‘n Vliegtuig van British Airways wat na Londen oppad was het van koers geraak en in ‘n baksteengebou by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vasgery.
Harriet Tolputt, hoof van media vir Oxfam, was op die vlug en het die foto hiernaas geneem.
Sy het die foto na Twitter gepos: “BA bots in die gebou by J Burg lughawe. Niemand beseer nie, slegs die vlieënier se trots. Nie beïndruk dat die eersteklaspassasiers kan afklim voor ekonomiese klas tydens ‘n noodgeval nie.”
British Airways het gesê ‘n ondersoek is aan die gang is.
Die vlug is gekanselleer en die passasiers is na plaaslike hotelle geneem totdat hulle op ‘n ander vlug geplaas kan word.
Fotos wys hoe een van die vliegtuig se vlerke deur ‘n baksteengebou langs die aanloopbaan geskeur het. Passasiers het op Twitter gesê dat niemand beseer is nie.
‘n Woordvoerder van OR Tambo, Unathi Batyashe-Fillis het die voorval bevestig en sê die Burgerlugvaartowerheid stel ondersoek in.
