan uitbou.

      Die vraag kom daarop neer: waarom is ek ‘n Christen in die eerste plek? Beloftes in die Bybel van voorspoed is bysaak – selfs die heidense volke van die eerstewêreldlande kry dit reg. Die rede van die Christendom – dit is die essensie waarna ek soek.

      As jy moet weet, wat die politiek betref, ervaar ek ‘n deja vu. En ek voel blasé daaroor. Dit sal voortaan altyd ‘n toutrekkery tussen Globaliste/Empaaierondersteuners vs. Nasionaliste/Regionaliste wees.

  2. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Die Turkse-gebore Arbeider LP Selcuk Ozturk”
    Turkse-gebore=Turk=islamofascist=crimineel EN RACISTISCH.
    Arbeider ? De man heeft nog nooit gewerkt en is een oplichter die gezien zijn afkomst alle ruimte krijgt in volksvijandig Nederland.
    90% van ALLE allochtone bedrijven in o.m. NL zijn niks meer dan een op subsidies terende dekmantel voor criminele praktijken.
    Waarom zou bv. een echte Nederlander niet een broodje vlees kunnen verkopen in de stad ?

  3. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Wil hierdie net vinnig deel. Kovsie-kampus. 21 Februarie 2017.

    https://youtu.be/1kgCgeq63rQ

    1. Suidpunt Avatar
      Suidpunt

      “Middeleeuse studente het as ‘n groep harder gewerk en onder strenger tug gestaan as hul hedendaagse eweknieë, maar ook baie voorregte geniet. Hulle was nie aan siviele regsprosesse onderwerp nie, was vrygestel van militêre diensplig en belasting en het selfs ‘n mate van beheer oor die doen en late van dosente uitgeoefen. Fisiese botsings tussen studente van verskillende nasionaliteite of tussen studente en dosente of burgery was nie buitengewoon nie en die burgerlike gesag moes dikwels ingryp om orde te herstel. Hul bevoorregte posisie het universiteite dikwels die beste daarvan laat afkom in botsings met die burgerlike gesagvoerders. Een gevolg hiervan was dat misdadigers dikwels in die Latynse kwartier byvoorbeeld in kerke geskuil het en hulle as studente voorgedoen het. Gevolglik is moord, ontug en roof as kenmerke van ‘n studentegemeenskap aanvaar.” – bl. 344. “Die Middeleeue”, Pretoria:Butterworth, G.N. van den Bergh (1983).

      Ongeag of hierdie mense volwassenes is, soos volwassenes behoort op te tree, ouer as 18 is, wetlik aanspreeklik is, het ons nog steeds in die media daardie “foei tog, hulle is maar net studente”. Wat uit die Middeleeue dateer.

      1. Betzie van Rensburg Avatar
        Betzie van Rensburg

        Die arme Abelard wat ook ‘ skeef’ getrap het , terwyl hy homself skolasties besig gehou het . Swaar
        gestraf-vermink. In die twaalfde eeu.

    2. Anton Schutte Avatar
      Anton Schutte

      grot-monsters, modder-donners en ander pateete…glad nie bevoeg om enigiets anders te doen as om te toi-toi, breek, brand en verorber nie…en die goeters is my “medemens”?

      1. Betzie van Rensburg Avatar
        Betzie van Rensburg

        Medemens is maar n taai toffie.

  4. expatNederland Avatar
    expatNederland

    Het julle al Minderheid in Eigen Land gelees van PVV’er Martin Bosma? Ek het halfpad gestop met lees, want die verraad van De Klerk was nogmaals in die boek blootgelegd. Mandela was ‘n ‘martelaar’.
    Hier in NL is die PVV ‘n gehate party. Die linkse multi-kulti koerante predik en aanbid Groenlinks fraksievoorsitter Jesse Klaver.. Is om van mislik te word.

    1. G Avatar
      G

      Skitterende boek. Die linkses is basies terroriste soos Anders Breivik en ek hoop hulle word onder terroriste wetgewing aangekla en lewenslank tronk toe gestuur.

  5. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    mens kan net hoop en bid dat die kranksinnige links gesinde’s die steun en stem van die populasie verloor en dat mense soos Geert Wilders, Marine le Pen, Timo Soini en ander soort denkende mense hulle land en kultuur herwin.

    1. sussie se vissie Avatar
      sussie se vissie

      Als goed en wel Anton.
      Vertolk dit nou nie as strikvraag nie.
      Praag :-
      ‘ Die meeste wil nie hê u moet van die opkoms van nasionalisme in Europa weet nie, WANT DIT GAAN N AFRIKANERTOEKOMS SKEP ‘.
      Hoe bring jy die kloutjie by die oor in dié verband ?
      Die verwesenliking van enige radikale politieke swaai is moontlik, solank die albasters in jou sak oorwegend ‘wit’ is.
      Hoe gemaak met ons as 90% van ons ‘alies’ swart ghoens uitmaak ?
      Gebeur dinge ‘na wense’ in Europa…sal ‘ons’ bloot kan sug en droom. Of hoe ?

      1. besoeker Avatar
        besoeker

        “ Eweneens so om in n oomblik van verknorsing retrospektiewelik te wil gryp na God & gebod.”

        Klink so asof jy soos die res van almal die gebeure by Bloedrivier ontken. Tiperend van julle wat in die oomblik van verknorsing so ver as moontlik van God en Sy wet af weg hol.

        FYI- die dodelike ‘verknorsing’ het bestaan – 470 teen 10 000 plus.

        Daar is ‘ gegryp’ na God en Sy gebod – gelofte AAN HOM met ‘n teken van sabbatsrus.

