
Die voorgestelde Wildekus-tolpad in die Pondoland-streek in die Oos-Kaap kan weens voorvadergrafte op die beplande roete die wind van voor kry.
Tradisionele leiers by Amadiba in Bizana sê hulle het nog nie ‘n omvattende ooreenkoms met die Nasionale Padagentskap Sanral bereik oor die moontlike opgrawing van die grafte nie.
Groot dele van die kusgebied van die Pondolandstreek word vir bestaandboerdery gebruik en elke familie het sy eie begraafplaas.
Een van die leiers, hoofman Lunga Baleni sê Sanral het nog nie ‘n skriftelike ooreenkoms met die gemeenskap voorgelê oor vergoeding en opgrawing nie. – RSG
