Tweede Malawiër met miljoene se dwelms betrap

beitbrug‘n Malawiër sal Vrydag in Musina se landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hy na bewering in die besit van kokaien ter waarde van R19 miljoen betrap is.

Hy is verlede week by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem.

Die dwelms is deur ‘n snuffelhond op die bus waarin hy gery het, uitgeruik.

Borgtog is verlede week aan nog ‘n Malawiër borgtog geweier nadat hy met R23 miljoen se kokaien by Beitbrug betrap is.

Die departement van binnelandse sake het intussen gesê dat hulle bykomende personeel by die ingangspunte na die land sal ontplooi om te help om die toename in besoekers.

‘n Woordvoerder van die departement, Ronnie Mamoepa, sê die maatreëls sal gedurende die hele Feestyd geld.

Hy sê meer as drie miljoen mense het reeds in Desember die land ingekom, wat sowat 8% meer is as verlede jaar.

Die besigste punte was Johannesburg se OR Tambo-lughawe, gevolg deur die Beitbrug-grenspos.

‘n Swart sak met 25 pakkies wat na kokaïen lyk, is gevind by Hartenbos se strand, naby Mosselbaai, het die Wes-Kaapse polisie Vrydag gesê.

‘n Lewensredder het op Kersdag ‘n swart sak in die water in die see by Hartenbosstrand gewaar,” het kapt Bernadine Steyn gesê.

“Die sak was aan ‘n tou wat gekoppel en was aan ‘n voorwerp aangeheg.

In die sak was daar 25 pakkies wat kokaïen kan wees. “Elke pakkie weeg net meer as ‘n kilogram en as dit wel kokaïen is, sal die sak ‘n geskatte straatwaarde van R8 miljoen hê.

“Die pakkies sal na ‘n laboratorium geneem word om getoets te word, om [te sien] of dit kokaïen is of nie,” het Steyn gesê.

Plakkers in opstand oor Kaapstad se karige hulp

valhallaparkDie Stad Kaapstad het besluit om behuising vir dakloses tydelik te laat vaar nadat betogings uitgebreek het oor die karige bystand.

Planne is nou van die baan geskuif om blyplekke vir inwoners van Agstelaan in Valhallapark op te rig nadat brande honderde plakkers dakloos gelaat het.

Oproer en chaos het Donderdag in die gebied uitgebreek met inwoners wat buitebande aan die brand gesteek het toe die Stad Kaapstad “net vier sinkplate” aan Maandag se brandslagoffers gegee het.

Die Stad het met voorheen beloftes gemaak oor hoe hulle die lewens van mense gaan verbeter met die nuwe wonings.

Brandende bande en versperrings is op die Robert Sobukwe-pad aangebring.

Van die mense bly tans in die Nooitgedacht-gemeenskapsaal.

Inwoners het gesê dat hulle eintlik ou skeepshouers verkies. Hulle sê die sinkplate sal maar net een of ander tyd weer afbrand.

Die woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes sê die moeilikheidmakers is ‘n klein minderheid.

Die meerderheid dakloses is bereid om die stad se hulp te aanvaar. Samesprekings word tans met die gemeenskap gevoer om die probleem te besleg.

Aanvanklik is besluit om die ramp as ‘n “geleentheid” te sien om 580 nuwe sinkkaias te bou. Dit sou deel uitmaak van ‘n twee-jaar plan om munisipale opknappings in die woongebied te bespoedig.

Dit is alles egter voorlopig van die baan geskuif nadat die besluit tot oproer gelei het met plakkers wat paaie in die gebied afgesper het en aandring op beter behuising of baksteenhuise.

Egpaar oorweeg regstappe na rassistiese Mandela-boodskap

mandelamessages
Geen teken van enige boodskap nie

‘n Egpaar van Durban se name is glo sonder hul medewete gebruik om rassistiese kommentaar op die ANC-webwerf aan te bring, het RSG berig.

Die bladsy op die internet onder boodskappe van medelye vir Mandela op die ANC-webwerf is egter leeg. Dit is nie bekend of daar voorheen enige boodskappe in 2013 verskyn het nie.

Die egpaar oorweeg tans glo regstappe om die skrywer van die boodskap te vervolg.

‘n Inskrywing is onder die Durbanse egpaar se naam gemaak wat die ANC as ‘n terroriste-organsisasie bestempel. Die k-woord is gebruik en beledigende aanmerkings is oor president Jacob Zuma gemaak.

