Egpaar oorweeg regstappe na rassistiese Mandela-boodskap

mandelamessages
Geen teken van enige boodskap nie

‘n Egpaar van Durban se name is glo sonder hul medewete gebruik om rassistiese kommentaar op die ANC-webwerf aan te bring, het RSG berig.

Die bladsy op die internet onder boodskappe van medelye vir Mandela op die ANC-webwerf is egter leeg. Dit is nie bekend of daar voorheen enige boodskappe in 2013 verskyn het nie.

Die egpaar oorweeg tans glo regstappe om die skrywer van die boodskap te vervolg.

‘n Inskrywing is onder die Durbanse egpaar se naam gemaak wat die ANC as ‘n terroriste-organsisasie bestempel. Die k-woord is gebruik en beledigende aanmerkings is oor president Jacob Zuma gemaak.

Die telefoonnommers en adres van die paar is onder aan die boodskap gelaat.

Die party het sy webwerf ingerig vir mense om meelewingsboodskappe te skryf ná die dood van oudpresident Nelson Mandela vroeër vandeesmaand.