Uiters gevaarlike vrag gif vermis

poisonDie Gautengse polisie het bekendgemaak dat ‘n vragmotor, wat uiters gevaarlike materiaal vervoer, Vrydag by Halfweghuis in Midrand gekaap is.

Die vragmotor het kalium-sianied vervoer. Die chemikalieë word onder meer in goudmyne gebruik en was na die Suid-Afrikaanse Munt onderweg.

Volgens die polisie het die opsporingsmaatskappy by Marlboro in Johannesburg kontak met die voertuig verloor.

Die polisie sê op die vragmotor is in blou en grys geskryf ” Krome Metal Chemicals”. Die registrasienommer is BX 62 XP GP. Kalium-sianied het ‘n wit kleur en het ‘n amandelreuk. Die stof is uiters giftig.

Enigeen wat die vragmotor gewaar is gevra om die polisie onverwyld te kontak. – RSG

One thought on “Uiters gevaarlike vrag gif vermis”

Maak 'n opvolg-bydrae