Die telefoonnommers en adres van die paar is onder aan die boodskap gelaat.

Die party het sy webwerf ingerig vir mense om meelewingsboodskappe te skryf ná die dood van oudpresident Nelson Mandela vroeër vandeesmaand.

Inisiasieskole eis byna 30

bizanaIn die jongste omstredenheid rondom inisiasieskole het dit aan die lig gekom dat sewe jong mans in die Oos-Kaap geslaan en met ‘n warm ysterstaaf gebrand is.

Hulle is gered en na die St Patrick’s hospitaal in Bizana geneem.

Minstens 29 jong mans is reeds tydens dié somer by inisasieskole in die Oos-Kaap dood.

Die voorsitter van die Oos-Kaapse huis van tradisionele leiers, Ngangomhlaba Matanzima het ‘n beroep op die regering gedoen om die polisie en weermag tydens die inisiasietyd te onplooi, veral in die Pondoland-gebied. – RSG

Meer as 1000 plakkershutte in brand verwoes

fireSowat 1400 plakkers is dakloos gelaat in die brand in die Valhallaparkplakkerskamp in Tygerberg in die Kaap.

‘n Woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes, het gesê 350 van die sowat 600 plakkershutte is in puin gelê.

Ses mense moes weens rookinaseming behandel word.

Solomons-Johannes sê die plaaslike gemeenskapsaal is ingerig om dakloses te huisves.

Namibiese vliegramp doelbewus veroorsaak

mozplane‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vlieënier van ‘n Mosambiekse vliegtuig wat verlede maand in Namibië neergestort en die lewens van 33 mense geëis het, die vliegtuig doelbewus laat neerstort het.

Van die 27 passasiers, was 10 Mosambiekers, nege Angolese, vyf Portugese en een burger elk van Frankryk, Brasilië en China aan boord.

Die vliegtuig het in swaar reën in Namibië se Bwabwata Nasionale Park verongeluk.

Die voorsitter van die Mosambiekse Burgerlike Lugvaart-instituut, Joao Abreu, sê opnames bevestig dat daar ‘n doelbewuste bedoeling was om die vliegtuig te laat neerstort wat die lewens van al ses bemanningslede en 27 passasiers geëis het.

Daar was ‘n “duidelike bedoeling” om te verongeluk, het ondersoekbeampte gesê. Die vlieënier, Hermino dos Santos Fernandes, het ‘n “duidelike bedoeling” gehad om dit te doen.

Dos Santos Fernandes het homself in die kajuit toegesluit, en nie toegelaat dat sy mede-vlieënier binnekom tot oomblikke voordat die vliegtuig die grond getref het nie, het Abreu gesê.

“Gedurende hierdie aksies kan jy lae- en hoë-intensiteit alarmseine hoor en ‘n herhaalde geklop teen die deur met eise om in die kajuit te kom,” het hy aan die staatnuusagentskap AIM gesê.

Die vliegtuig van die Mosambiekse Lugredery was op pad na Angola en op 29 November in swaar reën.

BA-vliegtuig bots in baksteengebou op OR Tambo

ortamboba‘n Vliegtuig van British Airways wat na Londen oppad was het van koers geraak en in ‘n baksteengebou by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vasgery.

Harriet Tolputt, hoof van media vir Oxfam, was op die vlug en het die foto hiernaas geneem.

Sy het die foto na Twitter gepos: “BA bots in die gebou by J Burg lughawe. Niemand beseer nie, slegs die vlieënier se trots. Nie beïndruk dat die eersteklaspassasiers kan afklim voor ekonomiese klas tydens ‘n noodgeval nie.”

British Airways het gesê ‘n ondersoek is aan die gang is.

Die vlug is gekanselleer en die passasiers is na plaaslike hotelle geneem totdat hulle op ‘n ander vlug geplaas kan word.

Fotos wys hoe een van die vliegtuig se vlerke deur ‘n baksteengebou langs die aanloopbaan geskeur het. Passasiers het op Twitter gesê dat niemand beseer is nie.

‘n Woordvoerder van OR Tambo, Unathi Batyashe-Fillis het die voorval bevestig en sê die Burgerlugvaartowerheid stel ondersoek in.

Vrese vir etniese stryd in Suid-Soedan neem toe

south-sudan-flag
Vlag van Suid-Soedan

Burgers van die VSA is Sondag veilig ontruim van Bor tot Juba in Suid-Soedan het die State Department gesê nadat vrese van ‘n etniese burgeroorlog verskerp het.

