Voorvadergrafte vertraag Wildekus-tolpad

Die Wildekus
Die Wildekus

Die voorgestelde Wildekus-tolpad in die Pondoland-streek in die Oos-Kaap kan weens voorvadergrafte op die beplande roete die wind van voor kry.

Tradisionele leiers by Amadiba in Bizana sê hulle het nog nie ‘n omvattende ooreenkoms met die Nasionale Padagentskap Sanral bereik oor die moontlike opgrawing van die grafte nie.

Groot dele van die kusgebied van die Pondolandstreek word vir bestaandboerdery gebruik en elke familie het sy eie begraafplaas.

Een van die leiers, hoofman Lunga Baleni sê Sanral het nog nie ‘n skriftelike ooreenkoms met die gemeenskap voorgelê oor vergoeding en opgrawing nie. – RSG

3 thoughts on “Voorvadergrafte vertraag Wildekus-tolpad”

  1. So van die os op die jas – hoe het dit gebeur dat
    die “grondlose” swartes nou skielik grond van hulle eie het waarop hulle baas is
    oor grond bo die ANC regering – en ons Afrikanervolk wat werklik die land
    ontwikkel het het geen grond om vir ons nageslag te wys nie – ek hoor graag
    enigiemand se verduideliking hieroor!

Maak 'n opvolg-bydrae