In die jongste omstredenheid rondom inisiasieskole het dit aan die lig gekom dat sewe jong mans in die Oos-Kaap geslaan en met ‘n warm ysterstaaf gebrand is.
Hulle is gered en na die St Patrick’s hospitaal in Bizana geneem.
Minstens 29 jong mans is reeds tydens dié somer by inisasieskole in die Oos-Kaap dood.
Die voorsitter van die Oos-Kaapse huis van tradisionele leiers, Ngangomhlaba Matanzima het ‘n beroep op die regering gedoen om die polisie en weermag tydens die inisiasietyd te onplooi, veral in die Pondoland-gebied. – RSG