Die VN-sending in Suid-Soedan is tans besig om alle burgerlike personeel uit die hoofstad Juba na Oeganda te verskuif, te midde van die toenemende geweld tussen die land se weermag en rebellemagte.

‘n Helikopter van die VN is Vrydag in dieselfde streek afgeskiet.

Die sending sê die personeel in Bor, waar hewige gevegte aan die gang is, is reeds na Juba geneem.

Geweervuur het twee dae gelede drie Amerikaanse militêre vliegtuie getref wat besig was om Amerikaanse burgers te ontruim, en vier soldate is gewond.

Die geweld in die wêreld se jongste staat het reeds die lewens van honderde mense geëis en wêreldleiers het hul kommer oor die oorlog uitgespreek.

President Barack Obama het in ‘n brief aan die leiers in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat gesê hulle monitor die situasie.

Ongeveer 380 Amerikaanse amptenare en private burgers is uit die gevegte in Suid-Soedan ontruim, het die State Department gesê.

Hulle het ook sowat 300 burgers van ander lande na Nairobi en ander plekke buite Suid-Soedan op vier huurvlugte en vyf militêre vliegtuie gevlieg .

“Die Amerikaanse regering doen alles moontlik om die veiligheid en sekuriteit van die Verenigde State se burgers in Suid-Soedan te verseker,” lui die verklaring deur Jen Psaki, die State Department se woordvoerder.

Die VSA se militêre magte het bevestig dat vier van sy lede in die aanvalle gewond is.

Die Verenigde Nasies sê honderde mense is dood in die jongste konflik in Suid-Soedan.

Konsultant wat Vigs met swartes verbind ‘kry baie skaam’

sacco‘n Amerikaanse openbare betrekkinge konsultant vir ‘n mediamaatskappy se twiet oor swartes en Vigs het gelei tot verontwaardiging op sosiale mediawebwerwe Saterdag, asook haar afdanking.

Justine Sacco het getwiet dat sy nie vigs sal kry nie omdat sy wit is, het SABC-nuus berig.

Sacco het Vrydag getwiet: “Gaan na Afrika, hoop ek kry nie vigs nie, net ‘n grap, ek is wit”.

Sacco is die hoof van openbare betrekkinge vir die Amerikaanse internetmaatskappy, InterActiveCorp ( IAC ).

Omdat Sacco nie toegang tot die internet gehad het tydens die vlug nie, was sy nie bewus van die storm wat sy veroorsaak het nie. Die hashtag # HasJustineLandedYet was op ‘n stadium gewild op Twitter soos mense haar vlug van Londen se Heathrowlughawe na die Kaapstad Internasionale Lughawe ingewag het.

IAC, wat die eienaar van match.com is, het die twiet veroordeel en het hulself sedertdien gedistansieer van Sacco, die senior direkteur van korporatiewe kommunikasie.

Met haar aankoms in Suid-Afrika is Sacco se Twitterrekening skielik verwyder, maar een plaaslike Twittergebruiker by Kaapstad Internasionale Lughawe het daarin geslaag om haar aankoms af te neem en te pos na Twitter.

Sacco het agter ‘n sonbril probeer wegkruip met haar aankoms.

“Daar is geen verskoning vir die haatlike stellings wat gemaak is nie en ons veroordeel dit onomwonde,” het IAC in sy verklaring gesê.

Sacco het intussen om verskoning gevra oor haar “rassistiese” twiet wat sy uitgestuur het.

Sy is summier na die voorval afgedank, maar sy sê sy is baie skaam oor haar onsensitiewe optrede teenoor miljoene mense wat met VIGS saamleef.

Sacco wat in Brirttanje woon, is in Suid-Afrika gebore.

Premier vra optrede na 2 sterf by inisiasie

initiationDie premier van Noordwes, Thandi Modise, het gevra vir verskerpte optrede teen onwettige inisiasieskole na die dood van twee jong seuns.

Die twee jeugdiges van 16 en 17 jaar oud het by ‘n inisiasieskool op Makwaneng maagkrampe gekry en inmekaargesak.

Verskeie ander jong seuns is na die hospitaal op Schweitzer-Reneke geneem. Modise sê diegene wat onwettige inisiasieskole bedryf, behoort aangekla te word.

Sy het ‘n beroep op tradisionele leiers as bewakers van die tradisies gedoen om die inisiasieskole te monitor en enige mishandeling en onwettige optrede by die owerhede aan te meld. – RSG