        Uitkoms- wonderwerk – oorwinning wat die Boer respek laat verdien het en nie een Boer dood nie .

        “Liggelowige huigelary steek my dwars in die krop.” Ditto.

        1. sussie se vissie Avatar
          sussie se vissie

          ‘Klink so asof jy soos die res ( hul’s nou wie ? ) van almal ( hul’s nou waar ? ) die gebeure by Bloedrivier ontken’.
          Ek neem met leedwese kennis van hierdie aanname.
          Wat ek wel se, is as die vasgekeerde en beangste siele in Masada met voorlaaiers/Sannas of Bobbejaanboudt-gewere gewapen was in hul stryd teenoor die oormag Romeine met hul kort dolk- en steekspiese, het ons na waarskynlik nog n Bybelse ‘wonderwerk’ aanskou.
          Maar eintlik is hierdie nie die ‘issue’ nie.
          My renons le daarin gesetel dat die Afrikaner/Boer/boer in n oomblik van benoudheid ( nes n hardlywige wat verligting soek deur te reik na die afsluk van n vinnige purgasiemiddel ) – gou is om Heertjie! Heertjie! by naam te roep.
          En dit omdat daar geen wil of planmatigheid bestaan om in vooruitskatting van 20-jaar…. nog 10,000 + blanke siele die lewe aan die hand van swartes gaan verlaat nie.
          Oplossings word gesoek na dit wat voorle. Of jou beheptheid in omhelsing van die geskiedenis deels hiertoe sal/kan bydra, is te betwyfel.
          Maar nou ja…..die osse stap aan deur die stowwe, en die drywer wag waarskynlik in verskyning van die man ‘in n bruin pak’?
          Sug.

      2. G Avatar
        G

        Jy moet defnitief ‘n Naspes trol wees. Ek sukkel weer nie. Nasionalistiese regerings in Europa sal pro-Afrikaans wees, maar Naspes wil nie hê Afrikaners moet dit uitvind nie.

        1. Rifrug Avatar
          Rifrug

          “Nasionalistiese regerings in Europa sal pro-Afrikaans wees …”

          Ag-nee G … jy dwaal! Meeste Europeers weet nie eers van SA nie! Pro-Afrikaans … in jou wildste drome!

          1. sussie se vissie Avatar
            sussie se vissie

            Skort n punt…met afsluiting van sin na ‘Praag’.
            🙂
            Sielsmoeg vir hierdie binnekring-verdagmakery.
            Vind die kameraderie onner die spul EWN Ingelsmanne ( en hul gevatheid ) – meer Alt-Regs.
            Net partykeer trap ek op n soutie moderator se liddoring…in hoop om daarna as uitgewekene skuiling by my landgenote te vind.
            Helaas.
            Dankie vir u pro amico gebaar.

        2. sussie se vissie Avatar
          sussie se vissie

          “Ek sukkel weer nie”.
          Klink soos n bekentenis?

      3. Anton Schutte Avatar
        Anton Schutte

        Ek glo dat baie min mense weet waar ons Afrikaners leef, wie ons is, en wat ons daaglikse uitdagings is. Min van hulle sal on landjie op a aardbol kan vind. Ek glo dat Europa regs van die huidige politiek sal skuif, en of dit vir Suid Afrika se wit bevolking tot hulp sal wees, sal ons maar moet sien. Insofer the 90% swart ghoens…baie van hulle hinker na meer as wat die huidige klomp in beheer offer. Ek glo dat malema en sy trawante n groot rol in die nabye toekoms gaan speel, verder tot die wit man se nadeel. (die gemiddlede effing cadre gaan nie navraag doen oor jou politiese opinie nie, en of jy Engels of Afrikaans praat nie, hy gaan jou dood weens jou wit vel) As die stof gaan le het, sal ons sien hoeveel van die oorblywende “ghoens” enigsiens omgee oor hulle skakering….

  6. besoeker Avatar
    besoeker

    “as dit is hoe dit met jou gaan as die Here met jou is, dan moet hy maar liewer ver wegbly van my af.”

    Dit is diesefde Here wat jou seen as jy by ‘n straathoek kom. Dit is die dieselfde Here wat groot is terwyl jou geld verduister word.

    Die ‘heeretjie’ gebruik is tweede natuur in ons volk en gly glad van die tong af maar het minder as niks betekenis nie.

    Mense het of ‘n hekel aan die ‘geloof’ of ‘glo’ sonder enige begrip en vreet op wat sewe jaar se teologie verkondig.

    Die antwoord is in die OT maar hierdie woorde beteken ook niks vir meeste.

    1. sussie se vissie Avatar
      sussie se vissie

      Noem jou ‘mense’ op hul naam….en die vissie van sussie gesels saam.
      7- jaar se ‘doellose’ gesoek na WAARHEID….dan eerder so as n ‘self anointed’ Piet Pompies op n tamatiekis oppie Kaapse parade.
      PS.
      Doen jy aan die hand ons die NT uitskeur?

      1. besoeker Avatar
        besoeker

        Jy lees verkeerd want jy sien nie ons mense op die straathoek met kartonbordjies: God bless op, nie. Net so min sien jy wat met ons volk gebeur.

        Nie uitskeur nie- bere in die kas- onttrekking is maar moeilik.
        PS- In kort, jy is nihil soos jou woorde,

        1. sussie se vissie Avatar
          sussie se vissie

          Dr Lecter aan Clarice Starling ; –
          “Do you wake up in the dark and hear the screaming of the lambs… Clarice”?
          Go figure – as jy kan.

Leave a Reply