Sowat 1400 plakkers is dakloos gelaat in die brand in die Valhallaparkplakkerskamp in Tygerberg in die Kaap.
‘n Woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes, het gesê 350 van die sowat 600 plakkershutte is in puin gelê.
Ses mense moes weens rookinaseming behandel word.
Solomons-Johannes sê die plaaslike gemeenskapsaal is ingerig om dakloses te huisves.
